Skip to main content

Op die 11de Mei het die Stellenbosch Universiteit se Jazz Band ‘n Erfenis-feeskonsert aangebied, wat opgedra is aan twee feeswaardige Suid-Afrikaanse ikone  – Nelson Mandela en Hugh Masekela – as deel van hierdie inrigting se eeufeesvierings. Die Fiësta-bekroonde SU Jazz Band, ‘n ensemble van die Musiekdepartement se Sertifikaatprogram, het die kern daarvan gevorm, onder die leiding van Felicia Lesch en met vokale soliste Sima Mashazi, Babalwa Mentjies en Mynhardt Kruger.

Die aand was verder toegespits op die bekendstelling van die nuwe sosiaalgerigte inisiatief van die departement, onder die koepelnaam Roots@SU. Roots@SU omvat ‘n aantal programme en projekte waarby die Departement betrokke is, soos die Sertifikaatprogramme, Plattelandse Betrokkenheidsprogramme, Diensleerprogramme, die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees (SICMF), die Endler Konsertreeks, en talle ander buitenshuise gemeenskapsprogramme. Die gaste by die geleenthied was die departement se gemeenskapsvennote uit areas soos Mitchell’s Plain, Athlone, Kuilsriver, Khayelitsha, Ceres, Mamre en Cloetesville. Een van die aand se hoogtepute was die deelname van leerlinge uit hierdie gemeenskappe saam met die SU Jazz Band opgetree het met ‘n uitvoering van Abdullah Ibrahim se Nelson Mandela. Die optrede van die leerlinge wat selfs soliste ingesluit het, het groot byval by die gehoor ontlok.

Hierdie konsert was ook die bekendstelling van ‘n nuwe vennootskap tussen die Universiteit Musiek Departement en die e’Bosch Erfenisprojek. Verteenwoordigers van e’Bosch uit die gemeenskappe van Cloetesville, Idasvallei, Jamestown, Khayamandi, Klapmuts, Pniël, Kylemore, Raithby, Vlottenburg en Stellenbosch-Sentraal, asook musiekonderwysers en skoolhhofde uit die areas het ook die geleentheid bygewoon.

Etlike items tydens die konsert was skeppinge van Masekela, soos Grazin in the grass and Thuma Mina (Stuur my) en indrukwekkende struggle-liedjies soos Mayibuye. Teen die einde van die program het die gehoor spontaan saamgedans op maat van die bekende struggle-lied, Meadowlands, as ‘n hulde aan Masekela en Nelson Mandela en almal wat deel wil hê aan die bou van ‘n gemeenskap van ons drome.

Leave a Reply

Close Menu