Die Minerva Hulpfonds PDF Print E-mail

Die Minerva Hulpfonds

Minerva het sedert 1958 talle prominente Suid-Afrikaners opgelewer en is tans die grootste dameskoshuis op kampus. ’n Gemiddeld van 80 eerstejaars word jaarliks ontvang, en ons huisves ’n totaal van 267 meisies. Deur die jare het Minerva deurlopend gegroei en verander, maar die vyf waardes het steeds die dryfkrag gebly – respek, warmte, pro-aktiwiteit, kritiese denke en balans.   

Die Minerva Hulpfonds sal beurse en finansiële ondersteuning bied vir behoeftige Minervianers, asook befondsing vir toekomstige kapitaalprojekte. Die verskil wat u deur die Minerva Hulpfonds in die lewe van hierdie meisies kan maak, is groot. Daarom wil ons u graag aanmoedig om gesamentlik die fonds te ondersteun. Indien elkeen van ons slegs 'n klein bydra lewer, kan dit uiteindelik 'n groot verskil maak!

Die Minerva Hulpfonds sal 'n eenvoudige struktuur aanneem. Skenkers sal op die volgende maniere kan bydra:

 

1. Skenking deur middel van Direkte Elektroniese Inbetaling

Bankbesonderhede:

Verwysing:                       HK 294
Rekening Naam:             Universiteit Stellenbosch
Bank:                           Standard Bank
Tak:                             Stellenbosch
Takkode:                      050610 

Stuur asseblief in hierdie geval 'n bewys van betaling aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it en meld vir watter afdeling van die Minerva Hulpfonds u graag wil skenk:

  • Minerva Beursfonds - hiermee sal ons hulp bied aan behoeftige Minevianers wat sukkel om studiegelde te betaal
  • Minerva Finansiele Hulpfonds - hierdie afdeling poog om behoeftige meisies te help met die betaling van hul eterekeninge, huisdanskaartjies of boekegelde.
  • Minerva Kapitale projekte - Groter projekte sal hiermee aangepak word, soos die opgradering van Minerva se interieur, en ook ander groter projekte

2. Deur middel van  givengain

Givengain is 'n eksterne maatskappy wat skenkings fasiliteer. Hulle stelsel is veilig, vinnig en baie effektief. Volg hierdie eenvoudige skakel om u direk na 'n betalingswebblad te neem: http://minervahulpfonds.givengain.org


3. Skenkingsvorms

Skenkingsvorms spesiaal vir die Minerva Hulpfonds sal beskikbaar wees tydens reünies, en ook op aanvraag by die huiskomitee ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ).


Alle skenkings sal kwalifiseer vir die Artikel 18A belastingaftrekking. Stuur asseblief u bewys van betaling na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it vir u Artikel 18A belastingvrystellingsertifikaat en meld of die skenking ’n eenmalige of maandelikse een is.

 Indien u enige navrae het, kontak gerus die huiskomitee by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Die Minerva Hulpfonds is 'n inisiatief van die Huiskomitee van 2011, en daar sal hierop voortgebou word in die toekoms. Raak betrokke, en help so om 'n verskil in behoeftige meisies, en ook die res van die koshuis, se lewens te maak...

 

Weer

Wed
Clear
38°C | 20°C
Thu
Clear
38°C | 20°C
Fri
Clear
35°C | 17°C

Kontak

HK: hkminerv@sun.ac.za
Huismoeder:   minerva2@sun.ac.za
Web Admin: 15614816@sun.ac.za