Inhoud inhoud 2

"App" hervorm pasiënt-rekordhouding

Dr Robin Dyers

Dr Robin Dyers, ‘n kliniese assistent in Publieke Gesondheid by die Universiteit Stellenbosch, was die koӧrdineerder van ‘n multi-dissiplinêre span wat ‘n sagteware-program, die Elektroniese Kontinuïteit van Sorg rekord (eCCR), ontwerp het.

Hierdie nuwe program is ontwerp om rompslomp te voorkom en pasiënt-rekordhouding te vergemaklik, en het die kategorie vir Collaboratively Reimagining Healthcare by die Inclusive Healthcare Innovation, ‘n inisiatief van die Bertha-sentrum vir Sosiale Innovasie by die Universiteit van Kaapstad se Graduate School of Business.

Die eCCR is ontwikkel deur die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en is ‘n baanbreker, verbruikers vriendelike sagteware program wat voorsiening maak vir ‘n abstrak van ‘n pasiënt se verblyf in hospitaal, en gee ‘n beskrywing van hoe ‘n pasiënt die gewensde gesondheidsuitkoms sal bereik.

Unieke besigheidsmodel bied bekostigbare in vitro-behandeling

Dr Thabo Matsaseng

Deur middel van ‘n nuwe besigheidsmodel bied dr Thabo Matsaseng, ‘n fertiliteitspesialis by die Departement Verloskunde en Ginekologie by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), in vitro-behandeling (IVB) teen ongeveer ‘n kwart van die prys as privaat klinieke aan.

IVB word nie deur mediese fondse gedek nie en was tot onlangs toe slegs beskore vir diegene wat die privaattarief kon bekostig. Maar ‘n eenvoudige model stel die Fertiliteitseenheid by die Tygerberghospitaal in staat om IVB teen tussen R6 000 en R7 000 per siklus aan te bied, teenoor die R25 000 tot R35 000 wat oor die algemeen in die privaatsektor gevra word. Slegs twee ander akademiese hospitale in die land bied gedeeltelik-gesubsideerde IVB, alhoewel hulle pryse amper vergelyk met dié van privaat klinieke.

 

Unieke besigheidsmodel bied bekostigbare
in vitro-behandeling

Dr Thabo Matsaseng

Deur middel van ‘n nuwe besigheidsmodel bied dr Thabo Matsaseng, ‘n fertiliteitspesialis by die Departement Verloskunde en Ginekologie by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), in vitro-behandeling (IVB) teen ongeveer ‘n kwart van die prys as privaat klinieke aan.

IVB word nie deur mediese fondse gedek nie en was tot onlangs toe slegs beskore vir diegene wat die privaattarief kon bekostig. Maar ‘n eenvoudige model stel die Fertiliteitseenheid by die Tygerberghospitaal in staat om IVB teen tussen R6 000 en R7 000 per siklus aan te bied, teenoor die R25 000 tot R35 000 wat oor die algemeen in die privaatsektor gevra word. Slegs twee ander akademiese hospitale in die land bied gedeeltelik-gesubsideerde IVB, alhoewel hulle pryse amper vergelyk met dié van privaat klinieke.

“Dit blyk ‘n paradoks dat mens in ‘n ontwikkelende land, waar daar soveel kinders sonder ouers is, goedkoop IVB wil aanbied,” sê Matsaseng, wat onlangs as hoof van die Reproduktiewe Gesondheid Eenheid aangestel is nadat prof Thinus Kruger aan die einde van 2013 afgetree het. Volgens hom is die voorkoms van onvrugbaarheid in ontwikkelende lande amper dubbel (30%) dit van welvarende lande (15%). Die hoë voorkoms is meestal as gevolg van buisskade wat deur onbehandelde seksuele oordraagbare siektes en swak-behandelde septiese miskrame veroorsaak is”, sê hy.

“Die impak van onvrugbaarheid onder hierdie groep vroue kan katastrofies wees – meeste van hulle word of geïsoleer of vervreem van hulle gemeenskappe en verduur baie emosionele, fisiese en seksuele mishandeling,” sê Matsaseng. In sommige kulture is dit ‘n groot probleem as ‘n paartjie nie kan swanger raak nie, en die man sal sy manlikheid probeer bewys deur ontrouheid, wat albei van hulle blootstel aan moontlike seksueel oordraagbare infeksies, insluitend MIV.

“Dit is baie belangrik om een of ander sisteem in plek te hê wat nie te duur is nie sodat mense dit nie kan haal nie, en om die stigma rondom onvrugbaarheid te verminder en sodoende ook MIV-infeksies te verlaag,” sê Matsaseng.

In 2008 het hy sy privaat verloskunde en ginekologie-praktyk in KwaZulu-Natal verlaat om by die FGGW in fertiliteit te subspesialiseer. “In my praktyk het ek baie vroue gesien wat gesukkel het om swanger te raak, ek het gesien watter stryd dit is en hoe desperaat hulle is, en dit het my frustreer dat ek niks kon doen behalwe om hulle na iemand anders te verwys nie en te hoop dat hulle gehelp word,” gee Matsaseng te kenne. Hy het geweet baie van hulle sou nie IVB kon bekostig nie en daarom het hy Stellenbosch toe gekom om ‘n manier te vind om hierdie vroue te help.

Hy het begin deur krities na die IVB proses te kyk om te sien waar hy geld kon bespaar. Daar is eerste aan die menslike hulpbronne gesny en die personeel het ekstra verantwoordelikhede aanvaar om geld te spaar wat aan salarisse bestee sou word. In plaas daarvan om ‘n IVB-koördineerder aan te stel om afsprake te bespreek en te bevestig, kommunikeer hulle met pasiënte deur middel van SMS, wat sodoende ook administratiewe kostes sny. En deur middel van ‘n publieke-private inisiatief met die Aevitas-kliniek Pinelands bespaar hulle ook kostes op sekere gebruiks-items en laboratoriumdienste.

Hy het ook ‘n paar veranderings aan die behandelingsproses gemaak. Oor die algemeen sal ‘n pasiënt ‘n groot hoeveelheid hormoonbehandeling (medikasie) ontvang om soveel eiers as moontlik te produseer. Maar in dié model word daar minder hormoonterapie gebruik om minder, maar steeds genoeg, eiers te produseer. Wanneer die eiers ge-oes word, gebruik hy plaaslike verdowing en bewuste sedasie, in plaas daarvan om die pasiënt onder narkose te plaas wat ‘n narkotiseur en teatertyd benodig.

Teen ‘n kwart van die prys van privaat-IVB is hulle sukses-koers aanvaarbaar – hulle bereik tussen 25% en 30% sukses teenoor die 35% tot 40% wat in privaatpraktyk bereik word.

Die goedkoop IVB-program by Tygerberghospitaal is nou al vir meer as vier jaar aan die gang en hulle behandel tussen 100 en 120 pasiënte per jaar.

Maar selfs teen so ‘n lae prys is dit steeds nie bekostigbaar vir almal nie, sê Matsaseng wat nog altyd opsoek is na maniere om kostes te bespaar om sodoende ‘n werkbare IVB-besigheidsmodel te ontwikkel wat na die wyer publiek uitgebrei kan word.

Deur: Wilma Stassen

 

"App" hervorm pasiënt-rekordhouding

Dr Robin Dyers

Dr Robin Dyers, ‘n kliniese assistent in Publiekegesondheid by die Universiteit Stellenbosch, was die koӧrdineerder van ‘n multi-dissiplinêre span wat ‘n sagteware-program, die Elektroniese Kontinuïteit van Sorg rekord (eCCR), ontwerp het.

Hierdie nuwe program is ontwerp om rompslomp te voorkom en pasiënt-rekordhouding te vergemaklik, en het die kategorie vir Collaboratively Reimagining Healthcare by die Inclusive Healthcare Innovation, ‘n initiatief van die Bertha-sentrum vir Sosiale Innovasie by die Universiteit van Kaapstad se Graduate School of Business.

Die eCCR is ontwikkel deur die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en is ‘n baanbreker, verbruikers vriendelike sagteware program wat voorsiening maak vir ‘n abstrak van ‘n pasiënt se verblyf in 'n hospitaal, en gee ‘n beskrywing van hoe ‘n pasiënt die gewensde gesondheidsuitkoms sal bereik.

"Die eCCR voeg nie net waarde toe vir pasiënte deur hul kanse te verbeter om die gewensde gesondheidsuitkoms te bereik nie, maar dra ook by tot die kritiese ondersteuningsdienste binne die Departement van Gesondheid. Dit verskaf inligting wat die allokasie van hulpbronne vergemaklik sonder om meer verantwoordelikheid op gesondheidspersoneel te plaas,” sê Dyers, wat ook deel is van die Gesondheidsimpak-waardasie Eenheid by die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid.

Mediese rekords is ‘n integrale deel van goeie, professionele praktyk en een van die mees belangrikste dokumente is die Kontinuïteit van Sorg-rekord, wat boek hou van ‘n pasiënt se vordering deur die sisteem en sorg vir maklike oordrag na ander gesondheidsverskaffers.

Maar swak rekordhouding is algemeen in Suid-Afrika, en is ‘n groot frustrasie vir diegene in publieke gesondheidsorg. Nog ‘n algemene hoofpyn vir gesondheidswerkers is geen of verkeerde Internasionale Klassifikasie van Siekte (ICD) kodes wat benodig word wanneer ‘n pasiënt ontslaan word van publieke hospitale in die Wes-Kaap.

‘n Groot voordeel van die eCCR-databasis vir dokters is dat dit gebruik kan word om die gehalte van sorg te oudit en ‘n gesondheidsprofiel op te trek. Die program is ook baie intuïtief en enigeen wat dit gaan gebruik het slegs 20 minute se oriëntasie nodig.

Die eCCR word huidiglik getoets by die Groote Schuur-hospitaal en voorlopige resultate lyk belowend met primêre ontslaan ICD-kode dekking wat van 10% tot 100% gestyg het met ‘n steekproef van 40 rekords.

Aangesien die eCCR-sagteware generies en aanpasbaar is kan dit maklik by ander gesondheidsorg fasiliteite met rekenaars en drukker geïmplementeer word.
 


Geredigeerde weergawe van ‘n artikel deur Gus Silber,  Health Innovator's Review, Inclusive Healthcare Innovation, Bertha Centre for Social Innovation, UCT Graduate School of Business

 

Inhoud inhoud 3

Innoverende IT-stelsel spreek uitdagings aan

By die bekendstelling was, van links, mnr Helmi Dreijer, Sr Direkteur IT (US), Prof Marietjie de Villiers, Visedekaan: Onderrig, mnr Eben Mouton, Direkteur: Besigheidsbestuur en mnr David Wiles, Bestuurder: Gerga

Studente inname by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het die afgelope vyf jaar aansienlik toegeneem, en met 70 persent van eksamens wat elektronies afgelê word is die fakulteit se rekenaar-gebruikersarea, GERGA, onder baie druk geplaas.

Tot nou toe moes groot groepe studente in kleiner groepe opgedeel word om eksamens af te lê op die 148 rekenaars wat beskikbaar is by GERGA. Gevolglik was die fasiliteit somtyds vir die hele dag lank gesluit vir ander student wat die area gebruik vir algemene werk.

“Ons het dit oorweeg om GERGA se kapasiteit uit te brei deur nog rekenaars aan te koop, maar dit sou nie baie lonend gewees het nie aangesien baie van die rekenaars ongebruik sou staan vir meer as 60 persent van die tyd. Die addisionele infrastruktuur, soos meubels, krag, netwerke en lugversorging wat benodig sou word vir die ekstra rekenaars sou die koste van die fisiese rekenaar verviervoudig,” sê GERGA-bestuurder, David Wiles.

In 2012 het GERGA personeel begin soek na kreatiewe oplossings vir hul tekort aan kapasiteit, en het ‘n nuwe tegnologie, waardeur studente eksamens op hul eie draagbare toestelle kon aflê, geïdentifiseer. Daar is gevind dat meer as die helfte van student op die Tygerberg-kampus hulle eie toestelle, soos skootrekenaars en tablette, het.

‘Hackers’ vind oplossings vir gesondheidskwessies

Deelnemers bespreek probleme en uitkomste van hul voorleggings by Suid-Afrika se eerste 'Hackathon' wat deur die Universteit van Kaapstad se Besigheidskool aangebied is

Dr Robin Dyers, ‘n kliniese assistent by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe by die Universiteit Stellenbosch, en sy span “hackers” het tweede plek behaal by Suid-Afrika se eerste “Health Hackathon” wat by die Bertha-sentrum by die Universiteit Kaapstad se Besigheidskool gehou is.

Die span, wat bestaan het uit ‘n program-ontwikkelaar, ‘n tegnoloog, ‘n navorser en ‘n klinikus het die probleem van lang waglyste vir gekose chirurgie in die Wes-Kaap “gehack” deur ‘n web gebasseerde program te ontwikkel wat pasiënte prioritiseer. Hulle het ook die toekennings vir “Best Health Strengthening Innovation” en “Most Scalable Innovation” daarvoor ontvang.

In die verlede het “hacking” verwys na die oorbrugging van ‘n sekuriteitsnetwerk om toegang tot beskermde inligting te verkry, maar vandag word “hackathons” gehou om digitale oplossings tot alledaagse probleme te vind met behulp van rekenaartegnologie.

Elke span wat deelgeneem het aan die ‘hackathon’ het 25 ure gehad waarin hulle ‘n gesondheidsprobleem moes oplos en ‘n werkende prototipe moes ontwerp wat hulle aan beoordeelaars moes demonstreer.


 

 

Innoverende IT-stelsel spreek uitdagings aan

By die bekendstelling was, van links, mnr Helmi Dreijer, Sr Direkteur IT (US), Prof Marietjie de Villiers, Visedekaan: Onderrig, mnr Eben Mouton, Direkteur: Besigheidsbestuur en mnr David Wiles, Bestuurder: Gerga

Studente inname by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het die afgelope vyf jaar aansienlik toegeneem, en met 70 persent van eksamens wat elektronies afgelê word is die fakulteit se rekenaar-gebruikersarea, GERGA, onder baie druk geplaas.

Tot nou toe moes groot groepe studente in kleiner groepe opgedeel word om eksamens af te lê op die 148 rekenaars wat beskikbaar is by GERGA. Gevolgelik was die fasiliteit somtyds vir die hele dag lank gesluit vir ander student wat die area gebruik vir algemene werk.

“Ons het dit oorweeg om GERGA se kapasiteit uit te brei deur nog rekenaars aan te koop, maar dit sou nie baie lonend gewees het nie aangesien baie van die rekenaars ongebruik sou staan vir meer as 60 persent van die tyd. Die addisionele infrastruktuur, soos meubels, krag, netwerke en lugversorging wat benodig sou word vir die ekstra rekenaars sou die koste van die fisiese rekenaar verviervoudig,” sê GERGA-bestuurder, David Wiles.

In 2012 het GERGA personeel begin soek na kreatiewe oplossings vir hul tekort aan kapasiteit, en het ‘n nuwe tegnologie, waardeur studente eksamens op hul eie draagbare toestelle kon aflê, geïdentifiseer. Daar is gevind dat meer as die helfte van student op die Tygerberg-kampus hulle eie toestelle, soos skootrekenaars en tablette, het.

Kommer oor die sekuriteit en aanpasbaarheid van die stelsel, genaamd Bring Your Own Device, oftewel BYOD, is oorkom met die installasie van nuwe hardeware (Pivot3 vSTAC) en sagteware (Enterasays) wat  voorsiening maak vir Virtual Desktop Integration (VDI), waar die bedryfstelsel vir ‘n lessenaarrekenaar in ‘n virtuele masjien geberg word op ‘n sentrale bediener.

In Junie 2013 het werk begin om die vyfde-vloer eksamenlokaal in ‘n WiFi-area te omskep wat 300+ virtuele lessenaarrekenaars kan lewer aan Tygerberg-studente gedurende die eksamen, en terselfdetyd is verbeterings aangebring aan die GERGA-netwerk.

Die stelsel was vir die eerste keer op die proef gestel met die aankoms van die eerstejaar-studente vroeër vanjaar. Alle nuwe studente moes virtuele lessenaarrekenaars gebruik wat reeds op die GERGA rekenaars opgestel was, en die omgewing gebruik om te e-registreer, hul wagwoorde op te stel en oriënteringstake te voltooi.

"Die oefening was baie suksesvol en het baie gehelp vir die 'inleidingslopie' vir die GERGA-personeel." het Wiles gesê.

Die BYOD sisteem is amptelik geloods op 6 Maart, en het oorweldigende positiewe terugvoering van gebruikers ontvang.
Die BYOD-stelsel het die volgende funksionaliteite:
•    Verskaf 700 virtuele Windows rekenaars vir Windows, Apple, Android en Linux toestelle.
•    Toegang word eksklusief verleen aan studente wat eksamen skryf.
•    Daar is geen "copy-paste" funksie tussen die VDI rekenaar en studente se toestel nie.
•    Studente het nie toegang tot eksterne harde skywe en USB geheue-stokkies of drukkers nie
•    Dit bied 'n volledige eindpunt-sekuriteit by die kabellose eindpunte wat enige sagteware, wat gebruik kan word om die universiteit se netwerksekuriteit aan te val.

Volgens Wiles is daar alreeds planne om al die ou GERGA-rekenaars te vervang met "thin clients" (slegs teminale) wat VDI gebruik, en dit sal 'n aansienlike krag- en kostebesparings vir die Fakulteit beteken.

Die stelsel het ook die volgende funksionaliteite:

•   Personeel kan VDI op hul ou rekenaars gebruik wat sal toelaat dat die nuutste sagteware maklik gebruik kan word.
•   Gespesialiseerde lessenaarrekenaars vir unieke opleidings- en eksamenomgewings kan geskep word en aan individuele groepe gestuur word.
•   Die voorsiening van 'n ad hoc kabellose netwerk vir besoekers. Spesiale rekenaarlessenaars kan ook gebied word aan personeel wat onveranderd sal bly, selfs al verander hul van toestelle.
•   Die hoë spoed kabellose netwerk kan klasnotas en leermateriaal direk aan studente se toestelle stuur, wat 'n afname in die druk van notas kan beteken.

Deur: David Wiles

 

‘Hackers’ vind oplossings vir gesondheidskwessies

Deelnemers bespreek probleme en uitkomste van hul voorleggings by Suid-Afrika se eerste 'Hackathon' wat deur die Universteit van Kaapstad se Besigheidskool aangebied is

Dr Robin Dyers, ‘n kliniese assistent by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe by die Universiteit Stellenbosch, en sy span “hackers” het tweede plek behaal by Suid-Afrika se eerste “Health Hackathon” wat by die Bertha-sentrum by die Universiteit Kaapstad se Besigheidskool gehou is.

Die span, wat bestaan het uit ‘n program-ontwikkelaar, ‘n tegnoloog, ‘n navorser en ‘n klinikus, het die probleem van lang waglyste vir gekose chirurgie in die Wes-Kaap “gehack” deur ‘n web gebaseerde program te ontwikkel wat pasiënte prioritiseer. Hulle het ook die toekennings vir “Best Health Strengthening Innovation” en “Most Scalable Innovation” daarvoor ontvang.

In die verlede het “hacking” verwys na die oorbrugging van ‘n sekuriteitsnetwerk om toegang tot beskermde inligting te verkry, maar vandag word “hackathons” gehou om digitale oplossings tot alledaagse probleme te vind met behulp van rekenaartegnologie.

Elke span wat deelgeneem het aan die ‘hackathon’ het 25 ure gehad waarin hulle ‘n gesondheidsprobleem moes oplos en ‘n werkende prototipe moes ontwerp wat hulle aan beoordeelaars moes demonstreer.

Volgens Dyers was daar oplossing vir verskeie gesondheids- en gesondheidstelselprobleme, insluitend wagtye, pasiënt-tevredenheid en monitering van diabetes. Daar is ‘n prys aan elk van die spanne toegeken op grond van spesifieke aspekte van hul oplossings en aanbiedings, maar slegs drie spanne, waarvan Dyers sin een was, het deurgedring tot die finale rondte wat by die Inclusive Healthcare Innovation Summit in Kaapstad gehou is.

‘n Span, wat ‘n noodsentrum “tracker” ontwikkel het om noodsentrumpersoneel te help met noodsorgprioriteitsbepaling, het eerste plek behaal, met Dyers se span in die tweede plek, en die derde plek het gegaan aan ‘n span wat ‘n program ontwikkel het vir die evaluering van gesondheidspersoneel via selfoon en innoverende metodes waarop gekose chirurgie waglyste bestuur kan word.

“Die ‘hackathon’ was ‘n uitdagende en stimulerende voorbeeld van hoe, in ‘n relatiewe kort tydperk, met die toepassing van kundigheid en intense konsentrasie, oplossings tot gesondheidsprobleme ontwikkel kan word, wat onder normale omstandighede verskeie maande of selfs jare kon neem om te realiseer,” sê Dyers.

Deur Wilma Stassen
 

 

Inhoud inhoud 4

Nuwe bestuursimuleerder

Die USeBenzA Assesseringsentrum by die Afdeling Arbeidsterapie het onlangs hul nuwe bestuursimuleerder bekendgestel.

“Die Fakulteit se visie is om gesondheid te bevorder in Suid-Afrika en elders,” het prof Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe by die bekendstelling gesê. “Ons poog om die land se viervoudige siektelas [MIV en TB, moeder- en kind-sterftesyfer, nie-oordraagbare siektes, en beserings] aan te spreek, wat ook trauma as gevolg van padongelukke insluit.”

Die bestuursimuleerder word gebruik om die geskiktheid om te bestuur te assesseer van bestuurders in die leer- en rehabilitasie-fase sonder om hulle bloot te stel aan die gevare van die oop pad.

Die bestuursimuleerder is ook ‘n handige navorsingstoestel wat die impak van faktore soos ouderdom, trauma, neurologiese siektes, moegheid, ensovoorts, op ‘n persoon se bestuursvermoë bepaal. In mediese navorsing kan dit gebruik word om bestuursgedrag en die effek van medikasie op bestuursvermoë te bepaal.

Prof Lana van Niekerk, hoof van die Afdeling Arbeidsterapie, het ook die navorsingspotensiaal van die bestuursimuleerder, nie net binne die veld van arbeidsterapie nie, maar in verkeie mediese dissiplines, beklemtoon.

Video

 

Inhoud inhoud 5

Nuwe sentrum fokus op gesondheidstelsel-navorsing

Proff Usuf Chikte (Hoof: FGGW Departement Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe); Nico Gey van Pittius (FGGW Visedekaan: Navorsing); Lilian Dudley (CHSSR), Nulda Beyers (DTTC), Richard Lilford (Voorsitter, Openbare Gesondheid, Universiteit van Warwick) en Jimmy Volmink (FGGW Dekaan) het die opening bygewoon.

Die Sentrum vir Gesondheidstelsels en –dienste Navorsing en Ontwikkeling (CHSSRD) is in Maart vanjaar by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) gestig.
Die doel van hierdie sentrum is om gedeelde dienste en ‘n akademiese platform te verskaf vir gesondheidstelsels en –dienste navorsing en ontwikkeling binne die FGGW en ander fakulteite by die Universiteit Stellenbosch.

Prof Lilian Dudley staan aan die hoof van die sentrum, en alhoewel dit binne die Afdeling Gemeenskapsgesondheid gesetel is, is dit ‘n multidissiplinêre eenheid wat epidemioloë, openbare gesondheidspesialiste, sosiale wetenskaplikes en gesondheids-ekonome insluit uit verskillende agtergronde, bv. medies, verpleegkunde, arbeidsterapie, sielkunde, ekonomie en sosiale antropologie. Binne die fakulteit het die CHSSRD vennootskappe met die Eenheid vir Navorsing oor Gesondheid en die Samelewing, die Eenheid vir Infeksievoorkoming en –beheer, die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg en die Desmond Tutu TB Sentrum. Hulle het ook eksterne vennootskappe met die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, die Fakulteit van Sosiale Wetenskappe, die Besigheidskool en die Skool vir Publieke Leierskap.

Navorsing oor gesondheidstelsels en –dienste (HSSR) word genoodsaak deur gesondheidstelsels wat nie aan die behoeftes van gemeenskappe kan voldoen nie, weens ‘n tekort aan bewysgebaseerde inligting wat prioritisering, die toedeling van hulpbronne en besluitneming in die gesondheidsektor kan inlig.

“Die grootste swakheid van die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel is die implementering van beleide en verskaffing van gesondheidsorg,” sê Dudley. Daarom fokus die CHSSRD meer op gesondheidsorg navorsing wat poog om ‘betroubare en geldige navorsingsdata op te lewer waarop effektiewe, koste effektiewe, doelgerigte en aanvaarbare gesondheidsdienste gebaseer kan word’ (Bowling 1997).

Daar is baie min akademiese sentrums wat HSSR of opleiding in HSSR onderneem in Suid-Afrika en Afrika.

Die sentrum se ligging binne die FGGW gee dit ook toegang tot kliniese geneeskundige gebruike op gemeenskaps-, primêre sorg- en tersiêre hospitaalvlakke, en is uniek geposisioneer om te fokus op gesondheidsdienste navorsing vanweë sy verhouding met ander dissiplines binne die Departement van Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe, asook die provinsiale en plaaslike regering gesondheidsdienste en die Nasionale Departement van Gesondheid. Die sentrum is ook goed geplaas om by te dra tot die verbetering van die gesondheidstelsel deur die geskikte opleiding van gesondheidsberoepslui.

Deur Wilma Stassen

 

Inhoud inhoud 6

Stellenbosch navorser lei multinasionale studie

Prof Hans Strijdom

Prof Hans Strijdom van die Afdeling Geneeskundige Fisiologie is aangewys as projekkoӧrdineerder van ‘n drie jaarlange, multi-nasie studie wat die rol van MIV-infeksie en antiretrovirusterapie as risiko faktore vir hartsiekte ondersoek.

Dit was een van slegs 20 aansoeke - vanuit ‘n totaal van 124 aansoeke - wat befondsing ontvang van die ERAfrica-program, en is een van twee navorsingsprojekte waarby die Universiteit  Stellenbosch betrokke is.

ERAfrica is deur die Europese Kommissie en verskeie Afrika-lande gestig om samewerking met  langtermyn navorsingsprojekte tussen lidlande van die Europese Unie en verbonde Afrika-lande te bewerkstellig.

 

Multi-institusionele Sitologie-werkswinkel aangebied by US

Die werkswinkel aanbieders in die voorste ry, van links na regs, is Nick Dudding, Colleen Wright, Andrew Field en Allan Wilson.

‘n Vier-dag werkswinkel in Fynnaaldaspirasie-biopsie (FNAB) en Ginekologiese Sitologie was onlangs by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aangebied.

Meer as 70 patoloë en sitotegnoloë vanoor Suid-Afrika en suidelike Afrika het die werkswinkel bygewoon.

Hierdie geleentheid was ‘n samewerking tussen prof Andrew Field van die Notre Dame Universiteit in Australië, prof Colleen Wright van die FGGW se Afdeling Anatomiese Patologie, en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste in Port Elizabeth. Twee spesialis sitotegnoloë van die Verenigde Koningkryk, Allan Wilson, die voorsitter van die Britse Vereniging vir Sitopatologie, en Nick Dudding, voorsitter van die Internasionale Akademie van Sitologie, het interaktiewe seminaars aangebied oor ginekologiese sitologie.

 

 

Stellenbosch navorser lei multinasionale studie

Prof Hans Strijdom

Prof Hans Strijdom van die Afdeling Geneeskundige Fisiologie is aangewys as projekkoӧrdineerder van ‘n drie jaarlange, multi-nasie studie wat die rol van MIV-infeksie en antiretrovirusterapie as risiko faktore vir hartsiekte ondersoek.

Dit was een van slegs 20 aansoeke - vanuit ‘n totaal van 124 aansoeke - wat befondsing ontvang van die ERAfrica-program , en is een van twee navorsingsprojekte waarby die Universiteit  Stellenbosch betrokke is.

ERAfrica is deur die Europese Kommissie en verskeie Afrika-lande gestig om samewerking met  langtermyn navorsingsprojekte tussen lidlande van die Europese Unie en verbonde Afrika-lande te bewerkstellig.

Strijdom en sy navorsingsgenote van Oostenryk, België, Kenia en die Ivoorkus ontvang befondsing van R8-miljoen vir hul navorsingsvoorstel getiteld “Vascular endothelial dysfunction: The putative interface of emerging cardiovascular risk factors affecting populations living with and without HIV in sub-Saharan Africa”.

Die hoofdoel van die studie is om vas te stel of daar ‘n verhouding is tussen MIV-infeksie en antiretrovirusterapie en skade aan die liggaam se endoteliele selle (die selle wat die binne-belyning van die bloedvate opmaak). Skade aan die endoteliele selle word beskou as een van die voorlopers van kardiovaskulêre siektes soos aterosklerose, hartaanvalle en beroerte. Hierdie studie is die eerste in sy soort wat dié vraag ondersoek in bevolkingsgroepe van drie Afrika-lande.

Volgens prof Strijdom is hierdie studie, wat vyf navorsingspanne en –instansies van Afrika en Europa insluit, ‘n eerste vir die Afdeling Geneeskundige Fisiologie, en sal dit beslis die afdeling se beeld verhef tot een van die voorste navorsingsentrums. Die doelwitte van die studie stem ook ooreen met die fakulteit se visie om by te dra tot die gesondheid van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika en ander Afrika-lande.

Die studie bestaan uit basiese wetenskaplike navorsing wat in die laboratoriums van die Kardiovaskulêre Navorsingsgroep (waarvan Strijdom die hoof is) by die Afdeling Geneeskundige Fisiologie uitgevoer sal word, asook epidemiologiese studies wat in verskeie gesondheidsorg fasiliteite in Kaapstad, Kenia en die Ivoorkus gedoen sal word.

Prof Gerhard Walzl van die Afdeling Molukulêre Biologie en Mensgenetika gaan die mede-navorser van die menslike studies in Suid-Afrika wees. Die studie begin Junie 2014.
 

Deur Wilma Stassen

 

Multi-institusionele Sitologie-werkswinkel aangebied by US

Die werkswinkel aanbieders in die voorste ry, van links na regs, is Nick Dudding, Colleen Wright, Andrew Field en Allan Wilson.

 


‘n Vier-dag werkswinkel in Fynnaaldaspirasie-biopsie (FNAB) en Ginekologiese Sitologie was onlangs by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aangebied.

Meer as 70 patoloë en sitotegnoloë vanoor Suid-Afrika en suidelike Afrika het die werkswinkel bygewoon.

Hierdie geleentheid was ‘n samewerking tussen prof Andrew Field van die Notre Dame Universiteit in Australië, prof Colleen Wright van die FGGW se Afdeling Anatomiese Patologie, en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste in Port Elizabeth. Twee spesialis sitotegnoloë van die Verenigde Koningkryk, Allan Wilson, die voorsitter van die Britse Vereniging vir Sitopatologie, en Nick Dudding, voorsitter van die Internasionale Akademie van Sitologie, het interaktiewe seminare aangebied oor ginekologiese sitologie.

Prof Field is ook die vise-president van die Internasionale Akademie vir Sitologie (IAC), ‘n lid van die IAC Taakmag vir Sitologie Opleiding in Ontwikkelende Lande, en die mede-voorsitter van die IAC Opleiding en QA-komitee met ‘n spesiale opdrag om IAC-tutoriale in ontwikkelende lande daar te stel. Prof Wright is ook ‘n lid van die IAC Opleiding- en QA-komitee en die IAC Taakmag vir Sitologie Opleiding in Ontwikkelende Lande.

Volgens prof Wright is hierdie internasionale werkswinkel hier by die FGGW gehou om te help om die tekort aan patoloë en laboratorium-vaardighede op die Afrika-kontinent aan te spreek.

Sitologie en veral FNAB help met noodsorgprioriteitsbepaling en verskaf vinnige diagnose van diegene met infeksiesiektes soos TB om bestuur te word sonder chirurgiese bemiddeling en sonder toelating by die hospitaal. Sputum sifting kan pasiënte met ‘n long-karsinoma identifiseer en so hul oorplasing na sentrums vir behandeling of palliatiewe sorg fasiliteer.

“Daar is baie sentrums van uitnemendheid in Suid-Afrika en Afrika waar sitologie van ‘n baie hoë gehalte toegepas word,” sê Wright. “Met behulp van die IAP moet hierdie sentrums hul kundigheid uitbrei na ander wat nog besig is om te leer.”

Vir die afgelope agt jaar bied die Universiteit Stellenbosch ‘n afstandsonderrig Meestersgraad in Sitopatologie aan, wat dit moontlik maak vir patoloë om enige plek in Afrika hierdie vaardighede aan te leer.

“Befondsing was ‘n problem, maar die Universiteit Stellenbosch, onder leiding van prof Johann Schneider het onlangs beurse ontvang om student by te staan,” sê Wright.

Deur Wilma Stassen
 

 

Inhoud inhoud 7

Mediclinic ondersteun FGGW


 
Prof Jimmy Volmink, (links) dekaan van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, ontvang ‘n tjek van R1 155 000 van Koert Pretorius, (regs) die hoof uitvoerende direkteur van Mediclinic Suidelike Afrika. Mediclinic skenk ‘n totaal van R2.3 miljoen aan die fakulteit oor die volgende twee jaar (2014 tot 2016). Die fondse gaan aan die Afdeling Kliniese Farmakologie, die Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg, asook die opleiding van sub-spesialiste (kliniese assistente). “Suid-Afrikaanse dokters is goed opgelei, maar daar is ‘n kritiese tekort aan dokters en spesialiste in die land,” het Sakkie Du Plessis, Nasionale Netwerk Bemarkingsbestuurder van Mediclinic gesê. Prof Volmink het Mediclinic bedank vir hul langtermyn vennootskap met die fakulteit, en het gesê dat vennootskappe belangrik is vir die verwesenliking van universele toegang tot hoë gehalte gesondheidsorg.

Besoekende Afvaardigings

Pepfar
Universiteit van Oslo
Karolinska Institutet

Besoekende Akademici

Prof Lars Bode
Prof Richard Lilford

 

Prof Lars Bode van die Universiteit van Kalifornië

Prof Lars Bode het ‘n praatjie, getiteld "Every baby needs a sugar mama", oor die voordele van menslike melk vir babas, aangebied. Hy is 'n mede-professor in Pediatrie Afdeling Neonatologie en Afdeling Pediatriese Gastroënterologie, Hepatologie en Voeding, Universiteit van Kalifornië.

Prof Bode se navorsing fokus op die verklaring van funksies en biosintese van menslike melk oligosakkariede. Hierdie komplekse koolhidrate is volop in menslike borsmelk, maar nie in baba formule nie. Die Bode laboratorium gebruik in vitro en in vivo modelle en bestudeer die invloed van menslike melk oligosakkariede  en die voordeel wat dit inhou vir die borsgevoede baba.

Op die foto is me Yvette van Niekerk, dosent by Menslike Voeding, saam met prof Lars Bode.

Richard Lilford, University of Warwick

Prof Richard Lilford (links), Voorsitter van Publieke Gesondheid, Universiteit van Warwick, het die FGGW in Maart 2014 besoek as gas van die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg.  Hy het 'n lesing, getiteld 'Evaluation of effectiveness and cost effectiveness of interventions to improve the safety and effectiveness of health services', aangebied.

Hy het ook die bekendstelling van die nuwe Sentrum vir Gesondheidstelsels en -dienste Navorsing en Ontwikkeling (SGDNO), bygewoon, waar hy die geleentheidsrede gelewer het. 

Saam met hom op die foto is proff Jimmy Volmink (FGGW Dekaan), Usuf Chikte (Hoof: Departement van Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe, Taryn Young (Direkteur: SGDNO), en dr Rhoderick Machekano (Hoof van die Biostatistieke Eenheid).

 

Pepfar

‘n Uitstaande hoogtepunt vir SURMEPI en die fakulteit was die onlangse hoëvlak besoek deur die PEPFAR (HRSA) befondsers, die MEPI Koördineringsentrum en ‘n besoekende Hoofnavorser.  Dit het plaasgevind van 18 tot 20 Maart en het ‘n besoek aan Worcester en Robertson by die Ukwanda Landelike Kliniese Skool ingesluit, sowel as by die De Villiers Laerskool in Robertson waar die AHEC-projek uitgelig is.

Gedurende die terugvoer aan die einde van die besoek, het die paneel aangedui dat hulle baie beïndruk is met die doelwitte wat SURMEPI bereik het, die effektiewe wyse waarop die projek bestuur word, en die bydrae wat SURMEPI tot mediese opleiding in Afrika lewer.

Op die foto is, (Voor vlnr) drr Elsie Kiguli-Malwadde, MEPI Direkteur; Mary Fanning, Tegniese Adviseur vir Mediese en Verpleegkunde Onderrig: OGAC; prof Marietjie de Villiers, Visedekaan: Onderrig (FGGW), en dr Rehmeth Fakroodien, Gesondheidstelsels Ontwikkeling: MEPI. Agter is prof  Jean Nachega, Direkteur: Sentrum vir Infeksiesiektes (FGGW); dr Henry Sondheimer, Senior Direkteur - AAMC; prof Alfred Mteta, Dekaan van Tanzanië Universiteit; dr Rafi Morales, HRSA - Direkteur; en dr John Oguntomilade, HRSA Programbeampte.

Universiteit van Oslo

Die bestuur van die FGGW en 'n afvaardiging van die mediese fakulteit van die Universiteit van Olso, het gedurende 'n besoek in Maart, samewerkingsgeleenthede tussen die twee instansies, sowel as gedeelde belangstellingsvelde, bespreek.  Op die foto is (vlnr) mnr Eben Mouton, Direkteur: Besigheidsbestuur (FGGW), Dr Therese Fish, Visedekaan: Gemeenskapsdiens en -interaksie (FGGW), Proff Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing (FGGW), Kristin Heggen, Visedekaan: Onderrig (Olso), Frode Vartdal, Dekaan (Oslo), Jimmy Volmink, Dekaan (FGGW) en Ingrid Os, Visedekaan: Onderrig (Oslo).

Karolinska Institutet

Gedurende Maart het die FGGW 'n afvaardiging van die Karolinska Institutet (KI) in Swede ontvang. Gedurende die besoek, het kollegas van KI en die FGGW deelgeneem aan 'n navorsingsimposium waar die top navorsers van beide instansies hoogtepunte van hul werk in velde, insluitend tuberkulose, MIV-Vigs, wêreldgesondheid en neurowetenskappe, aangebied het. Op die foto, geneem tydens ete, is van links na regs proff Usuf Chikte, Hoof: Departement van Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe (FGGW), Anders Gustafson, Dekaan van Doktorale Onderrig (KI), Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing (FGGW), Jan-Olov Höög, Dekaan van Hoër Onderrig (KI), Jimmy Volmink, Dekaan (FGGW), Paul van Helden, Hoof: Departement van Biomediese Wetenskappe (FGGW), Hans-Gustaf Ljunggren, Dekaan van Navorsing (KI), Eileen Hoal, Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika (FGGW), Lucie Laflamme, Hoof van die Departement Openbare Gesondheidswetenskappe, (KI) en  Charles Wiysonge, Adjunk-direkteur van die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg (FGGW).

 

Inhoud inhoud 8

OESO Staande Wetenskaplike komitee

Prof Vikash Sewram, wat einde verlede jaar by die Fakulteit aangesluit het as Direkteur van die Afrika Kanker-instituut, is genooi om aan te sluit by die World Organization for Specialized Studies on Diseases of the Esophagus (OESO) se Staande Komitee in die Onkologie Afdeling.

WGO Afrika Taakspan

Prof Charles Wiysonge, Vise-direkteur van die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg, is deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) se Streeksdirekteur vir Afrika, aangestel as lid van die WGO se African Task Force on Immunisation (TFI).  Die TFI adviseer die WGO op oorkoepelende beleide en strategieë, wat strek oor entstof en tegnologie navorsing en ontwikkeling, tot die lewering van immuniseringsdienste en raakpunte tussen immunisering en ander gesondheidsintervensies in Afrika.

NIH Fogarty Internationale Sentrum befonds FGGW-projekte

Dr Mareli Claassens het befondsing van die National Institutes of Health (NIH) ontvang vir MIV Navorsing Opleidingsbeplanning en dr Rhoderick Machekano het befondsing van dieselfde instansie ontvang vir 'n beplanningsvoorlegging vir Biostatistieke Kapasiteitsbou.
Dr Mareli Claassens
Dr Rhoderick Machekano

Genootskappe en Beurse

Geluk aan die onderstaande personeellede wat MNR beurse ontvang het.

MNR Kliniese Navorsingsprogramme:
Dr Adrie Bekker – Pediatrie en Kindergesondheid
Dr Angela Dramowski – Pediatrie en Kindergesondheid
Dr Alex Doruyter – Kerngeneeskunde, Mediese Beelding en Kliniese Onkologie
Dr Stephanus (Fanie) Malherbe – Molekulêre Biologie en Mensgenetika
Dr Elizabeth (Liz) Walters – Pediatrie en Kindergesondheid

MNR Nasionale Gesondheidsbeurs-programme (Meesters):
Me Jesmine Arries – Molekulêre Biologie en Mensgenetika
Me Lauren Philips – Menslike Voeding

MNR Nasionale Gesondheidsbeurs-programme (PhD):
Me Gouwa Dawood – Spraak-Taal- en Gehoorterapie
Dr Amy Slogrove – Pediatrie en Kindergesondheid

NNS Navorsing Loopbaanbevordering Genootskap-toekennings
Vyf jong navorsers by die Fakulteit het elk een van die eerste NNS Loopbaanbevordering Genootskap-toekennings ontvang:
Dr Graeme Jacobs (Virologie)
Dr Marlo Moller (Molekulêre Biologie en Mensgenetika)
Dr Elizma Streicher (Molekulêre Biologie en Mensgenetika)
Dr Monique Williams (Molekulêre Biologie en Mensgenetika)
Dr Ingrid Webster (Geneeskundige Fisiologie)

 

Inhoud inhoud 9

Swak behandelingsregimen bevorder XDR-TB in SA

Wetenskaplikes het 'n beroep gedoen vir die onmiddellike hersiening van die behandelingsregimen vir multi- en ekstensiewe- (MDR en XDR) middelweerstandige TB in Suid-Afrika nadat 'n onlangse studie getoon het dat die huidige behandelingsregimen ondoeltreffend is en bydra tot die ontwikkelling van XDR-TB in plaas daarvan om dit te voorkom.

Hierdie studie stel die algemene mening dat die wydverspreide voorkoms van XDR-TB in die land 'n resultaat is van MDR-pasiënte wat versuim om hul medikasie te neem soos voorgeskryf, aan die kaak, en verskuif die blaam na die standaard behandelingsregimen wat ondoeltreffend is en heel moontlik middelweerstandigheid bevorder.

Nuwe register wys tekortkomings in nierbehandeling uit

Professor Razeen Davids, hoof van die Afdeling Nefrologie, het onlangs die Suid-Afrikaanse Niersiekte Register bekend gestel. Die register is saamgestel deur die Suid-Afrikaanse Niervereniging en is die eerste amptelike verslag oor dialise en oorplanting in Suid-Afrika sedert 1994.

 

“Die register is ‘n mylpaal vir ons by die Suid-Afrikaanse Niervereniging aangesien ons vir 20-jaar geen amptelike data oor dialise of oorplanting gehad het nie,” sê Davids, wat op die vereniging se uitvoerende komitee dien.

 

Swak behandelingsregimen bevorder XDR-TB in SA

Wetenskaplikes het 'n beroep gedoen vir die onmiddellike hersiening van die behandelingsregimen vir multi- en ekstensiewe- (MDR en XDR) middelweerstandige TB in Suid-Afrika nadat 'n onlangse studie getoon het dat die huidige behandelingsregimen ondoeltreffend is en bydra tot die ontwikkelling van XDR-TB in plaas daarvan om dit te voorkom.

Hierdie studie stel die algemene mening dat die wydverspreide voorkoms van XDR-TB in die land 'n resultaat is van MDR-pasiënte wat versuim om hul medikasie te neem soos voorgeskryf, aan die kaak, en verskuif die blaam na die standaard behandelingsregimen wat ondoeltreffend is en heel moontlik middelweerstandigheid bevorder.

"Vir die eerste keer beklemtoon hierdie studie die tekortkominge van die middel-regimens van gebruik in Suid-Afrika en suggereer dit dat swak behandeling die voorkoms van XDR-TB dryf, in plaas van pasiënte wat versuim om hul medikasie te neem," lees 'n verslag deur een van die hoof-navorsers, dr Borna Muller, 'n epidemioloog by Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidwetenskappe (US FGGW).

MDR-TB is weerstandig teen die mees doeltreffende TB-teenmiddels, terwyl XDR-TB ook weerstandigheid toon teen alternatiewe middels. Daar is min doeltreffende opsies vir behandeling van XDR-TB.

Tien persent van alle TB-gevalle in Suid-Afrika is MDR-TB, en 'n verdere 10 persent daarvan is XDR-TB. Die meeste gevalle van MDR- en XDR-TB is in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, met minder as 50 persent sukseskoers vir die behandeling van MDR-TB, en aansienlik swakker uitkomste vir XDR-TB.

Die studie, gelei deur navorsers van die US FGGW en gepubliseer in die vakjoernaal PLOS One, het die spesifieke genetiese stam van die MDR-TB, wat verantwoordelik is vir meeste van die XDR-TB gevalle in Suid-Afrika, ondersoek. Die mees algemene stam het uitsonderlike hoë weerstandigheid getoon teen twee eerstelinie middels (ethambutol en pyrazinamide) en een tweedelinie middel (ethionamide) wat suggereer dat die huidige behandelingsregimen vir MDR-TB nie die kiem kan dood en dus transmissie voorkom nie.

"Hierdie regimens is oneffektief omdat dit nie die groot hoeveelheid MDR-TB stamme wat weerstandig is teen twee of drie middels in die standaard vyf-middel MDR-TB behandelingsregimen, in berekening gebring het nie," sê Rob Warren, 'n professor in molukulêre biologie en menslike genetika by die FGGW.

"Hierdie stamme is oor die laaste paar dekades per abuis 'gebroei' deur die gebruik van 'n behandelingsregimen wat slegs gedeeltelik effektief is en die afwesigheid van gereelde middel-weerstandigheids toetsing," lees Muller se veslag.

Byvoorbeeld, hulle het gevind dat die mees algemene XDR-TB stam in die Oos-Kaap ook verantwoordelik was vir meer as 40 persent van alle MDR-TB gevalle wat weerstandig was teen ten minste nege TB-teenmiddels.

"Hierdie stamme word maklik oorgedra, bou vinnig addisionele weerstandigheid op, en mag dalk uiteindelik onbehandelbaar word. Daar is 'n groot kans dat sulke onbehandelbare stamme gevolglik verder sal versprei in die gemeenskap," skryf Muller.

Die navorsingspan van die Universiteit Stellenbosch, die Swiss Tropical and Public Health Institute en die Basel Universiteit in Switserland, die Aurum Instituut, die Universiteit van KwaZulu-Natal en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste, het 4 667 TB, MDR en XDR sputum-monsters van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal getoets om vas te stel wat was die mees algemene stamme.

"XDR-TB in KwaZulu-Natal was hoofsaaklik gedryf deur stamme wat aan die KZN/LAM4/F15-stamboom behoort terwyl XDR-TB stamme in die Oos-Kaap beperk was tot die Atipiese Beijing-stamboom," sê Warren.

"Dit wys dat hierdie XDR-TB stamme onafhanklik ontwikkel het in die twee provinsies. 'n Soortgelyke situasie is gesien in die Wes-Kaap waar XDR-TB spruit uit die Tipiese Beijing-stamboom. Alhoewel heelwat XDR-TB stamme in dié provinsie ook afkomstig is van die A-tipiese Beijing-stamboom suggereer dit migrasie van XDR-TB gevalle tussen twee provinsies."

Na aanleiding van hierdie bevindinge maak die navorsers 'n beroep vir die onmiddellike versterking van die standaard behandeling van MDR-TB in Suid-Afrika.

Deur Wilma Stassen

 

Nuwe register wys tekortkomings in nierbehandeling uit

Professor Razeen Davids, hoof van die Afdeling Nefrologie, het onlangs die Suid-Afrikaanse Niersiekte Register bekend gestel.

Die register is saamgestel deur die Suid-Afrikaanse Niervereniging en is die eerste amptelike verslag oor dialise en oorplanting in Suid-Afrika sedert 1994.

“Die register is ‘n mylpaal vir ons by die Suid-Afrikaanse Niervereniging aangesien ons vir 20-jaar geen amptelike data oor dialise of oorplanting gehad het nie,” sê Davids, wat op die vereniging se uitvoerende komitee dien.

“Die doel van hierdie register, en registers vir alle siektetoestande, is om die verloop van die siekte te studeer, variasie in behandeling en uitkomste te identifiseer, in ons geval stel ons belang in ongelykheid in dienslewering. Jy kan ook effektiwiteit assesseer, gedrag aanpas, ensovoorts, maar uiteindelik wil ons die kwaliteit en kwantiteit van niervervangingsterapie in Suid-Afrika verbeter,” sê Davids.

Die nuwe verslag sit die situasie van niervervangingsterapie in Suid-Afrika tot en met die einde van 2012 uiteen.

Alhoewel die stigting van die register ‘n groot prestasie is, skets dit ‘n somber prentjie van die nier-vervangingsterapie situasie in Suid-Afrika. Daar is slegs 191 nierbehandelingseenhede vir die land se bevolking van 52.3 miljoen, en meeste daarvan is in die privaatsektor. In 2012 het 8 559 pasiente nier-vervangingsterapie ontvang. Dit dui op ‘n behandelingsyfer van 164 per miljoen mense en is soorgelyk aan getalle in van die armste lande in die wêreld. Daar is ook baie ongelykheid tussen die privaat- en  publieke sektors, asook tussen provinsies.

“Ons is baie ver van waar ons behoort te wees, selfs met mededingende prioriteite soos MIV, Vigs en misdaad,” sê Davids.

Deur: Wilma Stassen

 

Inhoud inhoud 10

Internasionale vennootskap in Mediese Onderrig:

Fakulteit aangewys as ‘n Internasionale Samewerkingsentrum

Prof Taryn Young, Direkteur: SBG
Prof Ben van Heerden, Direkteur: SGBO

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) is aangewys as ‘n Internasionale Samewerkingsentrum (BICC) vir die Best Evidence Medical Education (BEME) Collaboration. Die aansoek was onder leiding van die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg (SBGG) en Gesondheidsberoepe Onderwys (SGBO) ingedien.

“Die SGBO en die SBGG het uitgebreide kennis in beide die ontwikkeling van bewyse asook die bevordering van die gebruik van bewysgebaseerde mediese opleiding en gesondheidsorg. Sistematiese oorsigte (systematic reviews) is aan die toeneem en ons sien uit daarna om ‘n inventaris te maak van die bevindinge van bestaande studies en om hierdie inligting te gebruik in ons eie sistematiese oorsigte, asook om hierdie bewys-basis te gebruik om mediese opleidingstrategieë te ontwikkel,” het prof Taryn Young, direkteur van die SBGG gesê.

Prof Ben van Heerden, direkteur van die SGBO het gesê: “Die toepassing van enige vakgebied behoort bewysgebaseerd te wees, en dit geld ook vir gesondheidsberoepe onderwys. Die SGBO is betrokke by verskeie aktiwiteite wat daarop gemik is om bewyse te lewer vir die fakulteit se onderrig- en leer-innovasies, insluitende die implementering van die Landelike Kliniese Skool. Daarom verwelkom ons die geleentheid om betrokke te raak by die evaluering van bewyse in ons vakgebied op ‘n wêreldskaal. Ons is baie opgewonde oor die sinergie wat die samewerking met die SGB teweeg sal bring en die kragtige aard van hierdie samewerking, wat kundigheid in die velde van gesondheidsgebaseerde gesondheidsorg en gesondheidsberoepe onderwys sal saambring.”

BEME is ‘n internasionale groep wat bestaan uit individue, universiteite en professionele organisasies wat toegewy is aan die ontwikkeling van bewysgebaseerde opleiding in die gesondheidsberoepe deur middel van: die verspreiding van inligting wat dosente en rolspelers in die gesondheidsberoepe in staat stel om besluite te maak wat gebaseer is op die beste beskikbare bewyse; die vervaardiging van sistematiese oorsigte wat die beste beskikbare bewyse aanbied en aan die behoeftes van die verbruiker voorsien; en die skepping van ‘n kultuur van beste bewyse opleiding onder individue, instansies en nasionale liggame.

Die FGGW is een van slegs 13 instansies van oor die wêreld wat uitgenooi is om by die uitgekose groep aan te sluit.

Die werk van die BICC pas in by die fakulteit se strategiese visie, en sal van die FGGW se ondervinding en kennis in gesondheidsberoepe opleiding, redigerende funksies en die bevordering en gebruik van sistematiese oorsigte gebruik maak. Die koӧrdinasie van die BICC sal gesamentlik deur die SGB en die SGBO gedoen word.

Die FGGW se bydrae tot die BEME Collaboration sal insluit:
-    Lewering van bydraes tot die identifisering en konseptualisering van relevante onderwerpe vir nuwe sistematiese oorsigte.
-    Bevordering van die gebruik van sistematiese oorsigte om gesondheidsberoepe onderwys in te lig.
-    Lewering van bydraes tot die redigerende funksies van BEME oorsig-groepe.
-    Verskaffing van mentorskap en ondersteuning met nuwe BEME oorsigte.
-    Werwing van fondse om die funksies van die BICC te ondersteun en nuwe sistematiese oorsigte te doen.
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Inhoud inhoud 11

Akademie vereer FGGW professor

Prof Gerhard Theron, Hoof van Verloskunde en Ginekologie, het die Albert Stratingprys vir Voorkomende Geneeskunde van die Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

Prof Theron lewer 'n groot bydrae tot voorkomende geneeskunde op talle terreine, en in besonder tot voorkombare moederlike sterftes in Suid-Afrika. 

Sy werk word nasionaal, sowel as internasionaal erken. Kliek hier om meer te lees oor ander US-kandidate wat toekennings van die Akademie ontvang het.

Pediater ontvang internasionale erkenning

'n Pediatriese TB navorser en klinikus van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), Prof Simon Schaaf, het Sondag, 27 April 2014 die gesogte Nasionale Orde van Mapungubwe (silwer) van president Jacob Zuma ontvang.

Hierdie Orde gee erkenning aan Suid-Afrikaners vir uitnemendheid en uitstaande prestasie tot voordeel van Suid-Afrika en verder. Dit erken Schaaf se uitstekende bydrae tot die gesondheidswetenskappe, het dr Cassius Lubisi, kanselier van die Nasionale Ordes en Direkteur-Generaal van die Presidensie in 'n verklaring gesê.

Sy fokus op middelweerstandige tuberkulose (DR-TB) kan gesien word as braanbrekerswerk in die bestuur van die siekte," sê Lubisi. Kliek hier vir volledige artikel.

Oogheelkunde personeel presteer by nasionale kongres

Vyf navorsers van die Afdeling Oogheelkunde het navorsingsvoordragte gelewer tydens die 44ste Nasionale Kongres van die Oftalmologiese Vereniging van Suid-Afrika, wat in Maart gehou is.  Dr Nicola Freeman, senior konsultant en pediatriese oftalmoloog het 'n voordrag op Premature Retinopatie gelewer en waarvoor sy 'n prys vir die beste voordrag deur 'n Suid-Afrikaanse konsultant oogheelkundige.  Dr Julia Jansen van Rensburg het die prys gewen vir die beste voordrag deur 'n kliniese assistent, vir haar aanbieding getiteld: "Pediatriese oogtrauma behandel by die Tygerberg Akademiese Hospitaal: 'n twee-jaar oorsig".  Sy het 'n internasionale reisbeurs na 'n oftalmologiese kongres van haar keuse, ontvang.

Dr Nicola Freeman

Dr Julia Jansen van Rensburg

 

Inhoud inhoud 12

Student woon Al Gore Konferensie by

Marguerite Foot, ‘n vyfdejaar mediese student is gekeur om Tygerbergkampus te verteenwoordig by ‘n internasionale kongres oor die klimaatskrisis aangebied deur VSA Oud Vise-President Al Gore.  By hierdie geleentheid het oor die 700 groen verwante leiers van 62 verskillende lande in Sandton Konvensiesentrum bymekaar gekom om koppe by mekaar te sit. 

Mnr Al Gore het sy lewenspassie en navorsing van die bekende dokumentêr; An Inconvenient Truth, in diepte bespreek en leiers in die veld het ook hul opinies gedeel.

Diens en leierskap beloon

Ishara Ramkissoon, Adjunk-Voorsitter van die TSR 2014 en vyfdejaar mediese student, is genooi om aan te sluit by die Suid-Afrika - Washington Internasionale Program (SAWIP) vir diensleierskap.

SAWIP is 'n sesmaande leierskap ontwikkelingservaring in beide Suid-Afrika en Washington DC. Vyftien hoë potensiaal Suid-Afrikaanse burgers van die Wes-Kaap is gewerf op grond van akademiese sukses, leierskapspotensiaal en 'n passie vir gemeenskapsdiens.

Eerste plek in Cape Argus

Dr Marianne Unger (regs op die foto) en haar spanmaat, Anelma Jansen van Rensburg, spog met die wisseltrofee en hul goue medaljes wat hul gewen het deur eerste te eindig in die Dames Tandem Kategorie in die 2014 Cape Argus Pick n Pay Momentum Fietstoer.  Hulle het die resies voltooi in 'n tyd van 3h:25min. Dr Unger is deel van die Afdeling Fisioterapie.

 

Student woon Al Gore Konferensie by

Marguerite Foot, ‘n vyfdejaar mediese student is gekeur om Tygerbergkampus te verteenwoordig by ‘n internasionale kongres oor die klimaatskrisis, aangebied deur VSA Oud Vise-President Al Gore.  By hierdie geleentheid het oor die 700 groen verwante leiers van 62 verskillende lande in Sandton Convention Centre bymekaar gekom om koppe by mekaar te sit. 

Mnr Al Gore het sy lewenspassie en navorsing van die bekende dokumentêr; An Inconvenient Truth, in diepte bespreek en leiers in die veld het ook hul opinies gedeel.  

Marguerite, wat ook die Tygerberg Studente Raadslid van Groen Inisiatiewe en Gemeenskapsinteraksie is, is ook die enigste mediese student landswyd wat vir hierdie spoggeleentheid gekeur is.  “Hierdie uitmuntende geleentheid het my met die nodige vaardighede en kennis bewapen om die erns van ons Klimaatsrealiteit verder op kampus, en my lewenspaadjie, te versprei.”

Die Konferensie vereis ook dat elke lid 10 Groen dade aanpak hierdie jaar, waaroor Marguerite baie opgewonde is.  Die Fakulteit se Groen komitee het volle vertroue dat sy dit suksesvol deur haar TSR Groen Portefeulje sal uitvoer.

Aktiwiteite soos ‘n Herwinningsvideo Kompetisie, Erdwurm-kompos Oes, Kreatiewe Kunswerk kompetisie, is slegs ‘n paar van die aktiwiteite wat sy beplan vir haar termyn.

 

Diens en leierskap beloon

Ishara Ramkissoon, Adjunk-Voorsitter van die TSR 2014 en vyfdejaar mediese student, is genooi om aan te sluit by die Suid-Afrika - Washington Internasionale Program (SAWIP) vir diensleierskap.

SAWIP is 'n sesmaande leierskap ontwikkelingservaring in beide Suid-Afrika en Washington DC. Vyftien hoë potensiaal Suid-Afrikaanse burgers van die Wes-Kaap is gewerf op grond van akademiese sukses, leierskapspotensiaal en 'n passie vir gemeenskapsdiens.

Ishara se toewyding tot studentsukses en diensleierskap, het gelei tot twee agtereenvolgende termyne op die Tygerberg Studenteraad vir leierskap en studente-ontwikkeling. Sy het in 2009 president Barack Obama se
inhuldiging bygewoon as 'n Suid-Afrikaanse Student-ambassadeur. Ishara se passie lê in openbare gesondheidsorg en die uitwissing van siektes ten einde Suid-Afrika op te hef. Sy wil graag 'n Meestersgraad in Openbare Gesondheid in die nabye toekoms aanpak.

Ishara is ook die eerste mediese student,
en die eerste van die FGGW, wat genooi is om deel van SAWIP te wees. Sy hoop om baie meer studente te inspireer om aansoek te doen vir SAWIP en sodoende hul akademiese loopbaan te verryk.

 

Inhoud inhoud 13

Verfraaiing van die Tygerberg-hospitaalskool se speelgrond

Vrywilligers van die Tygerbergkampus het in Januarie met hulle eerste volhoubaarheids-inisiatief vir 2014 begin, toe hulle kleur, vreugde en 'n meer volhoubare omgewing aan die kinders van die plaaslike hospitaalskool gebring het deur hul Tygerberg-hospitaalskool se speelterreinprojek.

"As deel van my Tygerberg Studenteraad Gemeenskapsinteraksie inisiatief vir 2014, het ek en Mohammed Sheik (Osler HK vir Gemeenskapsinteraksie) 100 eerstejaarstudente na die Hospitaalskool vergesel. Ons het  die tuin en speelterrein van die skoolgronde opgeruim, die klimrame weer geverf, en betrokke geraak in konstruktiewe spel met die kinders," sê Marguerite Foot, Gemeenskapsinteraksie lid van die Tygerberg Studenteraad.

Erdwurmplaas lewer plantvoeding

Die Tygerbergkampus se wurmplaas het 'n noemenswaardige hoeveelheid van 160 kg vermi-kompos opgelewer tydens die onlangse wurmplaas-oes.  Die plaas produseer omtrent 10 - 20 liters vermi-tee op 'n weeklikse basis en kompos word twee maal per jaar ge-oes, tydens herfs en lente. Die Tygerberg Groenkomitee het hierdie plaas sowat twee en half jaar gelede begin met die doel om voedsel-afval van die Fedics-kafeteria te verbruik.  Omtrent agt tot vyftien kilogram afvalkos word daagliks aan die wurms gevoer, wat in 16 houers in 'n spesiaal-ingerigte area agter die kafeteria, aangehou word. Die vermi-kompos en -tee is beide hoogs gekonsentreerde produkte en word gebuik om die kampustuine te voed.  Op die foto is proff Bob Mash (links) en Wolfgang Preiser besig om te help met die wurm-oes.

Nog 'n tree in die rigting van herwinning op die kampus

Die Universiteit Stellenbosch se drie-houer stelsel is onlangs op die Tygerbergkampus geïmplementeer.  Die projek vorm deel van die Groen Komitee se projekplan om 'n groener kampus te skep en word deur die Fasiliteitsbestuur se volhoubaarheids-inisiatief bestuur.

Kliek hier om die video te kyk. Deur Marguerite Foot, TSR vir Groen.

 

 

Verfraaiing van die Tygerberg Hospitaalskool se speelgrond

Vrywilligers van die Tygerbergkampus het in Januarie met hulle eerste volhoubaarheids-inisiatief vir 2014 begin, toe hulle kleur, vreugde en 'n meer volhoubare omgewing aan die kinders van die plaaslike hospitaalskool gebring het deur hul Tygerberg-hospitaalskool se speelterreinprojek.

"As deel van my Tygerberg Studenteraad Gemeenskapsinteraksie inisiatief vir 2014, het ek en Mohammed Sheik (Osler HK vir Gemeenskapsinteraksie) 100 eerstejaarstudente na die Hospitaalskool vergesel. Ons het die tuin en speelterrein van die skoolgronde opgeruim, die klimrame weer geverf, en betrokke geraak in konstruktiewe spel met die kinders," sê Marguerite Foot, Gemeenskapsinteraksie lid van die Tygerberg Studenteraad.

Die Tygerberg-hospitaalskool bied kurrikulumgebaseerde onderrig aan leerders vanaf Graad R tot Graad 12, wat die hospitaal besoek. Daar is ook 'n groep van outistiese leerders wat die skool op 'n buite-pasiënt basis bywoon.

Op 10 Maart, het 41 vrywilligers teruggekeer na die skool se speelgrond om plante, ter waarde van R2 000, geborg deur die Cape Garden Centre, te plant. Nie net is hierdie plante 'n fees vir die oog nie, maar dit is ook waterwys, wat beteken dat hulle water spaarsamig gebruik, wat bydrae tot 'n meer volhoubare omgewing.

"Na 'n volle dag van studies, het ons saamgewerk om terug te gee aan ons direkte gemeenskap. Met motivering en beperkte hulpbronne, het ons daarin geslaag om die hardnekkige, droë grond los te kry, wat ons grootste stryd was. Ons het gefokus op die groot stuk grond aan die voorkant van die skool, en om ʼn paadjie te skep met die verskillende vetplante tot ons beskikking. Afgesien van die keuse van waterwys plante vir 'n omgewingsvriendelike tuin, het ons ook die kinders se veiligheid in gedagte gehou, om te verseker dat die plante nie dorings of skerp blare het nie en nie skadelik is indien dit per ongeluk ingeneem word nie," sê Marguerite.

Met die skool op die kampus se voorstoep, het verskeie studente reeds die gronde besoek om na die tuin te kyk. Die skool het ook daartoe verbind om die tuin nat te lei  en die vrywilligers se harde werk tot dusver in stand te hou.

In April het die studente teruggekeer na die skool - hierdie keer om van die opgedroogde fonteine te verf,  dit met grond te vul en meer vetplante te plant. 'n Groentetuin word ook beplan op 'n stukkie sagte grond wat hulle geïdentifiseer het. Ou vragmotorbande is met grond gevul en verander in 'n tweede groentetuin, wat die verantwoordelikheid van die Graad R-klas sal word. Verder is werk op 'n tweede stuk harde grond gedoen om meer vetplante te plant.

Deur Marguerite Foot

Die studente het vermi-kompos, vanaf die kampus se wurmplaas, gebruik.
Die speelgrond-items is in helder kleure geverf.
Vrywilligers hard aan die werk om kleur, vreugde en 'n meer volhoubare omgewing aan die kinders van die Tygerberg-hospitaalskool te bring.

 

Inhoud inhoud 14

Profiel

Reis, TB en kinders: ‘n lewe in geneeskunde

Prof Ben Marais

Vir prof Ben Marais, ‘n Tygerberg alumnus wat vandag ‘n top posisie beklee by die Universiteit van Sydney in Australië, was sy mediese opleiding nie net ‘n manier om sy passie uit te leef en kinders gesond te maak nie. Dit het hom ook regoor die wêreld geneem en genoeg ervarings vir twee leeftye gebied.

In 1988 het Ben, ‘n boorling van Upington in die Noord-Kaap, sy mediese studies by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) begin en sewe jaar later ‘n BMedSc, MB,ChB en sy toekomstige eggenoot hier ontmoet. Gedurende sy praktiese jaar in George het Ben met Karen Friemelt, ‘n fisioterapie-student wat ook haar studies by Tygerberg-kampus voltooi het, getrou.

Daarna het die avontuur begin. In 1996 is die twee na die Isle of Wight in England, waar Ben, ‘n aspirerende pediater, sy eerste blootstelling aan die veld van pediatrie gekry het.

“Die Isle of Wight voel soos ‘n ander planeet as jy van ‘n plek soos Upington af kom.  Jy is omring deur water en elke reis begin met ‘n bootrit. Koningin Victoria het as kind altyd op die Isle of Wight vakansie gehou,” vertel hy.

Na ‘n jaar en ‘n half in Engeland het Ben en Karen eers deur Europa getoer voordat hulle na hul volgende bestemming, Kanada, vertrek het. “Ek het as algemene praktisyn gewerk in die afgeleë noordelike dele van Saskatchewan, saam met heelwat ander Suid-Afrikaanse dokters. Dit was ‘n ongelooflike ervaring om in temperature van tot -40˚C te moes woon en werk.  Ons het ook geleentheid gehad om die Rocky berge en die weskus van Amerika te verken,” sê Ben.

Hierna het hulle, in Julie 1998, na die Tygerberg-kampus teruggekeer sodat Ben kan spesialiseer as pediater. In sy laaste jaar as kliniese assistent het daar weer ‘n geleentheid voorgedoen om te reis en was hulle vir ses maande in Holland as deel van ‘n uitruilskema met universiteite in Utrecht en Amsterdam.

 


Reis, TB en kinders: ‘n lewe in geneeskunde

Vir prof Ben Marais, ‘n Tygerberg alumnus wat vandag ‘n top posisie beklee by die Universiteit van Sydney in Australië, was sy mediese opleiding nie net ‘n manier om sy passie uit te leef en kinders gesond te maak nie. Dit het hom ook regoor die wêreld geneem en genoeg ervarings vir twee leeftye gebied.

In 1988 het Ben, ‘n boorling van Upington in die Noord-Kaap, sy mediese studies by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) begin en sewe jaar later ‘n BMedSc, MB,ChB en sy toekomstige eggenoot hier ontmoet. Gedurende sy praktiese jaar in George het Ben met Karen Friemelt, ‘n fisioterapie-student wat ook haar studies by Tygerberg-kampus voltooi het, getrou.

Daarna het die avontuur begin. In 1996 is die twee na die Isle of Wight in England, waar Ben, ‘n aspirerende pediater, sy eerste blootstelling aan die veld van pediatrie gekry het.

“Die Isle of Wight voel soos ‘n ander planeet as jy van ‘n plek soos Upington af kom.  Jy is omring deur water en elke reis begin met ‘n bootrit. Koningin Victoria het as kind altyd op die Isle of Wight vakansie gehou,” vertel hy.

Na ‘n jaar en ‘n half in Engeland het Ben en Karen eers deur Europa getoer voordat hulle na hul volgende bestemming, Kanada, vertrek het. “Ek het as algemene praktisyn gewerk in die afgeleë noordelike dele van Saskatchewan, saam met heelwat ander Suid-Afrikaanse dokters. Dit was ‘n ongelooflike ervaring om in temperature van tot -40˚C te moes woon en werk.  Ons het ook geleentheid gehad om die Rocky berge en die weskus van Amerika te verken,” sê Ben.

Hierna het hulle, in Julie 1998, na die Tygerberg-kampus teruggekeer sodat Ben kan spesialiseer as pediater. In sy laaste jaar as kliniese assistent het daar weer ‘n geleentheid voorgedoen om te reis en was hulle vir ses maande in Holland as deel van ‘n uitruilskema met universiteite in Utrecht en Amsterdam.

“As kliniese assistent het ek elke dag tuberkulose in kinders gesien en besef dat ons die wêreld se voorste kliniese kundigheid in die veld besit,” vertel hy. Sy PhD studies, onder leiding van professor Nulda Beyers, het gefokus daarop om die aantal kinders wat tuberkulose ontwikkel en die siekte spektrum waarmee hulle voordoen akkuraat te bepaal, asook om ondersoek in te stel na beter diagnostiese tegnieke.  “Kinders gee vir jou ‘n wonderlike insig op die tuberkulose epidemie want hulle verteenwoordig ongekontroleerde transmissie in die gemeenskap. As volwassenes siek word weet jy nooit of dit ‘n TB-kiem is wat hulle onlangs ingeasem het, of dalk jare terug nie. Maar met kinders weet jy dit is iets wat hulle nou onlangs ingeasem het,” verduidelik Ben.

Na voltooing van sy PhD het Ben betrokke geraak by die Ukwanda Sentrum vir landelike gesondheid, en vir sy eerste navorsingprojek het hy ‘n opname gedoen van al die plattelandse hospitale in die Wes-Kaap om te bepaal wat is die kenmerke van ‘n plattelandse hospitaal wat goed funksioneer, teenoor ander wat sukkel. Hy het tydelik waargeneem by Ukwanda om te help met beplanning vir die landelike kliniese skool.

Sy passie vir pediatrie het hom terug geneem na die Tygerberg Kinderhospitaal toe waar hy by die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aangesluit het om in infeksiesiektes te werk. In 2008 het hy met behulp van ‘n NIH-beurs vir ses maande opleiding ontvang by die Denver Kinderhospitaal in Colorado in die VSA, waar hy blootstelling gekry het aan MIV sorg, TB navorsing en infeksiesiektes in die algemeen.  In sy tyd by die fakulteit was hy ook betrokke by die ontwikkeling van die South to South-projek wat opleiding aan dokters regoor Afrika gee vir die behandeling van MIV in kinders.

In 2011 het Ben en sy gesin - wat teen die tyd al met twee seuns gegroei het – na Sydney, Australië, verhuis.

Daar het hy by die Universiteit van Sydney aangesluit waar hy gehelp het met ‘n nuwe multi-dissiplinere infeksiesiekte inisiatief genaamd die Marie Bashir-instituut vir ontluikende infeksiesiektes en bio-sekuriteit.

“Die unieke geleentheid van ‘n plek soos die Universiteit van Sydney is dat dit ‘n groot universiteit is wat beide veeartsenykunde en medies aanbied en ook baie sterk is in die biologiese en basiese wetenskappe.” Die multidissiplinêre kontak is waardevol, want baie van die siektes in suidoos-Asië (net noord van Australië) is van diere afkomstig.

Sy navorsing by die Universiteit van Sydney fokus steeds op TB as deel van ‘n Australiese sentrum van uitnemendheid in tuberkulose. Alhoewel daar nie baie TB-gevalle in Australië self is nie, is dit, en veral middelweerstandige stamme ‘n groot probleem in suidoos-Asië.

“Hulle het nie so baie MIV soos Suid-Afrika nie, maar daar is ‘n ongereguleerde mark vir mediese middels en baie swak regulasies oor hoe middels gebruik moet word.  Dus is daar ‘n groot probleem met middelweerstandigheid in TB en ander infeksies,” sê hy.  ‘n Huidige projek identifiseer die spesifieke genetiese stamme van TB pasiënte in Australië (gewoonlik immigrante) om te ondersoek of sekere stamme dalk meer aansteeklik is as ander.

Terselfdetyd werk hy steeds met ou kollegas by die FGGW wat baanbrekerswerk in die wêreld doen oor die verskillende genetiese stamme van TB.  Hy hoop om samewerking tussen die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Sydney te bevorder. Die dekaan, prof Jimmy Volmink, beplan ‘n besoek aan die Universiteit van Sydney later vanjaar om onder andere te gaan kyk na die mediese opleidingsmodel daar, aangesien medies as ‘n 4-jaar lange nagraadse kursus aangebied word.

Ben is vol lof vir die mediese beroep en al die geleenthede wat dit hom gebied het. “Die voordeel om in pediatrie te werk is dat jy graag wil glo dat jy ‘n verskil maak – daar is niks so bevredigend as ‘n siek kind wat gesond word nie,” gee hy te kenne. Sy werk in navorsing bied hom ook baie stimulering: “Daar is soveel variasie – met tye het jy kliniese kontak met pasiënte en hul ouers, afgewissel met die konseptualisering van nuwe projekte en die opskryf van resultate vir publikasie, en dan is daar ook die geleentheid om te reis.”

Deur Wilma Stassen

 

Inhoud inhoud 15

Die daggadebat 

  
Farmakoloog en toksikoloog, dr Gerbus Muller, is van mening dat die mediese gebruik van dagga gereguleer moet word.

'n Voorgestelde wetsontwerp vir die wettiging van die gebruik van cannabis - of dagga soos dit algemeen bekend staan - is onlangs aan die Parlement voorgelê. As dit goedgekeur word, sal die wetsontwerp toelaat dat enigiemand dit kan gebruik, groei en selfs verkoop vir enige "mediese toestand". Wilma Stassen het met 'n kundige gesels oor die vraag of dit 'n goeie idee sal wees.

Tradisionele medisyne is 'n groot besigheid in Suid-Afrika. Dr Gerbus Muller, kliniese farmakoloog en toksikoloog en 'n voormalige dosent aan die Fakulteit se Afdeling Kliniese Farmakologie, beraam dat ongeveer die helfte van al die medisyne wat in die land is, tradisionele, of alternatiewe medisyne is. Een daarvan is dagga (in sy rou plantvorm) wat dikwels, al is dit onwettig, deur tradisionele praktisyns vir pasiëntsorg gebruik word.
Daar is bewys dat dagga oor medisinale eienskappe beskik en mediese dagga word kommersieel gebruik in lande soos die Verenigde State van Amerika (VSA) en Brittanje om sekere kwale te behandel.

Maar om dagga vrylik beskikbaar te maak om ongereguleerd in sy rou vorm te gebruik (soos voorgestel in die voorgestelde wetsontwerp), mag katastrofiese gevolge inhou, sê Muller.

Geïntegreerde benadering tot TB

Prof Samantha Sampson hou die SARChI-leerstoel in Mycobaktomika, binne die DWT/NNS Sentrum van Uitnemendheid in Biomediese Tuberkulose-Navorsing.


As 'n TB-navorser, weifel ek tussen stomme bewondering vir, en ongelooflike frustrasie met die bakterieë wat TB, Mycobacterium tuberculosis, veroorsaak. Terwyl daar 'n arsenaal van effektiewe anti- TB-middels beskikbaar is, is die middelweerstandige stamme van M. tuberculosis steeds algemeen, met die voorkoms in Suid-Afrika wat kommerwekkende hoogtes bereik. Daar is na raming elke jaar meer as 13 000 gevalle van multi- middelweerstandige TB (MDR- TB), met weerstand teen ten minste twee belangrike eerste-linie TB-middels. In die ergste moontlike scenario, kon stamme weerstand bied teen tot 10 verskillende TB-teenmiddels, wat dit baie moeilik maak om pasiënte wat met hierdie stamme besmet is te behandel, en onsuksesvolle behandeling is algemeen. Sommige navorsers het voorgestel dat die uitdrukking totale middelweerstandige (TDR) gebruik word om sulke stamme te beskryf, maar hierdie etiket is omstrede en organisasies soos die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ontmoedig die gebruik daarvan, deels om te vermy dat hierdie pasiënte beskou word as verlore gevalle. Dit is kommerwekkend dat werk deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch en elders gedemonstreer het dat uitgebreide oordrag van middelweerstandige M. Tuberculosis-stamme plaasvind, wat dui op mislukkings in die behandelingsprogram.

            

 

Die daggadebat 

  
Farmakoloog en toksikoloog, dr Gerbus Muller, is van mening dat die mediese gebruik van dagga gereguleer moet word.

'n Voorgestelde wetsontwerp vir die wettiging van die gebruik van cannabis - of dagga soos dit algemeen bekend staan - is onlangs aan die Parlement voorgelê. As dit goedgekeur word, sal die wetsontwerp toelaat dat enigiemand dit kan gebruik, groei en selfs verkoop vir enige "mediese toestand". Wilma Stassen het met 'n kundige gesels oor die vraag of dit 'n goeie idee sal wees.

Tradisionele medisyne is 'n groot besigheid in Suid-Afrika. Dr Gerbus Muller, kliniese farmakoloog en toksikoloog en 'n voormalige dosent aan die Fakulteit se Afdeling Kliniese Farmakologie, beraam dat ongeveer die helfte van al die medisyne wat in die land is, tradisionele, of alternatiewe medisyne is. Een daarvan is dagga (in sy rou plantvorm) wat dikwels, al is dit onwettig, deur tradisionele praktisyns vir pasiëntsorg gebruik word.

Daar is bewys dat dagga oor medisinale eienskappe beskik en mediese dagga word kommersieel gebruik in lande soos die Verenigde State van Amerika (VSA) en Brittanje om sekere kwale te behandel.

Maar om dagga vrylik beskikbaar te maak om ongereguleerd in sy rou vorm te gebruik (soos voorgestel in die voorgestelde wetsontwerp), mag katastrofiese gevolge inhou, sê Muller.

"Jy sal nie 'n pasiënt 'n papawerplant [wat gebruik word om morfien te produseer] gee om te rook, ten einde sy of haar pyn te behandel nie, so hoekom sou jy dit doen met dagga?" sê Muller. Hy verduidelik dat alle medikasie wat van plante verkry word, eers onttrek en dan verwerk word om dit in voorafbepaalde dosisse saam te stel.  

“Die daggaplant het meer as 100 aktiewe bestanddele, waarvan net een, 9 - tetrahydrocannabinol, of THC in kort, gebruik word in die produksie van mediese dagga. THC het 'n kragtige uitwerking op die sentrale senuweestelsel en is ook die chemikalië wat euforie veroorsaak, verantwoordelik  vir die misbruik daarvan as ontspanningsdwelm.

“Mense is geneig om te dink dat die natuurlike stowwe geen newe-effekte het nie en veilig is - maar daar is niks verder van die waarheid nie," sê Muller. "Alle medisyne, of dit alternatiewe medisyne of kruie is, het newe-effekte."

Algemene newe-effekte van dagga is die hart aritmie (vinnige hartklop), 'n daling in bloeddruk, bloedbelope oë, verlies aan motivering, angs en dronkenskap, onder andere.

Daar is ook 'n algemene wanopvatting dat dagga nie verslawend is nie, sê Muller. Hoewel gereelde dagga gebruikers nie stuiptrekkings en ander lewensgevaarlike onttrekkingsimptome, wat gebruikers van ander dwelms (veral diegene wat opioïede soos heroïen gebruik) kry wanneer hul ophou nie, raak mense sielkundig afhanklik, wat dit baie moeilik maak om op te hou.

Ten spyte van die newe-effekte, glo Muller dat daar 'n plek vir dagga in medisyne is, solank dit gereguleer en beheer word en nie onvoorwaardelik beskikbaar gestel, soos gestel in die voorgestelde wetsontwerp, nie.

Mediese dagga (onttrek en effens aangepaste THC beskikbaar in pil of vloeibare vorm) is deur die American Food and Drug Administration (FDA) goedgekeur vir die behandeling van naarheid en braking in pasiënte wat chemoterapie ontvang en ook om eetlus in pasiënte met MIV te stimuleer. Dit word ook algemeen gebruik vir die behandeling van Tourette-sindroom, verlies van eetlus by kankerpasiënte, spastisiteit in pasiënte met veelvuldige sklerose, post-operatiewe naarheid en braking, en om die veltoestand pruritis te behandel, maar dit het nie FDA-goedkeuring vir die behandeling van hierdie toestande nie.

Muller wys daarop dat daar ook ander medisyne is wat net so goed of beter vir die behandeling van hierdie toestande werk.

Volgens Muller, is daar ook 'n paar gevalle gedokumenteer wat daarop dui dat dagga die groei van die kankerselle kan inhibeer. Hy beklemtoon dat daar nog net 'n handjievol van die anekdotiese gevalle regoor die wêreld gedokumenteer is, wat nie as bewys dien dat dit as 'n behandeling vir kanker gebruik kan word nie. "Maar daar is genoeg gevalle om te suggureer dat dit nuttig kan wees om die potensiaal vir kankerbestrydings verder te verken," sê Muller.

 

Geïntegreerde benadering tot TB-navorsing

Prof Samantha Sampson hou die SARChI-leerstoel in Mycobaktomika, binne die DWT/NNS Sentrum van Uitnemendheid in Biomediese Tuberkulose-Navorsing.


As 'n TB-navorser, weifel ek tussen stomme bewondering vir, en ongelooflike frustrasie met die bakterieë wat TB, Mycobacterium tuberculosis, veroorsaak. Terwyl daar 'n arsenaal van effektiewe anti- TB-middels beskikbaar is, is die middelweerstandige stamme van M. tuberculosis steeds algemeen, met die voorkoms in Suid-Afrika wat kommerwekkende hoogtes bereik. Daar is na raming elke jaar meer as 13 000 gevalle van multi- middelweerstandige TB (MDR- TB), met weerstand teen ten minste twee belangrike eerste-linie TB-middels. In die ergste moontlike scenario, kon stamme weerstand bied teen tot 10 verskillende TB-teenmiddels, wat dit baie moeilik maak om pasiënte wat met hierdie stamme besmet is te behandel, en onsuksesvolle behandeling is algemeen. Sommige navorsers het voorgestel dat die uitdrukking totale middelweerstandige (TDR) gebruik word om sulke stamme te beskryf, maar hierdie etiket is omstrede en organisasies soos die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ontmoedig die gebruik daarvan, deels om te vermy dat hierdie pasiënte beskou word as verlore gevalle. Dit is kommerwekkend dat werk deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch en elders gedemonstreer het dat uitgebreide oordrag van middelweerstandige M. tuberculosis-stamme plaasvind, wat dui op mislukkings in die behandelingsprogram.

Na dekades van intensiewe TB-navorsing, is daar nuwe hoop - verskeie nuwe en her-toegepaste middels ondergaan tans kliniese toetse, baie hier in Suid-Afrika, met belowende resultate. Maar daar is nog baie uitdagings wat aangespreek moet word. Een van die grootste struikelblokke is die toeganklikheid van hierdie nuwe middels. Belowende kandidate is dikwels te duur, of nog nie goedgekeur vir algemene gebruik nie. Daar is belangrike lesse om te leer vanuit die MIV-veld, veral in die area van aktivisme oor die behandeling. Dit is bemoedigend dat aktivis-organisasies soos TB Proof en die Treatment Action Campaign veld wen in die beroep op universele toegang tot nuwe en doeltreffende TB-intervensies. Maar, as wetenskaplikes en burgers, het ons ook 'n verantwoordelikheid om die moeilike vrae te vra en die bewusmaking van beter TB-behandeling vir almal te bevorder.

Die enorme kompleksiteit van TB verg ʼn kreatiewe en geïntegreerde benadering. As ons kyk na die dodelike sinergie met MIV, is dit duidelik dat ons nie die TB-epidemie in isolasie kan beskou nie. Daar is toenemende druk om TB- en MIV-sorg te integreer, die pasiënt te behandel, eerder as om twee afsonderlike siektes te behandel. Die voordele van so 'n benadering is gedemonstreer deur ʼn studie, gesteun deur Médecins Sans Frontières - in die Ubuntu-kliniek in Khayelitsha, 'n digbevolkte stedelike gebied aan die buitewyke van Kaapstad. Onlangs het die Centre for the AIDS Programme of Research in South Africa (CAPRISA) resultate van die sogenaamde SAPiT-studie gepubliseer, waarmee hulle die waarde van gesamentlike koördinasie van antiretrovirus- en TB-behandeling, veral in MDR-TB-pasiënte, gedemonstreer het. Laasgenoemde studie beklemtoon die belangrikheid van die impak van antiretrovirus-behandeling op die nuwe TB-middels en omgekeerd.

Die voorbeelde hierbo beklemtoon die wêreldklas gehalte van TB navorsing wat in Suid-Afrika onderneem word, baie van dit sluit aan by die "werkbank-tot-bed" benadering. Om TB te beheer, is dit noodsaaklik dat basiese navorsing in sinergie met praktyke in die gesondheidsorgfasiliteite plaasvind. Daar is min plekke in die wêreld waar daar so 'n ryk bron bestaan om presies hierdie tipe tweesnydende TB-navorsing te doen, as in Suid-Afrika. Binne my eie instansie, die Universiteit Stellenbosch, werk ek in 'n span van die wêreld se voorste wetenskaplikes wat navorsing doen oor 'n wye verskeidenheid van TB-verwante vrae, wat strek oor dissiplines, insluitend gasheer-genetika, immunologie, bakteriologie en kliniese proewe van nuwe middels en diagnose. Die mikrokosmos van TB-navorsing bied baie geleenthede vir multi-dissiplinêre nasionale en internasionale samewerking, 'n hoeksteen van  suksesvolle TB-navorsing.

Die vermoë om wêreldklas TB-navorsing te doen hier in Suid-Afrika vereis volgehoue  ondersteuning vanaf die regering, en daar is bemoedigende tekens in hierdie verband. 'n Onlangse gesamentlike MNR-NIH befondsing oproep het beduidende belangstelling gelok, en die uitkomste van hierdie toekennings sal met belangstelling gevolg word. By die Universiteit Stellenbosch, in die Departement Biomediese Wetenskappe, is ons bevoorreg om drie SARChI (Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel Inisiatief) Navorsingsleerstoele te huisves wat fokus op verskillende aspekte van TB-navorsing. Dit verteenwoordig 'n aansienlike belegging deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Nasionale Navorsingstigting. Hierdie navorsingstoele fokus op gasheer-immunologie, bakteriële biologie en diere-TB. Dit verskaf ondersteuning aan 'n reeds uitstaande TB-navorsingsomgewing, met die hoop dat nuwe kennis wat verwerk word sal bydra tot pogings om TB te bestry. As 'n navorser aan die begin van my onafhanklike loopbaan, is ek opgewonde dat ek die geleentheid gegun is om een van hierdie leerstoele te hou. Terwyl ek voordeel getrek het uit die ondervinding om te werk in die wêreld se voorste TB-laboratoriums in die VSA en die Verenigde Koninkryk, is ek opgewonde en terselfdertyd nederig oor die geleentheid om terug te keer na Suid-Afrika ná 12 jaar om TB-navorsing te doen. Dit is 'n voorreg en 'n verantwoordelikheid om hierdie tipe navorsing in Suid-Afrika te doen, TB is nie 'n abstrakte of akademiese konsep hier nie - terwyl daar groot uitdagings is, moet ons aangespoor bly deur die harde werklikheid van die menslike lyding wat veroorsaak word deur die siekte.

          

 

Inhoud inhoud 16

Nuwe platform bevorder chirurgiese kundigheid onder studente

By die amptelike bekendstelling was Elene Stais, Reza Roos, Sam Surdut, Jeremy Swanepoel en Ludo van Hillegondsberg.

Die Universiteit Stellenbosch Chirurgiese Vereniging (SUSS) is in Februarie vanjaar van stapel gestuur by die Tygerberg-kampus.

Hierdie genootskap, wat gestig was en gedryf word deur mediese studente, poog om belangstelling in die veld van chirurgie aan te wakker en studente se chirurgiese kundigheid te verbeter.

Die vereniging was oorspronklik dr Nabeela Adam se idee – sy was destyds ‘n finalejaar student en het intussen gegradueer – wat die projek aan jonger studente (Eleni Stais, Jeremi Swannepoel en Ludo van Hillegondsberg) oorhandig het toe sy die kampus verlaat het. Dié drietal het kragte saam gespan met nog twee studente, Samuel Surdut en Reza Roos, en het met die hulp van ‘n borgskap van Sanlam die vereniging op die been gebring.

Die amptelike opening was op 18 Februarie en Prof James Loock, hoof van die Afdeling Oor-, Neus- en Keelheelkunde het ‘n praatjie getiteld, “Wat maak ‘n goeie chirurg?” gelewer, wat baie aanklank by studente gevind het.


Q: Nuwe studente-navorsingsvereniging verryk kampus

Koot Kotze, prof Jimmy Volmink, Dekaan FGGW, drr Llewelyn Rapuling, Jonas Bovijn, proff Wim de Villiers, Dekaan, FGW UK, Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing en Alicia Roos.

Die Tygerberg-kampus se voorgraadse navorsingsvereniging, genaamd Q, is op 18 Maart 2014 amptelik van stapel gestuur. Baie personeellede en studente het die geleentheid bygewoon, en profs Jimmy Volmink en Wim de Villiers (dekane van die SUFGGW en die Universiteit Kaapstad se Fakulteit Gesondheidswetenskappe) het hul eie ervarings met navorsing en ‘n paar woorde van wysheid met die gehoor gedeel.

Q is die eerste voorgraadse navorsingsvereniging op die Tygerberg-kampus en het groot planne vir die toekoms. “Ons poog om die navorsingservaring van voorgraadse studente te verbeter,” sê dr Jonas Bovijn op die vereniging se amptelike webwerf. Bovijn, wat tans ‘n mediese intern by die Tygerberg-hospitaal is en ook in 2013 die Universiteit Stellenbosch se Dekaansmedalje ontvang het, het in 2012 begin om die vereniging aanmekaar te sit.

Hierdie inisiatief het baie ondersteuning van die fakulteit ontvang, en gedurende die afgelope paar maande het Q ‘n aansienlike databasis van personeellede gewerf wat bereid is om studente te lei deur hulle eerste navorsingsprojekte, van navorsingsvoorstel tot publikasie. Deur middel van die webwerf gee die Q-komitee ook handige advies aan studente wat vir die eerste keer navorsing betree.

 

Nuwe platform bevorder chirurgiese kundigheid onder studente

By die amptelike bekendstelling was Elene Stais, Reza Roos, Sam Surdut, Jeremy Swanepoel en Ludo van Hillegondsberg.

Die Universiteit Stellenbosch Chirurgiese Vereniging (SUSS) is in Februarie vanjaar van stapel gestuur by die Tygerberg-kampus. Hierdie genootskap, wat gestig was en gedryf word deur mediese studente, poog om belangstelling in die veld van chirurgie aan te wakker en studente se chirurgiese kundigheid te verbeter.

Die vereniging was oorspronklik dr Nabeela Adam se idee – sy was destyds ‘n finalejaar student en het intussen gegradueer – wat die projek aan jonger studente (Eleni Stais, Jeremi Swannepoel en Ludo van Hillegondsberg) oorhandig het toe sy die kampus verlaat het. Dié drietal het kragte saam gespan met nog twee studente, Samuel Surdut en Reza Roos, en het met die hulp van ‘n borgskap van Sanlam die vereniging op die been gebring.

Die amptelike opening was op 18 Februarie en prof James Loock, hoof van die Afdeling Oor-, Neus- en Keelheelkunde het ‘n praatjie getiteld, “Wat maak ‘n goeie chirurg?” gelewer, wat baie aanklank by studente gevind het.

Die vereniging se visie is om ‘n platform te skep waar die voorste kundiges hul kennis en ondervinding met studente kan deel deur praatjies te gee oor nuwe en insiggewende chirurgiese onderwerpe. Prof Andre van der Merwe van die Afdeling Urologie, het die eerste chirurgiese praatjie op 19 Maart gelewer, getiteld: “Nieroorplantings en ander laparoskopiese prosedures in ontwikkelende lande”.

Die vereniging beplan ook werkswinkels waar studente hul chirurgiese kundigheid kan verbeter en meer leer van spesifieke chirurgiese prosedures. Hulle beplan om anatomiese werkswinkels aan te bied waar chirurge ‘n prosedure sal demonstreer, asook kundigheidswerkswinkels waar basiese chirurgiese tegnieke geleer en geoefen sal word.

SUSS sal ook Universiteit Stellenbosch verteenwoordig op die Suidelike Afrika Studente Chirurgiese Vereniging (SASSS) en die Internasionale Genootskap van Studente Chirurgiese Verenigings (IASSS).

Deur: Ludo van Hillegondsberg

 

Q: Nuwe studente-navorsingsvereniging verryk kampus

Koot Kotze, prof Jimmy Volmink, Dekaan FGGW, drr Llewelyn Rapuling, Jonas Bovijn, proff Wim de Villiers, Dekaan, FGW UK,
Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing en Alicia Roos.

Die Tygerberg-kampus se voorgraadse navorsingsvereniging, genaamd Q, is op 18 Maart 2014 amptelik van stapel gestuur. Baie personeellede en studente het die geleentheid bygewoon, en proff Jimmy Volmink en Wim de Villiers (dekane van die SUFGGW en die Universiteit Kaapstad se Fakulteit Gesondheidswetenskappe) het hul eie ervarings met navorsing en ‘n paar woorde van wysheid met die gehoor gedeel.

Q is die eerste voorgraadse navorsingsvereniging op die Tygerberg-kampus en het groot planne vir die toekoms. “Ons poog om die navorsingservaring van voorgraadse studente te verbeter,” sê dr Jonas Bovijn op die vereniging se amptelike webwerf. Bovijn, wat tans ‘n mediese intern by die Tygerberg-hospitaal is en ook in 2013 die Universiteit Stellenbosch se Dekaansmedalje ontvang het, het in 2012 begin om die vereniging aanmekaar te sit.

Hierdie inisiatief het baie ondersteuning van die fakulteit ontvang, en gedurende die afgelope paar maande het Q ‘n aansienlike databasis van personeellede gewerf wat bereid is om studente te lei deur hulle eerste navorsingsprojekte, van navorsingsvoorstel tot publikasie. Deur middel van die webwerf gee die Q-komitee ook handige advies aan studente wat vir die eerste keer navorsing betree.

By die bekendstelling het prof Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing, gesê: “Ons wil voorgraadse studente-navorsing bevorder, ontwikkel en beloon met die uiteindelike doel om hul voorgraadse opvoeding te versterk, en die retensie van mediese- en gesondheidswetenskaplikes in ons land te verhoog. Deur voorgraadse studente by die universiteit se navorsingskultuur te integreer berei ons hulle voor op ‘n loopbaan in akademie en navorsing, en sodoende ondersteun en bevorder ons die mediese navorsingskapasiteit in Suid-Afrika en die Afrika-vasteland.”

Professor Wim de Villiers het vertel van die lewe van ‘n navorser, die uitdagings van ‘n klinikus-wetenskaplike, en het klem gelê op die belangrikheid daarvan om in ‘n multidissiplinêre span te werk. Hy het ook ‘n lus vir navorsing aangewakker by gaste deur die 10 raaisels wat navorsers laat kopkrap in sy belangstellingsveld, ontsteekte dermsiekte, te bespreek.

Die dekaan het ook sy steun vir die voorgraadse navorsingsvereniging  uitgespreek.

“Voorgraadse navorsing bevoordeel studente op verskeie maniere,” het Volmink gesê. “Dit stimuleer kritiese denke, studente ontwikkel vroeg al die nodige bekwaamheid om navorsing te doen en wetenskaplike navorsing te kommunikeer, dit verhoog die waarskynlikheid van nagraadse studie en bevorder hulle loopbaan vooruitsigte. Dit bevoordeel ook die universiteit deur die skepping van nuwe perspektiewe en vrae wat konvensionele denke bevraagteken.”

“Dankie vir julle aandeel in die verryking van ons kampus, en wees verseker van die voordurende ondersteuning van die fakulteit. Mag Q van krag tot krag gaan in komende jare,” het Volmink gesê.

Vir meer inligting oor Q—Die Tygerberg Voorgraadse Navorsingsvereniging, besoek die webwerf by: www.sun.ac.za/q of stuur ‘n e-pos aan: qtygerberg@gmail.com

Deur: Koot Kotze

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Inhoud inhoud 17

Hoogtepunte van die April Gradeplegtighede

 
Die Universiteit Stellenbosch se gradeplegtigheidsweek van April 2014 was weereens gepak met prestasies deur studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

Tydens die doktorale gradeplegtigheid seremonies wat vanjaar vir die eerste maal in die Endler-saal as twee aparte sessies gehou is, het die FGGW nie minder as 21 uit die 123 kandidate, opgelewer. Hiervan was vyf in Psigiatrie, vier in Molekulêre Biologie, drie in Menslike Genetika en in Mediese Fisiologie, twee in Menslike Voeding en een elk in Mediese Biochemie, Huisartskunde, Chemiese Patologie en Interne Geneeskunde.

Die graad, DSc, is aan prof Andre Coetzee, hoof van die Departement van Anestesiologie, toegeken. Hy is die vyfde persoon in die fakulteit wat hierdie prestasie behaal het. Wat hierdie geleentheid selfs nog meer besonders gemaak het, is dat sy dogter, Carien, haar PhD in wynkundenavorsing op Sauvignon Blanc wyn van die Fakulteit Agriwetenskap verwerf het. Kliek hier om die volledige artikel te lees.

Tygens die Vrydag se gradeplegtigheid, gedeel met Onderwys-, Regs- en Militêre studente, het 209 studente van die FGGW kwalifikasies ontvang, insluitend 109 nagraadse diplomas en 86 Meestersgrade.

Tydens hierdie geleentheid, is die graad Doktor in Wysbegeerte (PhD), honoris causa, toegeken aan dr Hertzog, as visioenêre Suid-Afrikaanse medikus en sakeman, vir sy waardevolle en volgehoue bydrae tot die bestendiging en verhoging in die gehalte van gesondheidsorg in Suid-Afrika en in die buiteland, en as uitsonderlike leier en weldoener vir sy ondersteuning aan die Universiteit. Dr Hertzog is 'n jarelange vriend van die Fakulteit, waar hy 'n beduidende belangstelling in Ukwanda het, asook van die Universiteit, as alumnus en lid van die US Raad vanaf 1998 - 2004, waar hy ook as voorsitter gedien het. Kliek hier om die video te kyk

In pas met die fakulteit se etos van uitnemendheid, het Prof Nico Gey van Pittius, Visedekaan, Navorsing, 'n MBA - sy sewende graad - tydens die Dinsdagseremonie ontvang.  Hy het sy PhD in 2002 voltooi, waarna hy 'n post-doktorale genoot in die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika geword het.  Hy was deel van die afdeling se navorsingspan wie se werk gelei het tot die daarstelling van die DWT / NNS se Sentrum van Biomediese Tuberkulose Navorsing by die US. Sy ander grade sluit in BSc, Honns BSc, MSc (PU), PhD (Stell), LLB (UNISA), LLM (Stell), M.ASSAf, M.Akad.SA.
 

 

Prof Andre Coetzee en sy dogter, Carien

 

 

Prof Nico Gey van Pittius het sy sewende graad ontvang.

MB,ChB studente by die Eedafleggingseremonie saam met prof Jimmy Volmink, dekaan heel links en prof Marietjie de Villiers, visedekaan: Onderrig, agter hom en regs heel agter, prof Ben van Heerden, program direkteur MB,ChB.

Biomediese Wetenskap en Molekulêre Biologie het 'n totaal van agt PhD-studente gelewer. Hulle is (vlnr) drr Anzaan Dippenaar, Jomien Mouton, Stefanie Malan-Muller, Luba Macingwana, Muneeb Salie, Carin de Villiers, Paula Hedley en Nikki le Roex.

PhD graduandi saam met prof Soraya Seedat, Hoof van Psigiatrie en prof Cudore Snell, Universiteit van North Carolina, was van links drr Luba Macingwana, Alitha Pithey, Stefanie Malan-Muller en Akin Ojagbemi.

 

Inhoud inhoud 18

Kardioloog pak Epic vir ‘n goeie doel

Dr Hellmuth Weich en Mannie Heymans
Oor die wenstreep, doodmoeg en dood gelukkig!

‘n Tygerberg hartspesialis het kragte saam met ‘n professionele fietsryer gespan en die ABSA Cape Epic-bergfietsren aangepak om geld in te samel vir SUNheart – ‘n nie-winsgewende-organisasie wat ten doel het om voorheen-benadeelde Suid-Afrikaners toegang te gee tot gevorderde kardiologiese mediese sorg en ’n uitnemende kardiologiese opleidingsentrum te ontwikkel.

Met ‘n behulp van ‘n Mediclinic borgskap het dr Hellmuth Weich, ‘n kardioloog by Tygerberg-hospitaal, en Mannie Heymans, 'n kampioenfietsryer wat onder andere al die Epic gewen het, hierdie moordende 800km-bergfietsren aangepak.

“Die Epic is die mees gepaste naam vir enige sportgebeurtenis waaraan ek kan dink: die mense oorsee slaan vuis om inskrywings te kry, omrede dit loshande die belangrikste skof-wedren op die internasionale bergfiets kalender is. Die organisering daarvan is iets waarop alle suid Afrikaners trots kan wees en om deel te neem is iets wat lankal op my ‘bucket list’ was. Om dit saam met ‘n legende soos Mannie te kon doen (al het hy besluit om op n sneeufiets te ry wat hom heelwat teruggehou het), het dit net soveel meer spesiaal gemaak. Ons was weens meganiese probleme nie juis in staat om kompeterend te wees nie, maar kon darem SUNheart baie effektief bemark en ook geld insamel.” het Weich na die wedren gesê.

Weich het twee passies: fietsry en die versorging van pasiënte met hartprobleme. Deelname aan die Epic is ’n geleentheid om dié passies te kombineer en daardeur te kan fondse insamel vir pasiënte met hartsiektes, terwyl bewustheid van hartsiektes en –pasiënte verhoog word.

“Ons het ’n groot gaping geïdentifiseer tussen ons visie van hoëvlaksorg, navorsing en opleiding in hartsiektes en ons fasiliteite en begrotingbeperkings. Die hart-eenheid het ’n lang geskiedenis vandat ons nie wag vir dinge om vir ons te gebeur nie, maar dat ons eerder ons doelwitte aktief navolg ten spyte van baie beperkte hulpbronne. Ons het oor die jare fondse buite ons begroting ingesamel om twee nuwe kardiale kateterisasieteaters te finansier, sowel as verskeie hart-ultraklankmasjiene en selfs opleidingsposte vir dokters,” sê dr Weich.

Mediclinic het die span se pogings ondersteun deur die inskrywingsgeld en fietsrydrag en -bykomstighede vir die tweetal te voorsien, en het ook sedert die ontstaan van die Cape Epic, 11 jaar gelede, die mediese steun vir die wedren verskaf.

“Ons glo in ’n progressiewe benadering tot die lewer van koste-effektiewe gesondheidsorg aan ’n breër deursnee Suid-Afrikaners. Ons ondersoek ook deurentyd maniere waarop ons ons steun vir opleiding kan uitbrei, deur vennootskap met die regering om dokters op te lei en hierdeur by te dra tot verskeie akademiese instellings,” sê dr Biren Valodia, Hoofbemarkingsbeampte, Mediclinic Suid-Afrika.

“SUNheart se oogmerke sluit goed aan by dié van Mediclinic. Ons het ook ’n lang verbintenis met dr Weich en ondersteun die baanbrekerswerk wat hy in sy veld doen, ten volle. Ons is trots op ons vennootskap met sy span in die Epic,” verduidelik dr Valodia.

Om meer oor SUNheart uit te vind, besoek www.sun.ac.za/sunheart.

Fotos: Sportograf