Skip to main content

Nerina von Mayer

By May 11, 2020Uncategorized @af

Nerina von Mayer is gebore in Johannesburg. Sy het fluitstudies in Kaapstad, Wenen en Londen voltooi, en beskik oor BMus-en MMus-grade in fluitspel. Sy was die wenner van die Jules Kramer-toekenning, en was vir 16 jaar alternatiewe hooffluitis in die Kaapstadse  Simfonieorkes en die Kaapstadse Filharmonie. Sy het ook as solis saam met hierdie en ander orkeste opgetree, asook vir die Kaapstadse Konsertklub. As wydbekende solis en kamermusikus het sy heelwat SAUK-opnames gemaak. Na haar uittrede as hoof van die Kaapstadse  Musiekkollege is sy nou aktief as eksterne eksaminator vir houtblasers by die Kollege, en vir die Universiteit van Stellenbosch. Sy is ‘n gereelde kompetisie-beoordelaar en hou steeds vol met vryskut doseerwerk en konsertoptredes. Sy is lid van die Hongaarse Trio, een van die bekendste ensembles in Kaapstad.

Close Menu