Huisfondsdans 2011 PDF Print E-mail

Op 6 Mei 2011 het ‘n hele paar couch potatoes hulle rustige aandjie, ten spyte van die series-en-movies-in-die-bed-weer, verruil om self in een van die karakters op die kassie omtower te word. Ja, jy het reg gelees – kreatiewe DSTV outfit (SUGAR!) + date met gees (SPICE!) + mede-Minervianers (AND EVERYTHING NICE!) en BOOM! Couch potatoes word sommer dancefloor tomatoes, letterlik as jy so na een van die Minervianers en haar metgesel gekyk het! “There's no reason to become alarmed, and we hope you'll enjoy the rest of your flight. By the way, is there anyone on board who knows how to fly a plane?” (Airplane)


Die aand het op Minerva se voorgras afgeskop met helder pienk en blou squishy bottles – ‘n ware aanwins vir enige Matie. Ek weet nou nog nie wat ons gedrink het nie, maar een van die komiteelede het verraai dat dit uit vrugtesap en een of ander wyn bestaan het. Elkeen het ‘n kospakkie ontvang en later was daar brownies om aan te smul. "Fasten your seatbelts. It's going to be a bumpy night." (All about Eve)

Die dansvloer was heel aand gelaai met elke karakter denkbaar. Party mense het teruggegaan in tyd met “The Flintstones”. Ander het die moderne mens se geite en giere beliggaam met “Dr 91210” se chirurgiese padkaarte op hulle gesigte. Natuurlik moes Grey’s Anatomy se dokters ook hulle verskyning maak, want wat is ‘n party sonder ‘n Dr McDreamy? Daar was genoeg superhelde om jou veilig te laat voel – vanaf Batman en Catwoman tot die Powerpuff girls. Verskeie wetenskaplikes, onder andere van Mythbusters, het ook uit hulle laboratoriums gekruip om sosiaal te verkeer. Verder is ons op reis geneem deur matrose en vlieëniers na die Karibiese Eilande waar die Pirates ons ingewag het. Sommer dieselfde aand nog het ons na Duitsland vertrek waar ons die oulikste Gretchen met haar goudblonde vlegseltjies ontmoet het. “Smile, it enhances your face value.” (Steel Magnolias)


Natuurlik was die fotohoekie ‘n wenner soos altyd. Die agtergrond was plakkate van bekende flieks en die DSTV-logo. Daar was rekwisiete om van te kus en te keur – ‘n TV-skerm, ‘n afstandbeheer, ‘n swaard en allerhande dinge om mee in die foto’s te pronk.
“I don't know what to say, so I'll just say what's in my heart... Baboom, Baboom, Baboom.” (Mel Brooks)

Minerva se kenmerkende “Simply the best” is ook laat hoor waartydens almal uit volle bors saamgesing het. Daarna het ons die huislied gesing. Ek dink almal sal saamstem as ek sê dat Gerda en haar span hul uitstekend van hul taak gekwyt het en die ideale resep vir Minerva se fantastiese Huisfondsdans 2011 ontdek het. (Natuurlik met die secret ingredients van SUGAR! SPICE! AND EVERYTHING NICE!) Elkeen het voorwaar ‘n kans gehad om uit haar kassie te klim.

 

Minerva Polls

Dis amper weer sêr seisoen! Gaan jy oorslaap in die Neelsie? En wat is jou must pack?
 

Weer

Wed
Clear
38°C | 20°C
Thu
Clear
38°C | 20°C
Fri
Clear
35°C | 17°C

Kontak

HK: hkminerv@sun.ac.za
Huismoeder:   minerva2@sun.ac.za
Web Admin: 15614816@sun.ac.za