Skip to main content

Inge Wessels

By September 15, 2016October 27th, 2016Uncategorized @af

ingepwh@gmail.com

Inge Wessels begin met harp onder Cathleen Alistair en sit haar studies voort by die Johannesburg-skool vir Kuns, Ballet, Drama en Musiek onder Hester Krausey. Sy verwerf haar BMus (cum laude) en BMus Honneurs aan die Universiteit Stellenbosch onder Jane Theron, waar sy ook die Konservatorium Stipendium ontvang. Wessels sit haar studies voort in Parys, Frankryk, onder Marielle Nordmann en Joanna Kozielska.

Wessels is sedert 2010 dosent in harp aan die Universiteit Stellenbosch, en tree ook op in kamermusiekensembles en verskeie orkeste, insluitend die US Simfonieorkes en die Kaapse Filharmoniese Orkes. Sy neem deel aan internasionale harpfeeste in Wallis (Wêreld-harpfees in Cardiff) en Japan (as deel van die 40+ Harpensemble-fees in Hakone en Tokio onder wyle dr. Mimura). Hierbenewens het sy meesterklasse in harp ontvang van Isabelle Perrin (Frankryk), Mario Falcao (VSA), Sebastian Lipmann (Australië), David Watkins (VK) en Marielle Nordmann (aan die Academie Internationale d’Ete de Nice, Frankryk).

Close Menu