Oefentye:

Maandae-Donderdae 19:00-21:00 in die D.F. Malan Gedenksentrum, Coetzenburg, Stellenbosch.

Ledegeld:

Vir 2012: R500 vir studente en nie-studente.
Ledegeld sluit in vervoerkoste na weg-wedstryde, verversings na liga wedstryde, gebruik van pluime en pluimbalbane (kragopwekker tydens kragonderbrekings) vir die volle jaar.
Lidmaatskapvorm hier.

Wat maak pluimbal (Engels: badminton) so lekker?

Kom na 'n oefening en vind self uit!
Of lees meer oor die sport by Badminton South Africa, www.worldbadminton.com en Badminton World Federation.
Reëls van die spel kan hier gevind word en nuttige oefening idees by The Badminton Bible.
  • Ongeag van die weersomstandighede, pluimbal word gespeel!
  • Jy reën nie nat nie en die son brand jou nie seer nie!
  • Dis goeie oefening en jy ontmoet vriendelike mense!
  • Beginners baie welkom! Oud en jonk!

Wat het jy nodig?

  • pluimbalraket
  • skoene wat nie merke op die bane sal los nie
  • enige sportklere (maar US pluimbaldrag tydens liga wedstryde)

Kontakbesonderhede:

Sportbestuurder: André du Toit akdto@sun.ac.za 021 808 4691
Voorsitter: Dirk Kotzé voorsitter.uspluimbal@gmail.com

BSA Program vir 2012
BSA Events Programme for 2012.
(Version 4: 05/02/2012)
Boland Wedstryd Reëls
2012 Wedstryd Datums