Skip to main content

Emile de Roubaix

By September 15, 2016October 27th, 2016Uncategorized @af

emilederoubaix@gmail.com

Emile de Roubaix begin sy vioolonderrig op die ouderdom van 10 onder Madelein van Rooyen by die Hugo Lambrechts Musieksentrum. Hy verwerf later die grade BMus en BMus Honneurs (cum laude) in viooluitvoering aan die Universiteit Stellenbosch onder leiding van Louis van der Watt en Suzanne Martens onderskeidelik. In 2003 vorm hy deel van Trio Stellenbosch as violis, wat die Universiteit Stellenbosch by die 30ste Internasionale Week van die Universität für Darstellende Kunst und Musik in Graz, Oostenryk, verteenwoordig.

Gedurende 2005-2007 voltooi De Roubaix sy MMus in altviool (cum laude) onder Predrag Katanic aan die Royal Northern Musiekkollege in Manchester, Verenigde Koninkryk. Hy ontvang die kollege se Thomas Barrat-prys vir altviool, en was altviolis vir die groepe wat in 2006 en 2007 die Granada-prys vir gemengde kamermusiekensembles ontvang.

De Roubaix tree vervolgens as vryskutmusikant saam met verskeie professionele orkeste op, onder meer Hallé, Birmingham-stad Simfonieorkes, Royal Liverpool Filharmoniese Orkes, The English Concert, Age of Enlightenment-orkes, en Glyndebourne Touring Opera. Hierbenewens het hy in Noorweë saam met die Bodø Sinfonietta, die Tromsø Kamerorkes en die Stavanger Simfonieorkes gewerk, en deur die noorde van Noorweë saam met die Arktiese Filharmoniese Orkes getoer.

De Roubaix was van 2012-2015 deel van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees se altvioolfakulteit. Hy gee deeltyds musiekonderrig en tree in en rondom Kaapstad, waar hy tans woonagtig is, as professionele vryskutmusikant op.

Close Menu