|
Baie welkom Eerstejaars van 2013!
Ons is almal baie opgewonde om julle in Minerva te verwelkom en kan nie wag vir die 23ste Januarie om elkeen van julle te ontmoet nie!
Jy kan solank die posbus dop hou vir jou verwelkomings pakkie, en as jy nog nie een ontvang het nie en meer as 2 weke gelede reeds koshuisplek ontvang het stuur gerus 'n e-pos aan Minerva se huismoeder, Tannie Mariëtha Lemmer, by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Bring hope gees en julle hoef regtig nie te bekommer nie! Constanse, HK van eerstejaars, het doodseker gemaak julle gaan die lekkerste en beste MAD2 hê saam met jou mede Minervianers en die manne van Helderberg.
Ek hoop julle is almal gereed vir die opwindendste jare van jou lewe! |
|
|
MAD2- "Making a decision to make a difference"
|
|
2011 is op sy rug en om aan te sluit by die “something old” tipe tema het ons besluit om ‘n paar eerstejaars te vra om terug te kyk op hul jaar as klingels en vir ons te vertel wat die lekkerste oomblikke was en wat hulle anders sou doen.
Thineke Fourie: “Ek sou sê die algemeenste antwoord sou jool wees, maar as ek suinig kan wees sou ek sê die lekkerste deel van die jaar was definitief die vriendinne waarmee ek gebless is. Hulle het my op hoërskool gesê dat ek in ‘n totale nuwe vriendekring gaan beland, maar hulle het nooit gesê dit gaan mense wees met wie ek tien teen een die res van my lewe in kontak sal bly nie. Anders doen? Ek sou meer interseksie skakelings of eerstejaars/senior skalelings wou gehad het. En dit sou lekker gewees het as die deli nie vroeër gesluit het as wat die kennisgewing aandui nie ;) “
Zané Groenewald: “Die lekkerste was definitief my awesome seksie en hoe Minervianers altyd saamstaan en lekker saam kuier. As ek iets moet sê wat ek anders sou doen… sou dit wees om meer tut klasse by te woon.”
Tina le Roux: “My gunsteling oomblik die jaar was toe die Ser by Huisdans gehoor het dat hulle deur is semi’s toe en ons almal so lekker saam gejive het.”;)
Nadia Gava: “ Die feit dat dit so groot koshuis is beteken dat daar so baie verskillende mense is en letterlik vir elke meisie 'n "groepie" is waar sy perfek inpas was vir my ‘n hoogtepunt. Ek sou definitief meer skakelings bywoon en beslis meer uitgaan!! ;) En die dorp meer explore, nie net heeltyd op kampus bly nie.”
Jean-Mari Twigge: “Minerva is ‘n koshuis vol tradisie. Om as eerste jaar deel te wees van so pragkoshuis vol tradisie is ‘n groot eer en voorreg. Verder om onder die leiding van ‘n HK soos 2011 te kon eerstejaar wees maak dit net soveel lekkerder, want hulle is almal oppit mense met harte van goud en hulle passie vir Minerva is merkwaardig! Tannie super M het ook ‘n groot rol wat sy speel in die vorming van die eerstejaars en ek wil vir haar sê sy beteken meer as wat sy dink! (Almal op kampus praat van ons super hero tannie M!!). Verseker een van die hoogte punte die jaar was om jool te wen, dit was awesome. Ek sou niks anders doen nie. Behalwe dalk meer homeovox pille eet sodat my stem nog harder kon skree by bondelsport.”
|
|
|
CV Plasings sal teen 17 Oktober bekend wees |
|
Voornemende studente moet 'n volledige CV persoonlik aan 'n huislid gee of, indien dit nie moontlik is nie, die CV na die koshuis pos. Vir meer inligting kontak gerus die Huiskomitee:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Minerva Dameskoshuis
Hofmeyerstraat
Stellenbosch 7600
 
 
 
Volg ons op Facebook om meer oor die koshuis uit te vind:
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/profile.php?id=100000415334539
|
|
|
|
|
|