Pieter Grobler 

By September 15, 2016Uncategorized @af

pjcgrobler@sun.ac.za

Pieter Grobler is ’n senior lektor in klavier aan die Universiteit Stellenbosch.  Hy dien tans ook as die hoof van die Praktiese Afdeling van die Departement Musiek.

Grobler voltooi sy nagraadse studies by Joseph Banowetz aan die University of North Texas in die VSA, waar hy die MM en DMA grade verwerf.  Voorgraadse studies was onder Joseph Stanford aan die Universiteit van Pretoria waar hy die BMus en BMusHons grade in uitvoerende kuns, asook die UNISA Onderwysers Lisensiaat in Klavier cum laude behaal.

Sy opleiding is verder verryk met studies onder die Poolse pianis, Adam Wodnicki, asook meestersklasse van ’n lang lys kunstenaars, onder wie die mees voordelige lesse van Andrzej Jasinski, Pascal Rogé, Leonard Hokanson, en Niel Immelman was.  Benewens sy aktiwiteite as solis het sy belangstelling in Kunslied tot werk by Dr. Elvia Puccinelli en Harold Heiberg aan die University of North Texas gelei.

Sedert sy terugkeer na Suid-Afrika in 2010 het hy homself as pegagoog gevestig en ’n aktiewe konsert profiel gehandhaaf, wat ook gereelde oorsese optredes ingesluit het.  Sy belangstelling sluit solo asook kamermusiek werk in.  Hoogtepunte was ’n solo optrede en regstreekste radio-FM uitsending in die Dame Myra Hess Memorial Concert Series in Chicago, VSA, en ’n onlangse nasionale Suid-Afrikaanse toer saam met die Amerikaanse Tjellis, Ben Capps.  Uitsendings van sy spel word gereeld oor Classic-FM radio gehoor.

Pieter Grobler tree gereeld as beoordelaar en eksaminator dwars oor Suid-Afrika op.