Inhoud inhoud-1 2
 
Lae-koolhidraatdiëte lei tot soortgelyke gewigsverlies as aanbevole gebalanseerde diëte

Bevindings in teenstelling met aansprake dat lae-koolhidraatdiëte tot meer gewigsverlies lei

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch het bevind dat lae-koolhidraatdiëte tot soortgelyke gewigsverlies lei wanneer dit met aanbevole gebalanseerde diëte vergelyk word.

Die navorsingstudie, gepubliseer in die aanlyn-joernaal PLOS ONE, het die resultate van 19 kliniese proewe wat aan spesifieke kriteria voldoen saam geanaliseer. Gewigsverlies en risikofaktore vir hartsiektes, soos bloedcholesterolvlakke, is gemeet. Die studie het 3,209 oorgewig en vetsugtige deelnemers, waarvan sommige aan suikersiekte ly, ingesluit.

"Hierdie stelselmatige oorsig het bevind dat wanneer mense wat lae-koolhidraatdiëte soortgelyke hoeveelhede energie inneem as diegene wat gebalanseerde diëte volg, daar geen verskil is in gewigsverlies in mense met en sonder suikersiekte oor drie tot ses maande en na een tot twee jaar nie," het die hoofnavorser, dr Celeste Naudé van die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch, gesê.

Lae-koolhidraatdiëte verminder energie-inname (kilojule-inname) deurdat styselryke kosse (soos hawer, brood, rys, aartappels, boontjies en lensies), sekere groente (soos botterskorsie en wortels) en die meeste vrugte vermy word. Mense wat hierdie diëte volg word aanbeveel om óf soveel vet (veral vet afkomstig van dierprodukte) te eet as wat hulle wil, óf soveel proteïene as wat hulle wil, of beide. Wanneer mense ekstreme vorme van hierdie diëte volg, kan tot 80% van hulle energie-inname uit slegs vet bestaan. Dit is bekend dat die inname van groot hoeveelhede vet en proteïene daartoe lei dat mense minder honger word, wat weer gevolglik lei tot 'n verlaagde kosinname en dus 'n laer energie-inname.

Gewigsverlies met gebalanseerde diëte vind ook plaas deur energie-inname te verminder, maar in teenstelling met lae-koolhidraatdiëte word dit bewerkstellig deur gesonde koskeuses en kleiner porsies terwyl die inname van koolhidrate, proteïene en vet binne die aanbevole spektrum gehou word. 'n Gebalanseerde dieet sluit baie groente en vrugte in, en daar word klem gelê op die inname van onverfynde koolhidrate (soos gort, bruinrys, volgrane, patat en boontjies), vette wat in plante en vis gevind word (eerder as vet afkomstig van dierprodukte), sowel as maer proteïene (soos maer vleis, vis, seekos, pluimvee en laer vet suiwelprodukte). Lang omvattende studies het getoon dat hierdie tipe dieetpatroon sorg dat mense aan hul voedingstofvereistes kan voldoen, en dat dit die risiko vir chroniese leefstylsiektes verminder.

"Gewigsverlies kom voor, ongeag van of die dieet lae-koolhidraat of gebalanseerd is. Binne 'n opvolgtydperk van tot en met twee jaar is daar ook min of geen verskil tussen die diëte in terme van gewigsverlies en die risikofaktore vir hartsiektes en suikersiekte nie," het prof Jimmy Volmink, mede-outeur en dekaan van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gesê. 2

Dr Vash Mungal-Singh, uitvoerende hoof van die Hart- en Beroertestigting Suid-Afrika, het gesê: "Hierdie studie bewys dit is 'n wanpersepsie dat lae-koolhidraatdiëte meer doeltreffend vir gewigsverlies is. Dit is belangrik om te let dat hartsiektes en beroertes ontwikkel na baie jare van blootstelling aan ongesonde diëte en ander risikofaktore soos rook, vetsug, oormatige alkoholinname en te min oefening. Die langste opvolgtydperk van hierdie studies is twee jaar wat te kort is om voldoende inligting oor die langtermynrisiko's verbonde lae-koolhidraatdiëte te verskaf."

Die volle studie is beskikbaar by PLOS ONE
'n Opsomming is beskibaar by CEBHC.

Inhoud inhoud-1 3

Navorsers vind voorvaderlike skakel na Parkinson se siekte

Prof Jonathan Carr

Die studie, 'n samewerking tussen prof Gerhard Geldenhuys van die Afdeling Toegepaste Wiskunde aan die Fakulteit Natuurwetenskappe, en die afdelings van Molekulêre Biologie en Mensgenetika, en Neurologie aan die Fakulteit, het Parkinson se siekte in 12 Afrikaanse families teruggespoor na 'n spesifieke egpaar van Nederlandse en Duitse afkoms, wat in 1600 in die Kaap gevestig het.

Ander siektes, soos Huntington se siekte en skisofrenie, is voorheen verbind aan spesifieke Afrikaner geslagsregisters, maar dit is die eerste keer dat Parkinson se siekte aan hierdie groep gekoppel is.

Gekombineerde behandeling verbeter kanse vir ophou rook

Prof Elvis Irusen

Die kombinering van die middel varenicline (handelsmerk in Suid-Afrika as Chantix) met nikotienvervangingsterapie, het beter resultate bereik by mense wat vir ses maande opgehou rook het, as deur net varenicline alleen te gebruik, luidens ʼn studie deur US-navorsers wat in die 9 Julie uitgawe van die Journal of the American Medical Association (JAMA) gepubliseer is.

Daar is bewyse dat die kombinasie van gedragsbenaderings en farmakoterapie voordelig is om rokers te help om te staak.  Die kombinasie van nikotien-vervangingsterapie (NVT) met varenicline is 'n voorgestelde behandeling om rook-onthouding te verbeter, maar volgens agtergrond inligting in die artikel, is die doeltreffendheid daarvan onseker.

Studente onderhandel vir veilige werksure

Skofte vir jong dokters kan tot 36 uur duur.

Mediese studente aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidwetekenskappe is deel van ‘n groep interns en dokters wat hulle gemeenskapsdiensjaar doen wat ‘n versoekskrif aan die minister van gesondheid gerig het. In die versoekskrif vra die ondertekenaars onder meer dat die werksure van junior dokters verminder word sodat hulle nie meer tot 36 uur op ‘n slag werk nie.

“Suid-Afrikaanse interns en dokters, wat hulle gemeenskapsdiensjaar doen, werk aaneenlopende skofte wat oor die algemeen 28 uur duur, maar dit kan soms tot 36 uur wees, met min of geen ruskans. Dit lei tot ‘n toename in mediese foute wat skadelik vir pasiënte kan wees,” lui die versoekskrif van die Veilige Werksure-veldtog.

Navorsers vind voorvaderlike skakel na Parkinson se siekte

Prof Jonathan Carr

Die studie, 'n samewerking tussen prof Gerhard Geldenhuys van die Afdeling Toegepaste Wiskunde aan die Fakulteit Natuurwetenskappe, en die afdelings van Molekulêre Biologie en Mensgenetika, en Neurologie aan die Fakulteit, het Parkinson se siekte in 12 Afrikaanse families teruggespoor na 'n spesifieke egpaar van Nederlandse en Duitse afkoms, wat in 1600 in die Kaap gevestig het.

Ander siektes, soos Huntington se siekte en skisofrenie, is voorheen verbind aan spesifieke Afrikaner geslagsregisters, maar dit is die eerste keer dat Parkinson se siekte aan hierdie groep gekoppel is.

Afrikanerpasiënte, wat  ongeveer 'n derde van die 192 Parkinson-deelnemers in die studie (geïnisieer in 2009) uitmaak, is gekies vir verdere genealogiese ontleding op die basis van 'n jong ouderdom (onder 60 jaar) by aanvang van Parkinson se siekte, aangesien dit dikwels die aanwyser is dat 'n genetiese komponent die oorsaak van Parkinson se siekte is. Hierdie families is ook gekenmerk deur twee of meer gesinslede met Parkinson se siekte.

Teen die begin van 2013, is 48 Afrikaner-families ondersoek, en in die meeste gevalle kon die voorvaders teruggevoer word vir ten minste agt geslagte.

Nadat geslagsregisters gebou is, het dit uit ‘n gedetailleerde studie van die eerste 12 families geblyk dat al die families gekoppel is aan 'n enkele voorvaderlike paartjie. Die egpaar is in 1668 in Suid-Afrika getroud. Die man is oorspronklik uit Nederland en sy vrou uit Duitsland.

In 40 van die Parkinson se probande, kan ten minste een lyn van afkoms gekoppel word aan die voorvaderlike egpaar - wat dui daarop dat daar sterk bewyse is dat die egpaar die stigters of oorsprong van die siekte in Suid-Afrika kon wees.

Die oorblywende agt families was nie in staat om inligting te verskaf om hulle afkoms verder terug te spoor as meer as drie of vier geslagte nie. In 40 gesinne was daar twee of meer gesinslede met Parkinson se siekte.

Volgens een van die studie se outeurs, prof Jonathan Carr, hoof van die Afdeling Neurologie, sal Afrikaners versigtig met 'n akkurate biomerkers, wat tans vir die identifisering van die vroeë Parkinson ontwikkel word, beoordeel moet word. Hopelik, wanneer effektiewe behandelings beskikbaar is, sal diegene met ‘n risiko om die siekte te ontwikkel, prioriteit geniet.

Gekombineerde behandeling verbeter kanse vir ophou rook

Prof Elvis Irusen

Die kombinering van die middel varenicline (handelsmerk in Suid-Afrika as Chantix) met nikotienvervangingsterapie, het beter resultate bereik by mense wat vir ses maande opgehou rook het, as deur net varenicline alleen te gebruik, luidens ʼn studie deur US-navorsers wat in die 9 Julie uitgawe van die Journal of the American Medical Association (JAMA) gepubliseer is.

Daar is bewyse dat die kombinasie van gedragsbenaderings en farmakoterapie voordelig is om rokers te help om te staak.  Die kombinasie van nikotien-vervangingsterapie (NVT) met varenicline is 'n voorgestelde behandeling om rook-onthouding te verbeter, maar volgens agtergrond inligting in die artikel, is die doeltreffendheid daarvan onseker.

Dr Coenraad Koegelenberg, prof Elvis Irusen en kollegas by die fakulteit se Afdeling Pulmonologie, het 446 rokers met ʼn goeie algemene gesondheid, lukraak met ‘n nikotien- of placebo-plakker behandel oor ʼn tyderperk van twee weke voor ʼn teiken-afsnydatum (TAS) waarna die behandeling voortgesit is vir ʼn tydperk van twaalf weke.  Varenicline is ʼn week voor TAS begin, voortgesit vir ʼn verdere twaalf weke en geleidelik verminder in die dertiende week. Die studie is in sewe sentra in Suid-Afrika vanaf April 2011 tot Oktober 2012 uitgevoer; 435 deelnemers is in die effektiwiteits- en veiligheidsontleding ingesluit.

Die navorsers het bevind dat die deelnemers, wat aktiewe NVT en varenicline ontvang het, meer geneig was om hulself deurlopend van rook te onthou (bevestig deur uitgeasemde koolstofmonoksied-metings) op 12 weke (55,4 persent teenoor 40,9 persent) en 24 weke (49,0 persent teenoor 32,6 persent) en punt voorkoms-onthouding ('n maatstaf van onthouding gebaseer op gedrag op 'n bepaalde punt gedurende die tydperk) op ses maande (65,1 persent teenoor 46,7 persent) as dié wat placebo NVT en varenicline ontvang het.

In die kombinasie behandelingsgroep, is daar meer naarheid, slaapversteuring, velreaksies, hardlywigheid en depressie aangemeld, waarvan net velreaksies statistiese betekenis bereik het (14,4 persent teenoor 7,8 persent); terwyl die groep wat slegs varenicline ontvang het, meer abnormale drome en hoofpyn ervaar het.

"In hierdie studie, tot ons kennis een van die grootste studies tot op datum wat die effektiwiteit en veiligheid van aanvullende varenicline-behandeling met NVT ondersoek het, het ons gevind dat die kombinasiebehandeling verband hou met 'n statisties beduidende en klinies belangrike hoër deurlopende onthoudingskoers op 12 en 24 weke, asook 'n hoër punt voorkoms onthoudingskoers op ses maande, " het die outeurs geskryf.

Hulle het bygevoeg dat verdere studies nodig is om langtermyn-effektiwiteit en -veiligheid te evalueer.

Studente onderhandel vir veilige werksure

Mediese studente aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidwetekenskappe is deel van ‘n groep interns en dokters wat hulle gemeenskapsdiensjaar doen wat ‘n versoekskrif aan die minister van gesondheid gerig het. In die versoekskrif vra die ondertekenaars onder meer dat die werksure van junior dokters verminder word sodat hulle nie meer tot 36 uur op ‘n slag werk nie.

“Suid-Afrikaanse interns en dokters, wat hulle gemeenskapsdiensjaar doen, werk aaneenlopende skofte wat oor die algemeen 28 uur duur, maar dit kan soms tot 36 uur kan wees, met min of geen ruskans. Dit lei tot ‘n toename in mediese foute wat skadelik vir pasiënte kan wees,” lui die versoekskrif van die Veilige Werksure-veldtog.

Navorsing toon dat wanneer iemand vir meer as 24 uur wakker is, hulle kognitiewe psigomotoriese werkverrigting afneem tot ‘n vlak soortgelyk aan die van iemand wie se bloedalkoholvlak twee keer soveel as die wetlike beperking is.

Die groep voer aan dat dokters wat oormoeg is ‘n gevaar vir hulself en hulle pasiënte is. “Daar is streng reëls oor die werksure in beroepe soos die lugvaartbedryf en kommersiële bestuurders om seker te maak reisigers is veilig. Dieselfde veiligheidstandaarde behoort op die mediese beroep van toepassing te wees.”

Die groep doen ‘n beroep op Minister Aaron Motsoaledi om die maksimum skoflengte van junior dokters tot 24 uur te beperk, en om stappe te neem om die praktyk waar interns oortyd-ure werk wat nie in hulle kontrakte gestipuleer word nie, te beëindig.

Die ondertekenaars van die versoekskrif het bygevoeg: “Ons besef dat Suid-Afrika ‘n kritiese tekort aan gesondheidsorgwerkers het, maar ons bevraagteken die manier waarop die gesondheidstelsel dié tekort hanteer. Die omstandighede van interns wissel van leerling aan die een kant tot kwesbare werknemer aan die ander kant, aangesien dit gerieflik is vir die hospitaaladministrasie en die departement van gesondheid.

“Die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch lei met trots graduandi op wat kampvegters is vir goeie gesondheidsorg, en hierdie veldtog is ‘n direkte gevolg van ons opleiding. Die bewyse is baie duidelik – werkskofte van meer as 24 uur lei tot swakker perstasie en ‘n toename in foute. Sekere instellings het roosters ingestel wat beteken dat dokters wat op roep is korter skofte op ‘n meer gereelde basis werk en dit het gelei tot ‘n beter benutting van personeel se werksure en veiliger toestande vir pasiënte. Ons aanvaar daar is te min dokters, maar na ons mening werk die huidige stelsel nie en moet dit ernstig herondersoek word.

“Die Veilige Werksure-veldtog is ‘n pleidooi om die konsep van aaneenlopende skofwerk, wat in soveel van ons gesondheidsorgstelsels toegepas word, te hersien. Ons wil lede van die publiek bewus maak dat hierdie praktyk lynreg in stryd is met dit wat in navorsing bewys is en indruis teen pasiënte se regte ten opsigte van ‘n veilige omgewing.”

Die versoekskrif is aanlyn beskikbaar by http://tiny.cc/safeworkinghours
Die groep se Facebookblad is by https://www.facebook.com/SafeWorkingHours
Tree in verbinding met die groep by safejuniordoctors@gmail.com

Deur: Wilma Stassen en Koot Kotze

Inhoud inhoud-1 4

Viering van ons Afrika-voetspoor

Deelnemers aan die seminaar oor die fakulteit se akademiese voetspoor.  Van links; me Chernelle Lambert, dr Christoff Pauw, proff Usuf Chikte, Charles Wiysonge, John Akudugu, Anita Van der Merwe, dr Fidele Mukinda en me Folasade Adeniyi.

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het onlangs sy betrokkendheid in Afrika gevier deur van sy samewerkingsinisiatiewe met ander instellings op ons kontinent ten toon te stel. Deelnemers het ook tydens ‘n seminaar besprekings gevoer oor hoe die FGGW se akademiese  voetspoor op die kontinent verder versterk kan word.

Prof Charles Wiysonge het tydens sy aanbieding, getiteld Health research productivity in Africa since the UN Millennium Declaration in 2000 gesê Afrika, en in die besonder Afrika suid van die Sahara, vorder nie goed met die haal van die teikens van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte  nie. Dit is veral die geval met betrekking tot die gesondheidsverwante doelwitte ten opsigte van die vermindering van kindersterftes, die verbetering van moeders se gesondheid en die bestryding van MIV/Vigs, malaria en ander siektes, het Wiysonge gesê.

“Om die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte te bereik is dit broodnodig dat gesondheidsnavorsing van hoë gehalte beskikbaar is,” het Wiysonge, wie verbonde is aan die FGGW se Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg, gesê. Hy het aangevoer dat hoewel sistematiese hersienings van globale navorsing baie belangrik is om te help om Afrika se gesondheidsuitdagings aan te spreek, plaaslike navorsing ook nodig is om vas te stel wat gemeenskappe se waardes en behoeftes is en watter hulpbronne hulle tot hul beskikking het.

Eerste treë nader aan 'n Kankerregister vir Afrika

Verteenwoordigers van die deelnemende instansies by die Golden Tulip Hotel, Dar Es Salaam, waar die werkswinkel aangebied is.

Die Universiteit Stellenbosch het, in samewerking met die International Agency for Research on Cancer (IARC), African Cancer Registry Network (AFCRN) en African Organisation for Research and Training in Cancer (AORTIC), ‘n toegewyde kinderkanker registrasie werkswinkel in Dar Es Salaam, Tanzanië, gedurende April aangebied.  Die werkswinkel het die Société Internationale d'Oncologie Pédiatrique (SIOP) Afrika voorafgegaan.

Volgens die nuutste statistieke, sal een uit vyf mans en een uit ses vroue kanker ontwikkel voor die ouderdom van 75 jaar en een uit agt mans en een uit twaalf vroue sal van die siekte sterf.

Daar was 847,000 nuwe kankergevalle (6% van die wêreldtotaal) en 591,000 sterfgevalle (7.2% van die wêreldtotaal) die 54 Afrikalande in 2012.  Met die verwagting dat die aantal jaarlikse kankergevalle en sterftes met ten minste 70% sal toeneem teen 2030, is daar ‘n dringende behoefte om akkurate data te bekom.

Tussen 2001 en 2003 is net 0.77% van wêreldwye gesondheidsnavorsing in Afrika gedoen. Hoewel dié syfer op 0.93% gestaan het vir die tydperk van 2008 tot 2011 dra Afrika, wat deur groot gesondheidsorguitdagings in die gesig gestaar word, steeds bitter min by tot gesondheidsnavorsing.

Die bevindings van ‘n studie wat Wiysonge onlangs onderneem het, het getoon dat  navorsingsuitsette in Afrika ‘n verband toon met lande se bruto nasionale produk (BNP). “Lande wat ekonomies beter doen, is geneig om meer geld beskikbaar te stel vir navorsing, en hulle navorsers is geneig om meer produktief te wees,” het Wiysonge gesê. Navorsing deur prof Jean Nachega, direkteur van die FGGW se Sentrum vir Infeksiesiektes, dui daarop dat lande met meer gesondheidsopleidingsinstansies ook meer navorsingsuitsette het.

Wat interessant is is dat Engelssprekende Afrika-lande meer navorsing produseer as ander lande, en dat navorsingsbefondsing  van internasionale befondsers in Amerika en Europa tot ‘n groot mate verbind kan word met historiese koloniale bande.

Volgens Wiysonge is daar reeds beduidende navorsings- en ontwikkelingskapasiteit in dele van Afrika, veral in Suid-Afrika, Nigerië en Kenia. Meeste van die navorsingsamewerking in dié lande is egter met instellings in Amerika en Europa, eerder as Afrika.

“Dit beklemtoon hoe waardevol dit is om samewerking regoor Afrika te verbeter. Dit is belangrik dat ons ons eie deskundigheid verbreed en dit as ‘n hefboom gebruik om ons eie kapasiteit te verbeter sodat ons nie die agenda van die Weste volg nie,” het Wiysonge gesê.

“Die Weste se bedoelings mag goed wees, maar die gesondheidsuitdagings waarvoor hulle oplossings soek is nie noodwendig die uitdagings waardeur ons hier in die gesig gestaar word nie.

“Ons het waardering vir die samewerking tussen die Noorde en die Suide, maar dit is nodig dat ons sinvolle bydraes kan lewer in die debat oor watter soort navorsing gedoen moet word. En dit moet gedoen word deur samewerking tussen navorsers in Suid-Afrika en ander instansies in Afrika te versterk,” het Wiysonge gesê.

Die doelwitte van die FGGW se fokus op sy Afrika-voetspoor is om gesprekvoering aan te moedig en samwerking tussen Afrika-instansies te bevorder en sodoende die FGGW te help met die bereiking van sy oogmerk om gesondheidsorg in Suid-Afrika, Afrika en regoor die wêreld te help verbeter.

Tydens die seminaar het dr Christoff Pauw, bestuurder van internasionale akademiese netwerke by die US se Nagraadse en Internasionale Kantoor, ook ‘n aanbieding gedoen oor die universiteit se strategiese verbintenisse in Afrika.

Deur: Wilma Stassen

Eerste treë nader aan 'n Kankerregister vir Afrika

Verteenwoordigers van die deelnemende instansies by die Golden Tulip Hotel, Dar Es Salaam, waar die werkswinkel aangebied is.

Die Universiteit Stellenbosch het, in samewerking met die International Agency for Research on Cancer (IARC), African Cancer Registry Network (AFCRN) en African Organisation for Research and Training in Cancer (AORTIC), ‘n toegewyde kinderkanker registrasie werkswinkel in Dar Es Salaam, Tanzanië, gedurende April aangebied.  Die werkswinkel het die Société Internationale d'Oncologie Pédiatrique (SIOP) Afrika voorafgegaan.

Volgens die nuutste statistieke, sal een uit vyf mans en een uit ses vroue kanker ontwikkel voor die ouderdom van 75 jaar en een uit agt mans en een uit twaalf vroue sal van die siekte sterf.

Daar was 847,000 nuwe kankergevalle (6% van die wêreldtotaal) en 591,000 sterfgevalle (7.2% van die wêreldtotaal) die 54 Afrikalande in 2012.  Met die verwagting dat die aantal jaarlikse kankergevalle en sterftes met ten minste 70% sal toeneem teen 2030, is daar ‘n dringende behoefte om akkurate data te bekom.

Ten einde voorkoming te bewerkstellig en enige maatreëls te beplan om hierdie eksponensiële toename in die aantal kankergevalle to beperk, is die kankerregister ‘n belangrike hulpbron om die situasie te assesseer.

Baie lande in Afrika het steeds nie ‘n kankerregister nie en van die wat wel ‘n register het, hou nie almal rekord van data oor kinderkanker nie.  Die syfers wat aangedui word, is geskat, maar die werklike situasie in Afrika is nie bekend nie en kan self erger wees as wat aangedui word.

Dit is duidelik dat kanker-aanmelding die eerste stap is om die totale syfer van gevalle in elke land, sowel as die tipe kanker en oorlewing, te identifiseer.

Die kankerregistrasie werkswinkel is gehou in die Golden Tulip Hotel in Dar Es Salaam in Tanzanië.

Daar was 29 deelnemers van die 14 Afrika-lande: Angola, Kongo, Burundi, Zimbabwe, Etiopië, Kameroen, Ghana, Zambië, Ruanda, Nigerië, Kenia, Mosambiek, Tanzanië en Suid-Afrika.

Fakulteitslede is by die IARC verteenwoordig deur – dr Freddie Bray, hoof van kankerinligting, dr Max Parkin, voorsitter van die AFCRN, VK, Eric Chokunonga (Zimbabwe Kankerregister) en Prof Cristina Stefan (Universiteit Stellenbosch).

Die program is verdeel oor twee dae en het aspekte verbonde aan registrasie, met die klem om kinderkanker-aanmelding in Afrika, behandel.

Op die eerste dag het lesings ‘n oorsig oor kanker in Afrika (Freddie Bray), ‘n oorsig van kinderkanker in Afrika (Cristina Stefan) en die behoefte van kankerregisters in Afrika (Max Parkin) behandel.  Die deelnemers se oop forum het aanbiedings van Afrika: Kameroen (Yaounde en Baptist Hospitale), Angola en Tanzanië, ingesluit.

Die daaropvolgende dag se lesings het soorte registers, die rol van kankerregistrasie in epidemiologie en kankerbeheer, die basiese beginsels van kanker-aanmelding, praktiese benadering om ‘n kankerregister te vestig, skatting van kankervoorkoms en –oorlewing, voorbereiding van ‘n kankerverslag vir registers en ‘n reeks aanbiedings van Mosambiek, Ruanda, Zambië en Tanzanië.

Toekomsplanne sluit in ‘n analise van die patrone van verspreiding van kinderkanker data wat aangebied is, verdere studies oor vookoms en oorlewing en ‘n opvolgwerkswinkel volgende jaar.

Die werkswinkel is geborg deur UICC en NCI.

Deur: Prof D Cristina Stefan (Universiteit Stellenbosch)
 
Celebrating our African Footprint

Participants to the discussion of the faculty's footprint on Africa were, (fltr); Ms Chernelle Lambert, Dr Christoff Pauw, Profs Usuf Chikte, Charles Wiysonge, John Akudugu, Anita Van der Merwe, Dr Fidele Mukinda and Ms Folasade Adeniyi.

Stellenbosch University’s Faculty of Medicine and Health Sciences (FMHS) celebrated its “footprint” on the African continent during May by showcasing some of its collaborations with other institutions on the continent. It also hosted a lunchtime seminar to celebrate and discuss how to enhance the FMHS’ academic footprint on the African continent.

In his presentation entitled Health research productivity in Africa since the UN Millennium Declaration in 2000, Prof Charles Wiysonge said that Africa, and particularly sub-Saharan Africa, is not doing very well in achieving its Millennium Development Goals (MDGs), particularly the health-related MDGs 4, 5 and 6 that respectively aim to reduce child mortality, improve maternal and combat HIV/AIDS, malaria and other diseases.

“To achieve the MDGs and other challenges in Africa it requires the availability of high-quality health research,” says Wiysonge, who is with the FMHS’ Centre for Evidence-based Health Care. He argues that although systematic reviews of global research are key to addressing the continent’s health challenges, local evidence is also required to reveal factors such as the needs, values, costs and availability of resources, of these communities.

Between 2001 and 2003 only 0.77% of global health research was performed on the African continent, and although that number rose to 0.93% in the period 2008 to 2011, this region, with the highest burden of disease, still only contributes a very small percentage of the health research.

A recent study by Wiysonge showed that research output in Africa was linked to countries’ gross domestic product (GDP). “Countries that are better off economically, tend to put more money into research and their researchers tend to be more productive,” says Wiysonge. Research by Prof Jean Nachega, with the FMHS’ Centre for Infectious Disease, also showed that countries with more public health training institutions had higher research outputs.

Interestingly, English-speaking African countries produced more research than other countries, and research funding was mainly supplied by international donors in Europe and America through collaborations following largely along historical colonial links.

According to Wiysonge, there already exist significant research and development capacity in some parts of Africa, particularly South Africa, Nigeria and Kenya, however most collaborations are with institutions in Europe or America, rather than in Africa.

“This underscores the value of increasing collaboration across the African continent to increase and leverage the available expertise to enhance our capacity to ensure that we are not following the agenda of the Western world.

“They might have good intentions, but the health challenges for which they want solutions are not necessarily the health challenges that we have here. While we appreciate North-South collaboration we need to be able to contribute to the debate on what type of research should to be done. And that has to be done through collaboration between researchers at South African and other African institutions,” says Wiysonge.

The goal of the faculty’s week-long focus on its footprint in Africa is to stimulate dialogue and to promote collaboration between institutions on the continent, which will eventually contribute to the realisation of the faculty’s strategic goal of improving health and health care in South Africa, Africa, and beyond.

During the seminar Dr Christoff Pauw, Manager of International Academic Networks at the Postgraduate and International Office of Stellenbosch University, also delivered a presentation on SU and its connections on the African continent.

Inhoud inhoud-1 5

Verstaan middelmisbruik

Middelmisbruik is deel van die lewe in Suid-Afrika. Statistieke wys dat ongeveer 21% van mans en 7% van vroue ‘n alkohol-gebruiksteurnis in hul leeftyd sal ontwikkel. Die land het een van die hoogste gevalle van foetale alkoholsindroom in die wêreld, en ongeveer die helfte van alle voetgangers en bestuurders wat sterf op die paaie is oor die wetlike limiet.

Onwettige dwelmgebruik is ook algemeen. Vier-en-veertig persent van dwelmverwante misdaad in Suid-Afrika vind in die Wes-Kaap plaas, en die per kapita ratio vir dwelmverwante misdaad hier is vier keer meer as die nasionale gemiddeld, met nege van die 10 dwelmknelareas in die land in die Wes-Kaap.

Dwelms soos tik (metamfetamien) verskyn daagliks in koerantopskrifte en heroïengebruik (rook en binneaars) is aan die toeneem. Die Wes-Kaap het ongetwyfeld ‘n ernstige probleem met dwelmverslawing.

Ons moet onsself afvra hoekom soveel gemeenskappe in die Wes-Kaap oneweredig deur verslawing geraak word?

Dwelmgebruik word dikwels gesien as die oorsaak van gebroke gemeenskappe, maar dit is meer waarskynlik dat dwelmgebruik ‘n manier is vir mense om die uitdagings van die lewe te hanteer onder moeilike sosio-ekonomiese omstandighede, waar min werksgeleenthede en beperkte gemeenskapshulpbronne  lei tot ‘n gevoel van hopeloosheid en sielkundige ontwrigting. In die gemeenskap waar ek werk kom die meeste mense wat hulp soek vir verslawing uit gebroke families, of het trauma ervaar en soek ontvlugting in hul dwelmgebruik of die ‘dwelmleefstyl’.

Die presiese oorsaak van dwelmverslawing word nie ten volle verstaan nie, en baie van die behandelingsmetodes is verouderd en ondoeltreffend. Meeste van die intervensies wat ons gebruik kom oorspronklik van ander lande, en is ongetoets of selfs onvanpas vir die unieke ervarings van ons plaaslike gemeenskappe. As sulks behoort ons navorsing aan te moedig in ons plaaslike omgewing en opleiding te bied aan diegene wat in gemeenskappe werk waar dwelmverslawing algemeen is. Tot onlangs was daar min geleenthede vir formele opleiding vir verslawingsteurnisse, en selfs mediese studente het slegs ‘n paar ure opleiding daarin ontvang. Gelukkig is dinge besig om te verander.

In antwoord daarop, het ‘n instansie soos die Universiteit Stellenbosch se Departement Psigiatrie onlangs ‘n nagraadse diploma in Verslawingsorg van stapel gestuur waar studente opgelei word deur van die land se voorste kenners in verslawinggeneeskunde en skakel met ander kundiges in die veld. Hierdie kursus bied die perfekte geleentheid vir debat en vrae, wat op sy beurt ook navorsing aanmoedig.

Ek glo ons moet wyer kyk as net die impak van dwelms op die brein om werklik insae te kry oor verslawing. Ons moet verstaan dat verslawing dikwels die produk is van ‘n gebroke gemeenskap en ons moet die politieke wil ontwikkel om die onderliggende kwessies aan te spreek voordat ons werklik die grootskaalse probleem van verslawing kan hanteer. Dit is noodsaaklik om die hulpbronne te verskaf om in die individuele behoeftes van diegene wat aan verslawing ly te voorsien. Die Universiteit Stellenbosch se nagraadse diploma in Verslawingsorg is ‘n noodsaaklike komponent in die ontwikkeling van hierdie hulpbronne.

Meningsartikel deur mnr Shaun Shelly, die programbestuurder vir middelgebruik by Hope House-beradingsentrum, ‘n nie-regeringsorganisasie wat gratis geestesgesondheid-berading bied vir onderbediende gemeenskappe. Hy is ook ‘n deeltydse dosent by die Departement Psigiatrie  en die outeur van ‘n webwerf wat inligting verskaf oor verslawing (www.addictioncapetown.blogspot.com). Hy het die artikel geskryf vir Middelmisbruik-bewusmakingsweek, wat plaas gevind het van 25 tot 30 Junie.

Inhoud inhoud-1 6

CanMEDS-model lei bekwame gesondheidspraktisyns op

Die sogenaamde "vader" van CanMEDS, prof Jason Frank, het 'n praatjie getiteld:  A health professional is more than a clinical expert: the CanMEDS Competency-based model of speciality training by die Tygerberg-kampus in Junie aangebied.

Prof Frank, wat verbonde is aan die Royal College of Physicians & Surgeons van Kanada, het die geskiedenis, rasionaal, getuienis en ervaring van die ontwikkeling van die bevoegdheid-gebaseerde onderrigmodel bespreek.

"CanMEDS is 'n kontemporêre benadering tot die vermoëns wat nodig is vir doeltreffende praktyk," sê prof Frank.

Volgens hom fokus die tradisionele onderwys op die proses van onderrig en sodra 'n gesondheidswerker gesertifiseerd is, word hulle lewenslank as gekwalifiseerd beskou. Daarteenoor, is die CanMEDS-raamwerk gebaseer op vaardighede en daar word van gegradueerdes verwag om  hul vermoëns te kan demonstreer.

Kollig op landelike navorsing

Die navorsingsdag is by die Worcester-kampus van die Universiteit Stellenbosch aangebied.

Navorsers en akademici, wie se werk oor landelike gesondheid handel, het hulle navorsingsbevindings aan ‘n breë gehoor van navorsers, akademici, nie-regeringsorganisasies en bestuur van die Departement van Gesondheid ten toon gestel tydens die 4de Volhoubare Landelike Navorsingsdag by Ukwanda.  Die geleentheid, met die tema “Practice to Research, Research to Practice” is gedurende Mei op die Worcester-kampus aangebied deur die Fakulteit se Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid, in samewerking met die Anova Gesondheidsinstituut.

Ongeveer 103 afgevaardigdes het die geleentheid, wat gerugsteun is deur die gedeelde ondersteuning van die Departement van Gesondheid, onderrig- en navorsingsinstansies, en nie-regeringsorganisasies, vir gesondheidsnavorsing in die landelike gebiede van die Wes-Kaap.

CanMEDS-model lei bekwame gesondheidspraktisyns op

Prof Jason Frank

Die sogenaamde "vader" van CanMEDS, prof Jason Frank, het 'n praatjie getiteld:  A health professional is more than a clinical expert: the CanMEDS Competency-based model of speciality training by die Tygerberg-kampus in Junie aangebied.

Prof Frank, wat verbonde is aan die Royal College of Physicians & Surgeons van Kanada, het die geskiedenis, rasionaal, getuienis en ervaring van die ontwikkeling van die bevoegdheid-gebaseerde onderrigmodel bespreek.

"CanMEDS is 'n kontemporêre benadering tot die vermoëns wat nodig is vir doeltreffende praktyk," sê prof Frank.

Volgens hom fokus die tradisionele onderwys op die proses van onderrig en sodra 'n gesondheidswerker gesertifiseerd is, word hulle lewenslank as gekwalifiseerd beskou. Daarteenoor, is die CanMEDS-raamwerk gebaseer op vaardighede en daar word van gegradueerdes verwag om  hul vermoëns te kan demonstreer.

Die CanMEDS-konsep het ontstaan agv klagtes van nuut-gekwalifiseerde professionele gesondheidswerkers in Kanada aan die Royal College oor hul onvermoë om  sekere pligte, wat nie eie aan hulle in hierdie beroep  is nie, te hanteer.  Pligte wat nie beperk is tot die mediese beroep nie en wat dikwels dinge soos bestuurs- en kommunikasievaardighede ingesluit het.

Na uitgebreide navorsing en konsultasie met verskeie belanghebbendes - van gesondheidswerkers tot pasiënte - hulle sewe rolle wat 'n effektiewe gesondheidsorgwerker moet kan vervul, naamlik dat van gesondheidsorgpraktisyn, kommunikeerder, medewerker, gesondheidsadvokaat, geleerde, bestuurder / leier en beroepsmens, geïdentifiseer.

Die CanMEDS-raamwerk vereis dat gegradueerdes bewys moet kan lewer van ten minste 'n minimum standaard van bekwaamheid in elk van hierdie domeine, voordat hulle na die volgende vlak bevorder kan word.

Die CanMEDS-model is deur 13 ander beroepe aanvaar en ʼn aangepaste weergawe word tans geïmplementeer in leerplanne aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Dit is ook 'n mindere of meerdere mate in 30 ander lande, waaronder Denemarke, België, Australië en dele van die Verenigde Koninkryk, geïmplementeer.

Deur: Wilma Stassen

Kollig op landelike navorsing

Navorsers en akademici, wie se werk oor landelike gesondheid handel, het hulle navorsingsbevindings aan ‘n breë gehoor van navorsers, akademici, nie-regeringsorganisasies en bestuur van die Departement van Gesondheid ten toon gestel tydens die 4de Volhoubare Landelike Navorsingsdag by Ukwanda.  Die geleentheid, met die tema “Practice to Research, Research to Practice” is gedurende Mei op die Worcester-kampus aangebied deur die Fakulteit se Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid, in samewerking met die Anova Gesondheidsinstituut.

Ongeveer 103 afgevaardigdes het die geleentheid, wat gerugsteun is deur die gedeelde ondersteuning van die Departement van Gesondheid, onderrig- en navorsingsinstansies, en nie-regeringsorganisasies, vir gesondheidsnavorsing in die landelike gebiede van die Wes-Kaap.

“Ons was opgewonde om gassprekers soos prof Taryn Young, (Direkteur: Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg, US) en ook kollegas van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid: dr Krish Vallabjee (hoof-direkteur: Strategie en Gesondheidsondersteuning, dr Lizette Phillips (Direkteur van die Kaapse Wynlanddistrik) en dr David Pienaar (Senior Openbare Gesondheidspesialis).” het Guin Lourens, Bestuurder van die Ukwanda Kliniese Opleidingsplatform gesê.

“Dr Vallabjee, wat die openingsrede gelewer het, het “Gesondheidsorg 2030 en die rol van navorsing”, aangespreek, terwyl dr Philllips ons toegelig het oor die navorsingsprioriteite in die Kaapse Wynland.”

Daar is vanjaar 28 mondelinge aanbiedings gedoen wat op die volgende areas gefokus het: opleiding, leierskap en bestuur, landelike gesondheid, vroue- en kindergesondheid, en rehabilitasie.  Al vier Wes-Kaapse hoër opleidingsinstansies, nl CPUT, US, UK en UWK was goed verteenwoordig, so ook die sterk afvaardiging van die Wes-Kaapse Regering en plaaslike NRO sektor.

“Die terugvoering oor die navorsingsdag was positief en ons sien uit om die geleentheid weer volgende jaar aan te bied vir studente, akademici, navorsers en gesondheidspraktisyns om by landelike gesondheidsnavorsing betrokke te raak.” het Lourens gesê. “Ons herinner almal ook graag aan die Nasionale Landelike Gesondheid Navorsingskonferensie wat op 21 – 24 September 2014 by die Worcester-kampus gehou sal word.”

www.rudasa.org.za
 
Prof Bob Mash, (right) Hoof van die Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg, saam met dr David Pienaar van Landelike Distriksgesondheid, Wes-Kaap.

Links op die foto is me Marvina Johnson saam met me Vicky Major, wat 'n aanbieding oor Organofosfaat en blootstelling van plaaswerkers in die Worcester-omgewing gedoen het.

Prof Cornie Scheffer van die Fakulteit Ingenieurswese (links) en dr Frans Krige, bestuurder by die Ukwanda Landelike Kliniese Skool.

Inhoud inhoud-1 7

Mediclinic tree toe tot die kliniese opleidingsplatform

In ‘n baanbreker-inisiatief het Maties mediese studente onlangs praktiese opleiding in ‘n privaat hospitaal begin ontvang.

Deur middel van ‘n vennootskap tussen die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) en Mediclinic Durbanville, het ‘n aantal mediese studente in hul vierde jaar, vir vier weke lank hul rotasie in Interne Geneeskunde by die Mediclinic Durbanville gedoen en kliniese opleiding ontvang van dokters in die privaatsektor.  Dit maak deel uit van ‘n loodsprojek om die werkbaarheid van so ‘n samewerking tussen die universiteit en privaat mediese instansies te ondersoek.

“Gesondheidsorg is onder druk en daar is ‘n groot behoefte om die getal dokters en ander gesondheidswerkers te vermeerder. Ek dink ‘n vennootskap met die privaatsektor is belangrik om die breër doelwit van universele toegang tot gesondheidsorg te realiseer,” sê prof Jimmy Volmink, Dekaan van die fakulteit.
 
Kinders leer van hartsiektes

Dr Philip Herbst van die Afdeling Kardiologie in gesprek met studente oor rumatiese hartsiekte by 'n skool in Ravensmead.  Die afdeling se SUNheart inisiatief, in samewerking met die Britse Vereniging van Echokardiografie, het begin met die "Echo in Afrika"-projek waardeur 2 000 skoolkinders van Ravensmead en Khayelitsha getoets sal word vir tekens van vroeë hartsiektes, veral rumatiese hartsiekte, en indien nodig sal hul deurlopende behandeling vir die harttoestande by die Tygerberg Hospitaal ontvang.

Mediclinic tree toe tot die kliniese opleidingsplatform

In ‘n baanbreker-inisiatief het Maties mediese studente onlangs praktiese opleiding in ‘n privaat hospitaal begin ontvang.

Deur middel van ‘n vennootskap tussen die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) en Mediclinic Durbanville, het ‘n aantal mediese studente in hul vierde jaar, vir vier weke lank hul rotasie in Interne Geneeskunde by die Mediclinic Durbanville gedoen en kliniese opleiding ontvang van dokters in die privaatsektor.  Dit maak deel uit van ‘n loodsprojek om die werkbaarheid van so ‘n samewerking tussen die universiteit en privaat mediese instansies te ondersoek.

“Gesondheidsorg is onder druk en daar is ‘n groot behoefte om die getal dokters en ander gesondheidswerkers te vermeerder. Ek dink ‘n vennootskap met die privaatsektor is belangrik om die breër doelwit van universele toegang tot gesondheidsorg te realiseer,” sê prof Jimmy Volmink, Dekaan van die fakulteit.

“Die FGGW en die MB,ChB programkomitee is baie opgewonde oor hierdie samewerking met die privaatsektor,” sê prof Ben van Heerden, Direkteur: Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys en koördineerder van die MB,ChB (voorgraadse mediese) program.  “Nie net bied dit die geleentheid om ons studente aan nog ‘n baie belangrike komponent van die land se gesondheidsisteem bloot te stel nie, maar dit stel hulle ook bloot aan ‘n ander pasiënt- en siekteprofiel as wat normaalweg in die publieke sektor teenwoordig is.”

Mediclinic Durbanville en betrokke dosente het spesiale akkreditasie ontvang om opleiding te bied aan studente en alle personeel betrokke daarby het ‘n leer en onderrig kortkursus bygewoon om te verseker dat hulle toegerus is om hul kennis aan studente oor te dra.

Volgens prof Marietjie de Villiers, Visedekaan: Onderrig, was die terugvoer wat tot dusver ontvang is van beide die studente sowel as die dosente by Mediclinic Durbanville, uiters positief. “Selfs die pasiënte verwelkom dit want hulle sê die studente-dokters bring baie tyd met hulle deur,” sê De Villiers.

Die projek sal aan die einde van die jaar ge-evalueer word om die sukses daarvan te bepaal en op grond van die bevindings sal daar dan besluit word oor die langer-termyn volhoubaarheid daarvan.

Deur: Wilma Stassen

Inhoud inhoud-1 8

Internasionale erkenning vir kursus

Prof Heinrich Klech van die Universiteit van Wene (links) en dr Lucy Kiessig van J & J in die Verenigde Koninkryk (regs) het die Afdeling Kliniese Farmakologie in April besoek om die nagraadse medisyne se ontwikkelingsprogram vir PharmaTrain te evalueer. Saam met hulle is proff Marietjie de Villiers, Visedekaan: Onderrig, en Bernd Rosenkranz en Heylene Nell van die Afdeling Kliniese Farmakologie.

Die Afdeling Kliniese Farmakologie het onlangs Sentrum van Uitnemendheid status van PharmaTrain ontvang vir hul nagraadse program in Farmaseutiese Medisyne.

Dit maak dit die eerste medisyne ontwikkelingsprogram buite Europa om akkreditasie van hierdie hoogsaangeskrewe internasionale liggaam te ontvang.

PharmaTrain is deel van 'n Europese inisiatief wat op middelontwikkeling en innovering werk, en is gemoeid met die implementering van betroubare standaarde vir hoë-gehalte nagraadse onderwys en opleiding in medisyne ontwikkeling. Opleidingsentrums wat kursusse onder die PharmaTrain handelsmerk aanbied, moet kwaliteit-assesserings ondergaan om te verseker dat dit voldoen aan die hoë standaard wat deur die organisasie daargestel word.

In April vanjaar het twee ouditeure van PharmaTrain die Tygerberg-kampus besoek om die program by die FGGW se Afdeling Kliniese Farmakologie te evalueer, en in Mei is die PharmaTrain Sentrum van Uitnemendheid status toegeken.

Opleidingsvideo goed ontvang

‘n Tutoriale video van die FGGW se Departement Verloskunde en Ginekologie is al meer as ‘n half-miljoen keer besigtig.

Die video, getiteld Laparoscopic sterilisation with the falope ring and filshie clip, is al 264 758 keer besigtig sedert dit ‘n jaar gelede op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se webtuiste geplaas is, en is ‘n verdere 351 152 keer besigtig in die twee jaar wat dit op YouTube gelaai is.

“Die behoefte vir oudiovisuele-opleiding was nog altyd deel van ons departement se opleidingsbeleid,” sê Bert Schaetzig, professor emeritus by die Departement Verloskunde en Ginekologie. “Videos word gebruik as deel van ons opleidingsprogram en is ook beskikbaar in mediese biblioteke, nie net by die Tygerberg-kampus nie, dit is ook gedeeltelik beskikbaar by mediese skole van ander universiteite.”

PharmaTrain word deur die meeste farmaseutiese maatskappye erken, en 'n kwalifikasie wat van 'n geakkrediteerde Sentrum van Uitnemendheid ontvang word, geniet internasionale erkenning.
"Dit bied ook vir die student die geleentheid om te ruil met ander kursusverskaffers, en hulle kan selfs na van die een opleidingsinstelling na die ander beweeg," sê prof Bernd Rosenkranz, hoof van die afdeling Kliniese Farmakologie.

Die kursus dek die volledige middel-ontwikkelingsproses van middelontdekking tot formulering, nie-kliniese en kliniese toetse en selfs regulering en bemarking van nuwe produkte.

"Dit gaan oor die hele spektrum, van waar dit begin tot wanneer die middel op die mark verskyn, en wat jy nodig het om te doen wanneer die middel op die mark is," sê prof Rosenkranz.

Die kursus is gebaseer op die PharmaTrain kurrikulum wat in Europa ontwikkel is om aan internasionale standaarde te voldoen, maar sluit ook elemente uniek aan Suid-Afrika, soos middel-regulering en bemarkingsriglyne, wat spesifiek op die land van toepassing is.

Sedert die Afdeling Kliniese Farmakologie die diploma in 2010 ingestel het, het 35 studente van regoor die land, en selfs 'n paar van Swaziland, vir die kursus geregistreer, en sewe studente het gegradueer.

"Sommige studente het reeds 'n posisie in die farmaseutiese bedryf op grond van hul suksesvolle deelname aan die diplomakursus," sê prof Rosenkranz.

Tans word die kursus aangebied as 'n nagraadse diploma, maar volgende jaar die program sal ook as 'n meestersgraad in Medisyne Ontwikkeling aangebied word.

Deur: Wilma Stassen

Opleidingsvideo goed ontvang

‘n Tutoriale video van die FGGW se Departement Verloskunde en Ginekologie is al meer as ‘n half-miljoen keer besigtig.

Die video, getiteld Laparoscopic sterilisation with the falope ring and filshie clip, is al 264 758 keer besigtig sedert dit ‘n jaar gelede op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se webtuiste geplaas is, en is ‘n verdere 351 152 keer besigtig in die twee jaar wat dit op YouTube gelaai is.

“Die behoefte vir oudiovisuele-opleiding was nog altyd deel van ons departement se opleidingsbeleid,” sê Bert Schaetzig, professor emeritus by die Departement Verloskunde en Ginekologie. “Videos word gebruik as deel van ons opleidingsprogram en is ook beskikbaar in mediese biblioteke, nie net by die Tygerberg-kampus nie, dit is ook gedeeltelik beskikbaar by mediese skole van ander universiteite.”

Die laparoskopie sterilisasie-video is een van twee videos wat deur dié departement vervaardig is wat op die WGO-webtuiste gebruik word, die ander video is getiteld Termination of pregnancy with the manual vacuum aspirator. Hierdie is die tweede weergawe van die laparoskopie sterilisasie-video en is in 2012 vervaardig om die eerste weergawe wat in 1978 gemaak is te vervang, aangesien die metodiek van laparoskopie sterilisasie ietwat verander het met die koms van televisie-skerms en verbeterde toerusting vir endoskopie-chirurgie.

Dr Cathy Cluver en kollegas het die instrumente en teaterprosedure gedemonstreer, terwyl prof Petrus Steyn (voormalige hoof van die Gesinsbeplanningseenheid) gehelp het met die wetenskaplike aspekte en kommentaar, en Willie Myburgh van die Film- en Televisie-eenheid die tegniese aspekte hanteer het.

Die Film- en Televisie-eenheid by die Departement Verloskunde en Ginekologie bestaan al sedert 1974 en het al sowat 30 opleidingsvideos in Afrikaans, Engels en selfs Duits gemaak.

Die video kan besigtig word by
 http://m.youtube.com/#/watch?v=Sz0WINB66bM&list=PL68EE6D503647EA2F&desktop_uri=%2Fwatch%3Fv%3DSz0WINB66bM%26list%3DPL68EE6D503647EA2F

Of deur die titel op YouTube op te soek.

Deur: Wilma Stassen

Inhoud inhoud-1 9

Kankernavorsers ontvang GAP reisbeurs

Prof Abdool Shaik, dr Marguerite Morkel en prof Vikash Sewram

Prof Abdool Shaik en dr Marguerite Morkel het die GAP Reisbeurs ontvang om die Globale Akademiese Programme 2014-konferensie, wat in Seoul, Korea gehou is, by te woon. Die jaarlikse GAP konferensie, gereël deur die MD Anderson Kankersentrum en gehuisves deur die Korea Kankersentrum en Yonsei Universiteit Gesondheidsentrum, is 'n forum vir die fakulteit van MD Anderson Kankersentrum (MDAKS) en suster-instellings om samewerking te ontwikkel en van navorsingsresultate en idees uit te ruil.

Leierskapskursus versterk landelike gesondheidsorg

Prof Lilian Dudley

Gesondheidswerkers van die Overberg Landelike Gesondheidsdistrik het onlangs 'n vier-dag kursus in afrigtingsbeginsels, 'n projek van die Universiteit Stellenbosch se Landelike Mediese Opvoedkundige Vennootskapsinisiatief (Stellenbosch University Rural Medical Educational Partnership Initiative - SURMEPI) bygewoon. Die doel van hierdie inisiatief is om vaardighede van gesondheidspraktisyns te bevorder en om hulle toe te rus om in bestaande gesondheidstelsels in landelike en onderbediende gebiede te werk en ook om dit te versterk.

Kankernavorsers ontvang GAP reisbeurs

Prof Abdool Shaik, dr Marguerite Morkel en prof Vikash Sewram

Prof Abdool Shaik en dr M Morkel het die GAP Reisbeurs ontvang om die Globale Akademiese Programme 2014-konferensie, wat in Seoul, Korea gehou is, by te woon. Die jaarlikse GAP konferensie, gereël deur die MD Anderson Kankersentrum en gehuisves deur die Korea Kankersentrum en Yonsei Universiteit Gesondheidsentrum, is 'n forum vir die fakulteit van MD Anderson Kankersentrum (MDAKS) en suster-instellings om samewerking te ontwikkel en van navorsingsresultate en idees uit te ruil.

Prof Shaik, wat onlangs by die Fakulteit aangestel is as hoof van pediatriese chirurgie, beskou pediatriese onkologie as eerste op sy lys van navorsingsbelange. "Ek het sopas teruggekeer na die akademie na 'n paar jaar in private praktyk en hierdie toekenning is 'n welkome hupstoot vir my akademiese loopbaan. Ek is dankbaar vir die AKI, MD Anderson Kankersentrum, Professor V Sewram en die fakulteit vir hierdie geleentheid,” het hy gesê.

Dr Morkel, wat verbonde is aan die Afdeling Kerngeneeskunde, het gesê dat dit vir haar 'n groot voorreg was om die toekenning te ontvang en genooi te word om haar navorsing aan te bied by 'n konferensie van sulke hoë gehalte. "Ek wil graag vir prof Sewram en die AKI bedank vir hierdie geleentheid. Dit was bemoedigend om te sien watter kankernavorsing wêreldwyd gedoen word, en dit was 'n verrykende ondervinding. Aangesien ek in die beeldingsveld werk, was dit ook interessant om nuwe ontwikkelings in hierdie veld te sien, wat spesifiek oor kanker en die behandeling daarvan gaan. Ek glo die vennootskap tussen die AKI en die MD Anderson Kankersentrum sal van krag tot krag gaan om kankernavorsing te bevorder, nie net in Suid-Afrika nie, maar op die hele Afrika-kontinent.

Die Universiteit Stellenbosch se Afrika Kanker-instituut (AKI), het 'n memorandum van verstandhouding met die MDAKS om internasionale samewerking en navorsing te versterk en jong navorsers aan te moedig om belange in kankernavorsing na te streef. Navorsing fokusareas van die samewerking tussen die MDAKS en AKI is melanoom navorsing, palliatiewe sorg en vroeë opsporing.

Leierskapskursus versterk landelike gesondheidsorg

Staande agter (van links): Charlyn Goliath, prof Lilian Dudley, Heather de Beer en Fidele Mukinda met die kursusgangers sittend.

Gesondheidswerkers van die Overberg Landelike Gesondheidsdistrik het onlangs 'n vier-dag kursus in afrigtingsbeginsels, 'n projek van die Universiteit Stellenbosch se Landelike Mediese Opvoedkundige Vennootskaps-inisiatief (Stellenbosch University Rural Medical Educational Partnership Initiative - SURMEPI) bygewoon. Die doel van hierdie inisiatief is om vaardighede van gesondheidspraktisyns te bevorder en om hulle toe te rus om in bestaande gesondheidstelsels in landelike en onderbediende gebiede te werk en ook om dit te versterk.

Die afrigtingsopleiding is ʼn voortbouing op 'n kapasiteitsbou-inisiatief wat tans in die Overberg uitgevoer word, waar gesondheidsorg fasiliteitsbestuurders deur afrigting ondersteun word om  leierskaps- en bestuursvaardighede versterk. "Die versterking van leierskaps- en bestuursvaardighede is die sleutel tot die versterking van die gesondheidstelsel." sê prof Lilian Dudley.

Deur: Charlyn Goliath
 
Inhoud inhoud-1 10

Artikel aangewys as beste vir 2013

Prof Susan van Schalkwyk

Die International Journal for Academic Development het die artikel "Journeys of growth towards the professional learning of academics: understanding the role of educational development" deur prof Susan van Schalkwyk, drr Hanelie Adendorff, Karin Catell, mnr Francois Cilliers en me Nicole Herman aangewys as die Artikel van die Jaar 2013.

Die IJAD Artikel van die Jaar 2013 is deur die komitee beoordeel as die artikel wat die IJAD se doelwit om "akademiese en opvoedkundige ontwikkelaars in hoër opleiding regoor die wêreld in staat stel om idees oor praktyk uit te ruil en die teorie van opvoedkundige ontwikkeling uit te brei, met die doel om die kwaliteit van hoër onderrig op internasionale vlak te bevorder," ten beste onderskryf.

Nasionale erkenning

Prof Rafique Moosa

Die hoof van die Departement Geneeskunde, Prof Rafique Moosa, is aangestel op die nasionale ministeriële advieskomitee op orgaanoorplanting. Hy dien ook op die plaaslike organiseringskomitee en die wetenskapskomitee van die Wêreldkongres vir Nefrologie wat in 2015 in Kaapstad gehou gaan word.

SA MNR-befondsing

Die Mediese Navorsingsraad het in April 2013 'n nuwe eenheid, naamlik die 'Strategic Health Innovation Partnerships Unit (SHIP)'  bekend gestel.  Die doel van hierdie eenheid is om Suid-Afrika se hoof-gesondheidsprobleme aan te spreek deur nuwe of verbeterde inisiatiewe te ontwikkel; en om multi-institusionele vennootskappe deur middel van toegewyde befondsing en projekbestuurte ontwikkel.

Twee navorsingsprojekte van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het onlangs MNR 'SHIP' befondsing ontvang.

Die Desmond Tutu TB-sentrum (DTTS) se kinder-TB span het die toekenning ontvang vir navorsing oor MDR-TB profilakse in kinders, TB-CHAMP.  Prof Anneke Hesseling is by hierdie projek betrokke .

Prof Maritha Kotze en dr Karin Baatjes het die toekenning ontvang vir navorsing in genetiese aspekte van borskanker.
 
Prof Anneke Hesseling

Prof Maritha Kotze

Dr Karin Baatjes

Artikel aangewys as beste vir 2013

Prof Susan van Schalkwyk

Die International Journal for Academic Development het die artikel "Journeys of growth towards the professional learning of academics: understanding the role of educational development" deur prof Susan van Schalkwyk, drr Hanelie Adendorff, Karin Catell, mnr Francois Cilliers en me Nicole Herman aangewys as die Artikel van die Jaar 2013.

Die IJAD Artikel van die Jaar 2013 is deur die komitee beoordeel as die artikel wat die IJAD se doelwit om "akademiese en opvoedkundige ontwikkelaars in hoër opleiding regoor die wêreld in staat stel om idees oor praktyk uit te ruil en die teorie van opvoedkundige ontwikkeling uit te brei, met die doel om die kwaliteit van hoër onderrig op internasionale vlak te bevorder," ten beste onderskryf.

Nasionale erkenning

Prof Rafique Moosa

Die hoof van die Departement Geneeskunde, Prof Rafique Moosa, is aangestel op die nasionale ministeriële advieskomitee op orgaanoorplanting. Hy dien ook op die plaaslike organiseringskomitee en die wetenskapskomitee van die Wêreldkongres vir Nefrologie wat in 2015 in Kaapstad gehou gaan word.

SA MNR-befondsing

Die Desmond Tutu TB-sentrum (DTTS) se kinder-TB span het die toekenning ontvang vir navorsing oor MDR-TB profilakse in kinders, TB-CHAMP.

Prof Maritha Kotze en dr Karin Baatjes het die toekenning ontvang vir navorsing in genetiese aspekte van borskanker.
Prof Anneke Hesseling
Prof Maritha Kotze
Dr Karin Baatjes

Article selected as best of 2013

Prof Susan van Schalkwyk

The International Journal for Academic Development has selected an article entiteld "Journeys of growth towards the professional learning of academics: understanding the role of educational development" by Prof Susan van Schalkwyk, Drs Hanelie Adendorff, Karin Catell, Mr Francois Cilliers and Ms Nicole Herman as its Article of the Year 2013.

The IJAD Article of the Year 2013 is the article that the committee judged to have best met IJAD’s aims to "enable academic / educational developers in higher education across the world to exchange ideas about practice and extend the theory of educational development, with the goal of improving the quality of higher education internationally.”

National recognition

Prof Rafique Moosa

The head of the Department of Medicine, Prof Rafique Moosa, was appointed to the National Ministerial Advisory Committee on Organ Transplantation. He also serves on the Local organising Committee and the Scientific Committee of the World Congress of Nephrology to be held in Cape Town in 2015.

MRC SHIP Funding

The Medical Research Council introduced a new unit, named the Strategic Health Innovation Partnerships Unit (SHIP) in April 2013.  The aim of this initiative is to address South Africa’s major health problems by developing new or improved interventions; and to facilitate multi-institutional partnerships by dedicated funding and project management.

Two research projects at the Faculty of Medicine and Health Sciences recently received MRS SHIP funding.

The Paediatric TB team at the Desmond Tutu TB Centre (DTTC) received funding for research on MDR-TB prophylaxis in Children, TB-CHAMP.

Prof Maritha Kotze and Dr Karin Baatjes received funding for research on genetic aspects of breast cancer.

Prof Anneke Hesseling of the DTTC

Prof Maritha Kotze
Dr Karin Baatjes

Inhoud inhoud-1 11

Viering van studente-uitnemendheid

Ontvangers van die TSR-Erekleure vir prestasie in Akademie, Dienslewering, Leierskap en Sport.

Die jaarlikse Tygerberg Erekleure Dinee was weereens ‘n viering van uitnemendheid onder ons studente. Tydens hierdie geleentheid word toekennings gemaak aan studente wat op verskeie velde uitblink, insluitend die Erekleure-toekennings, Akademiese Meriete toekennings en Beste Navorsingstudent toekennings.

Die Tygerberg Erekleure word toegeken aan Tygermaties vir uitnemende prestasies en bydraes tot die Tygerbergkampus in die kategorieë akademie, leierskap, kultuur, dienslewering, sport en dienslewering in sport.

Hierdie toekennings word slegs toegeken aan kandidate wat dit werklik verdien en nie noodwendig elke jaar nie. Ontvangers word genomineer en ‘n deeglike proses word gevolg wat streng gereguleer word deur TSR Erepresident en sy/haar komitee wat bestaan uit verteenwoordigers vanaf die verskeie studentestrukture op kampus.

Fisio-studente wen ‘strapping’ titel by Comrades Maraton

Van links: Hesti Steyn, Joleen Heyns, Sheenagh Jordaan, Andrea Damon en Sarah Cawood

Vyf fisioterapie-studente by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het die nasionale "Strapping" titel gewen by die Strap for Life-kompetisie wat deel uitgemaak het van die Comrades-maraton. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat hulle dié titel wen.

Strapping is 'n behandeling waartydens 'n pasiënt verbind word met terapeutiese kleefband om spierbeserings te behandel of te voorkom. Dit word baie vir sportsbeserings gebruik en verskillende strapping-tegnieke word aangewend om verskillende probleme te behandel.

Viering van studente-uitnemendheid

Die ontvangers van die Beste Jong Navorser toekennings: (vlnr) mn Johann Maartens, dr Jonas Bovijn en dr Jean Maritz.
Die Erekleure vir Dienslewering is vir die eerste maal toegeken aan nie-TSV lede, Petro Keown (links) en Lynette Ohlsson (middel) van die TSR-winkel het hulle toekennings ontvang van Victoria van der Schyff, TSR-voorsitter, vir hulle volgehoue onbaatsugtide diens aan die die TSV.

Die jaarlikse Tygerberg Erekleure Dinee was weereens ‘n viering van uitnemendheid onder ons studente. Tydens hierdie geleentheid word toekennings gemaak aan studente wat op verskeie velde uitblink, insluitend die Erekleure-toekennings, Akademiese Meriete toekennings en Beste Navorsingstudent toekennings.

Die Tygerberg Erekleure word toegeken aan Tygermaties vir uitnemende prestasies en bydraes tot die Tygerbergkampus in die kategorieë akademie, leierskap, kultuur, dienslewering, sport en dienslewering in sport.

Hierdie toekennings word slegs toegeken aan kandidate wat dit werklik verdien en nie noodwendig elke jaar nie. Ontvangers word genomineer en ‘n deeglike proses word gevolg wat streng gereguleer word deur die TSR Erepresident en sy/haar komitee wat bestaan uit verteenwoordigers vanaf die verskeie studentestrukture op kampus.

Kandidate word beoordeel op die bydraes spesifiek aan Tygerberg. Daar word gekyk na kenmerke soos toegewydheid, houding en baanbrekersingesteldheid. Die impak wat die student op die Tygerbergkultuur maak ten opsigte van die holistiese ontwikkeling van Tygermaties, is ‘n beduidende faktor.

Tygerberg Erekleure 2014 is toegeken aan:
Zahid Badroodien vir Leierskap en Ludo von Hillegondsberg vir Dienslewering.   
 
Akademiese Erekleure is toegeken aan die volgende kandidate
MB, ChB: Lochna Conradie, Julian Hellig, Chris-Mare Potgieter en Petrunet Zandberg
B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie: Monique Rall en Nadine Silver
BSc Dieetkunde: Thandie Hallinan, Annette Louw, Kerry Pilditch, en Michelle Wakelin

Die TSU-konstitusie maak voorsiening daarvoor dat nie-TSU lede erekleure kan ontvang indien die TSR die behoefte daaraan erken.  Vanjaar is die toekenning Erekleure vir Dienslewering vir die eerste keer gemaak aan nie-TSU lede, Petro Keown en Lynette Ohlsson van die TSR-winkel, vir hulle onbaatsugtige diens aan die TSU jaar na jaar.

Die Beste Jong Navorsers vir 2013 is tydens hierdie spoggeleentheid deur die Fakulteit aangewys.  Toekennings word in drie kategorieë gemaak. Vanjaar se wenners was dr Jonas Bovijn, beste voorgraadse navorsingstudie, mnr Johann Maartens – beste nagraadse student: Tesis Magister kwalifikasie, en Dr Jean Maritz - Beste Nagraadse Student – Gestruktureerde Kwalifikasie.

Akademiese Meriete word toegeken aan studente wat die vorige jaar onder die eerstes in hul onderskeie klasse geëindig het. Dit is toegeken aan die volgende kandidate:
MB,ChB: S Richards, SA Mayiji, S Quirke, L Young, S Pretorius, GHI Robertson en C Potgieter
BSc in Fisioterapie: S Eksteen, RL Fisher, M Dreyer en JR Mackenzie
BSc in Dieetkundie: KI Gossow, M Loftus en KJM Pilditch
B in Arbeidsterapie: C Loubser, SR Mohr en E Theron
B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie: K Wallace, JL Leuvennink en M Rall

Deur: Noxolo Kubheka, TSR 2013/2014, Sekretaresse, UK, Studentesukses

Fisio-studente wen ‘strapping’ titel by Comrades Maraton

Van links: Hesti Steyn, Joleen Heyns, Sheenagh Jordaan, Andrea Damon en Sarah Cawood

Vyf fisioterapie-studente by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het die nasionale "Strapping" titel gewen by die Strap for Life-kompetisie wat deel uitgemaak het van die Comrades-maraton. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat hulle dié titel wen.

Strapping is 'n behandeling waartydens 'n pasiënt verbind word met terapeutiese kleefband om spierbeserings te behandel of te voorkom. Dit word baie vir sportsbeserings gebruik en verskillende strapping-tegnieke word aangewend om verskillende probleme te behandel.

Die Maties Strapping-span het Vrydag (30 Mei) teen ten minste vyf ander universiteit-spanne meegeding by die Strap for life-kampioenskappe in Durban. Saterdag het die span 'n fisio-stalletjie beman by die Comrades-ekspo, en Sondag strapping en ander fisio-dienste aan hardlopers wat aan die Comrades-maraton deelneem, gebied.

"Hierdie is een van die hoogtepunte van die jaar en slegs finalejaar studente mag deelneem," sê spanmaat Hesti Steyn, 'n vierdejaar fisio-student. "Ons oefen ongeveer 12 ure per week en kry opleiding van lede van die 2008 Maties Strapping¬-span wat die kompetisie gewen het."

Al vyf die lede van die huidige strapping span werk ook vir Maties Rugby en Durbell Rugby-klub as noodhulp en voor-wedstryd strapping. "Die voorbereiding vir hierdie kompetisie het ons meer selfvertroue gegee in ons vermoëns en kundigheid oor watter metodes om te gebruik as wat enige kort-kursus kon doen," sê Steyn.

Inhoud inhoud-1 12

Huis Ubuntu House

Nuwe seniorkoshuis op die Tygerberg-kampus

Mnr Eben Mouton (FGGW direkteur: Besigheidsbestuur, mnr Pieter Kloppers (Direkteur: Sentrum vir Studentestrukture en -gemeenskappe) en FGGW dekaan, prof Jimmy Volmink onthul die nuwe naam.

"Ubuntu beteken menslikheid en menswees en verwys daarna dat ons met mekaar verweef is en dat ons dade ʼn invloed op ander mense het  – daarom moet ons sorg dat die invloed wat ons op ander en ons omgewing het positief en konstruktief is," het die FGGW-dekaan, prof Jimmy Volmink, by die amptelike naamgewing gesê.

Volgens hom is daar bewyse dat 'n naam 'n groot invloed op gedrag het en vertrou hy dat Huis Ubuntu House 'n gesindheid van gemeenskap en welwillendheid by inwoners sal aanwakker.

"Ons beskou Huis Ubuntu House as 'n baie gepaste naam vir ons seniorkoshuis – ʼn koshuis op ʼn kampus wat ryk is aan diversiteit op alle vlakke, waar ons mense eerste stel en waar ons ʼn omgewing skep waarin elke student en personeellid tuis voel om alle aspekte van hul menswees uit te leef en te ontwikkel," het prof Volmink gesê.

"Amazing Race for Health"

'n Nuwe perspektief aan eerstejaars

Die "Amazing Race" het 'n besoek aan die Diensleersentrum en DOTS TB-kliniek in Avian Park, Worcester, ingesluit.

Eerstejaar mediese, fisioterapie en dieetkunde studente het gedurende Meimaand deelgeneem aan “The Amazing Race for Health” avontuur om eerstehands kennis te maak hoe gesondheidsfaktore ‘n impak het op die lewens van individue, gesinne en gemeenskappe en om die organisering van gesondheidsdienste beter te verstaan.  Die geleentheid maak deel uit van die interdissiplinêre Gesondheid in Konteks module.  Die rede hiervoor is om studente vroeg bloot te stel aan die werklikhede van die Suid-Afrikaanse konteks met die doel om toekomstige gesondheidsorgpraktisyns voor te berei wat landelike gebiede beter sal bedien.

"Die naam is ook inklusief deurdat dit al drie die amptelike tale van die Wes-Kaap - Afrikaans, Xhosa en Engels - insluit," het prof Volmink gesê.

Die benoemingsproses was deur middel van 'n kompetisie aangepak, waartydens studente deur ʼn aanlyn-opname voorstelle kon maak. Altesaam 49 voorstelle vir name, met gepaardgaande motiverings, is ontvang, en Huis Ubuntu House is twee keer voorgestel.

Die oprigting van die nuwe koshuis het in 2012 begin en studente woon al vir die afgelope 18 maande daar. Die koshuis beskik oor 150 enkelkamers asook 'n ontspanningsruimte vir ongeveer 200 studente.

Foto: Mnr Eben Mouton (FGGW direkteur: Besigheidsbestuur, mnr Pieter Kloppers (Direkteur: Sentrum vir Studentestrukture en -gemeenskappe) en FGGW dekaan, prof Jimmy Volmink onthul die nuwe naam.
 
Deur: Wilma Stassen

"Amazing Race for Health”

'n Nuwe perspektief aan eerstejaars

Die "Amazing Race" het 'n besoek aan die Diensleersentrum en DOTS TB-kliniek in Avian Park, Worcester, ingesluit.

Eerstejaar mediese, fisioterapie en dieetkunde studente het gedurende Meimaand deelgeneem aan “The Amazing Race for Health” avontuur om eerstehands kennis te maak hoe gesondheidsfaktore ‘n impak het op die lewens van individue, gesinne en gemeenskappe en om die organisering van gesondheidsdienste beter te verstaan.  Die geleentheid maak deel uit van die interdissiplinêre Gesondheid in Konteks module.  Die rede hiervoor is om studente vroeg bloot te stel aan die werklikhede van die Suid-Afrikaanse konteks met die doel om toekomstige gesondheidsorgpraktisyns voor te berei wat landelike gebiede beter sal bedien.

In die begin van die akademiese jaar is die eerstejaar klas in 39 groepe van 10 studente elk opgedeel en elke groep is toegeken aan 'n spesifieke terrein. Studente het lesings oor die sosiale determinante van gesondheid en die funksionering van gesondheidstelsels in die breë Suid-Afrikaanse konteks ontvang. Elke groep moes navorsing doen oor die area wat aan hulle toegeken is om hulle voor te berei vir die besoek aan hulle dorp / gemeenskap. Die studente se harde werk het op ʼn hoogtepunt geëindig toe hulle die geleentheid gekry het ʼn om area te besoek en deel te neem aan verskeie aktiwiteite soos byvoorbeeld om die gemeenskapsorgwerkers te vergesel op die tuis- of gemeenskapsbesoeke; om onderhoude met kliënte en personeel te voer; besoeke aan die plaaslike nie-regeringsorganisasies; besoeke aan gesondheidsfasiliteite om gesondheidswerkers waar te neem om sodoende 'n beter begrip van die funksionering van die fasiliteit en die rolle van die verskillende beroepe te vorm.

Studente het aangedui dat die besoeke aan die gemeenskappe gehelp om hulle te laat besef "hoe die verskillende determinante van gesondheid die gesondheid van die lede van die gemeenskap beïnvloed". Deur die studente aan die werklikhede van die sosiale determinante van gesondheid en gesondheidsdienste in onderbediende gemeenskappe bloot te stel, is die studente die geleentheid gebied om die teoretiese kennis, wat hulle gedurende die eerste semester opgedoen het, te integreer en te konsolideer. Die hoogtepunt van die dag was om lede van die gemeenskap te besoek en om na hul stories te luister. Vir baie studente dit was 'n "lewensveranderende en insiggewende ervaring" en hulle het 'n kykie gekry wat hulle as 'n professionele gesondheidspraktisyn in die toekoms kan verwag.

Terugvoer van sommige studente het ook aangedui dat die Amazing Race for Health hulle gemotiveer het om eendag terug te keer na in landelike gebiede om daar te werk.

"Die besoek was nogal insiggewend en het baie van die konsepte, waarvan ek in die klas geleer het, meer werklik en makliker om mee te identifiseer gemaak."

"The Amazing Race het my nederig gemaak en ek wil graag betrokke raak by die gemeenskap om hul lewens en lewenstandaarde te verbeter."

"Een van die grootste lesse wat ek geleer het tydens die besoek aan die dorp, was die groot behoefte aan gesondheidswerkers in landelike- / plaasgebiede en watter groot bydrae gesondheidswerkers soos dokters, dieetkundiges en fisioterapeute aan onderbediende gebiede lewer."

Die Amazing Race for Health het studente ook gehelp het om die belangrikheid van samewerking binne spanverband te verstaan, om die behoeftes van die gemeenskappe suksesvol aan te spreek, om die rol wat ander gesondheidswerkers speel te respekteer en te waardeer en pasiënte holisties te hanteer.

"Ten einde holistiese gesondheidsorg te bereik, moet alle beroepe hand aan hand werk. Dit is 'n spanpoging, een beroep is nie beter as die ander een nie."

"The Amazing Race het my 'n nuwe perspektief op die versorging van pasiënte, wat nie net gaan oor die siekte nie, maar ook oor die omgewingsfaktore en omstandighede van die pasiënt."

"My waardering vir alle gesondheidspraktisyns het geweldig toegeneem ... Ek word geïnspireer om passievol oor my loopbaan te wees en myself elke dag toe te wy om my beste te gee."

Die Amazing Race for Health 2014 was 'n reuse sukses en terugvoer wat van studente en ander rolspelers ontvang is, was baie positief. Uittreksels uit die studente se persoonlike refleksies het getoon dat dit 'n waardevolle geleentheid was om te leer en dat die Amazing Race for Health werklik gehelp het om gesondheid in konteks te plaas.

"Dit het my beroep in perspektief en 'n deel van my lewe en hoe ek dinge sien verander en daarvoor  sal ek vir die res van my lewe dankbaar wees."

"The Amazing Race het my 'n baie geleer en het my oë oopgemaak om die groter prentjie in gesondheidsorg raak te sien. Ek het begin om die belangrikheid van ons loopbane en die enorme impak wat dit op 'n gemeenskap het, raak te sien."

"Dit was 'n fenomenale ervaring!"

Deur: Dr Stefanus Snyman

Inhoud inhoud-1 13

Personeel vier Mandela-dag

Personeellede van die fakulteit het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem om die voormalige president Nelson Mandela se nalatenskap te vier.

Desmond Tutu TB-sentrum se personeel het pluiskombersies gemaak vir die TB Kindersaal van die Brooklyn Longhospitaal en speelgoed aan die Fikelela Kinderhuis in Khayelitsha geskenk.

Drie KidCru personeellede, naamlik Jackie Crisp, Marietjie Bester en Anita Janse van Rensburg het 225 warm mussies vir die kraamsaal gebrei, sodat al die babas iets warms vir hulle koppies kan hê.

Student lei provinsiale netbalspan

'n Verheugde Léanie hou die plaat vir die wenners van die tweede divisie van die Brutal Fruit Cup, omhoog.

Die fakulteit se eie netbalster, Léanie Kleynhans-Cornelissen, 'n na-doktorale student in Biomediese Wetenskappe, is gekies as kaptein van die Southern Stings netbalspan. Hierdie span, wat bestaan uit spelers van die Boland, Wes-Kaap en Suid-westelike Provinsie, het in Mei en Junie deelgeneem aan die Brutal Fruit Netball Cup. Hulle was die goue medalje wenners van die tweede afdeling en het die uitspeelwedstyd gewen om na die eerste afdeling te vorder.  Hulle gaan in Augustus deelneem aan die nasionale Spar Kampioenskappe in Kaapstad. Ons wens Léanie en haar span alle sukses toe vir hierdie kompetisie.

Inhoud inhoud-1 14

US Koor behaal hoogste punt ooit by Wêreldkoorspele

Toe die Stellenbosch Universiteitskoor die afgelope naweek die kategorie vir geestelike musiek ('Spiritual') gewen het met die hoogste persentasie wat nog ooit by die Wêreldkoorspele toegeken is (98,38%), was hulle in die wolke.

Min het hulle geweet dat hulle kort daarna hul eie rekord sou verbeter toe hulle die kategorie vir gemengde kore met 'n persentasie van 99% oorheers het.

Die US Koor het op 6 Julie na Riga, die hoofstad van Letland, vertrek om aan die kompetisie deel te neem wat deur Interkultur gereël word. Hulle het ook die derde kategorie waaraan hulle deelgeneem het, Musica Sacra (gewyde musiek), gewen met 'n persentasie van 95,63%. Kyk video.

Lees die volledige artikel deur Pia Nänny op die US web

Inhoud inhoud-1 15

Besoekersboek

Kenyatta Universiteit, Kenia

Die “Stellenbosch University Rural Medical Education Partnership Initiative” (SURMEPI) het in Junie besoekers vanaf Kenyatta Universiteit (KU) ontvang.  Kenyatta ontvang ook MEPI-befondsing.  SURMEPI het alreeds verskeie Afrika-universiteite deur die MEPI-netwerk befonds om ondersoekende besoeke aan die US FGGW te bring. Die doel van hierdie besoek was om die KU te ondersteun met die ontwikkeling van ‘n Departement Huisartskunde sowel as ‘n sentrum vir Gesondheidsberoepe. Verskeie aanbevelings is gemaak vir samwerking tussen KU en die Universiteit Stellenbosch (US), insluitend tegniese bystand vir die ontwikkeling van fakulteit in Huisartskunde. Op die foto is (vlnr) dr Francisca Ongesha (KU), prof Lilian Dudley (US), prof Marietjie de Villiers (US), dr Titus Kahiga (KU), dr Joseph Mwangi (KU), prof Susan van Schalkwyk (US)

Mie Universiteit, Japan

'n Afvaardiging van Mie Universiteit in Japan het die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe in Julie besoek om  moontlike samewerking tussen die twee instansies te ondersoek. Op die foto is van links na regs mnr Masaki Ikeda, Mie Universiteit Kontrakkantoor en Finansiële Departement, Me Ronel Bester, Strategiese Verhoudingsbestuurder FGGW, dr Hiroki Hori, Mie Universiteit Uitvoerende Vise-President, prof Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing, FGGW, dr Atsumasa Uchida, Mie Universiteit President, dr Hiroshi Ehara, Mie Universiteit Vise President en mnr Ayumi Okada, Mie Universiteit Algemene Sake-kantoor.

Maastricht Universiteit, Nedeland

Prof Geertjan Wesseling (middel agter) van die Maastricht Universiteit, het die fakulteit van 28 tot 30 Julie 2014 besoek, om meer inligting rakende die kliniese opleidingsfasiliteite vna die Stellenbosch en vennoot-instansies, in te win.  Saam met hom op die foto is lede van die fakulteit se bestuurspan, mnr Eben Mouton (Direkteur: Besigheidsbestuur), prof Marietjie de Villiers (Visedekaan: Onderrig), dr Therese Fish (Visedekaan: Gemeenskapsdiens en -interaksie) en Prof Jimmy Volmink (Dekaan).

MD Anderson Kankersentrum, VSA

Verteenwoordigers van die MD Anderson Kankersentrum het die Afrika Kanker-instituut (AKI) op 23 Julie 2014 besoek. Hulle het 'n seminaar, 'Current diagnosis and Treatment of Breast Cancer', wat deur die AKI aangebied is, bygewoon. Van links is dr Shubhra Ghosh (Projekkoördineerder: Wêreldprogramme), dr Oliver Bogler (Senior Vise-President: Akademiese Sake), die gasspreker, dr Elise Cook (Medeprofessor: Kliniese Kankervoorkoming) en prof Vikash Sewram, (Direkteur van die AKI).