Skip to main content

Minette du Toit-Pearce

By September 15, 2016August 25th, 2022Uncategorized @af

pearce@sun.ac.za

Minette begin in 1993 met sanglesse onder leiding van Magdalena Oosthuizen. Sy verwerf die grade BMus, BMus (Hons) en MMus (cum laude) met spesialisering in sang. Sy behaal die UNISA Onderwys- en Voordraerslisensiate (albei cum laude) en ontvang die DJ Roode Oorsese Beurs, die Gertrude Buchanan en SAMRO-pryse tydens die UNISA-beurskompetisies. Sy was die algehele wenner van die ATKV Musiq-kompetisie sowel as wenner van die sangkategorie en die Mozart-prys. Sy is benoem as die naaswenner in die SAMRO Internasionale Beurskompetisie en het ook die prys vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk tydens die kompetisie ontvang.

In 2009 was sy ’n finalis in die Kohn Foundation Wigmore Hall Internasionale Sangkompetisie in Londen. Sy het verskeie somerskole bygewoon, onder andere Ticino Musica in Lugano en AIMS in Graz, waar sy sanglesse ontvang van Barbara Bonney, Michelle Crider en Michelle Breedt. Sy tree gereeld as solis in oratoriums op en is ’n bedrewe sanger van lieder sowel plaaslik as in die buiteland.

Minette het by verskeie nasionale kunstefeeste in Suid-Afrika opgetree, ingesluit die KKNK, Klein Karoo Klassique, AARDKLOP, US Woordfees, Cultivaria, Suidooster Fees en Greyton Genadendal Classics for All, en is genomineer vir drie KykNET Fiësta-toekennings vir haar bydrae tot klassieke musiek by ’n kunstefees. In 2015 reis sy na Frankryk waar sy ’n aantal optredes het saam met Ilse Schumann, die Suid-Afrikaans gebore pianis wat in Wene, Oostenryk, woon.

Minette beoordeel gereeld by kunswedstryde en reis op gereelde grondslag na Namibië en Zimbabwe vir optredes en om meesterklasse aan te bied.

Sy is ’n senior lektor in sang en hoof van die sangdepartement aan die Universiteit van Stellenbosch se Musiekdepartement.

Close Menu