Inhoud afrikaans-content-5 1
» Baanbreker velkwekingstegniek sorg vir nog 'n US mediese deurbraak

» US dokters doen eerste suksesvolle penisoorplanting 

» Baanbrekersprosedure vir emfiseem-lyers ʼn eerste in Afrika

» Omvangryke studie bekyk verband tussen alkohol en wiegiedood

» Groter studentegetalle op innoverende wyse aangespreek

» Vlermuise gaan nou ook tuis op die Tygerberg-kampus

» Stralingsonkologie-eenheid spreek kanker in Afrika aan

» Ma’s, babas trek voordeel uit nuwe kritieke sorgeenheid

» Hersiene kurrikulum vir Arbeidsterapie

» Menswetenskappe bied nuwe perspektief

» Navorsing oor omgewingsgesondheid bevorder

» Sewentigjarige onder PhD-graduandi

» Oftalmoloë blink uit by nasionale kongres

» Digbundel uit die pen van talentvolle mediese student

» Student verkies tot bestuur van MWASA

» Uitnemendheid in gesondheidsorg versterk

» FGGW-personeel blink uit in PLUS-program

» US benoem as lid van internasionale netwerk in bioetiek 

» Internasionale samewerking in die stryd teen TB

» Afrika Kanker-instituut versterk opleidingsinisiatiewe met Zambië

» US soek oplossings vir Afrika vanuit Afrika

» Besoekersboek

» Veranderinge versterk verpleegkunde se profiel

» Biblioteek vernoem na wyle dr Louis Heyns

» Navorsingsdag oor onderwys in die gesondheidsberoepe aangebied

» PhD-studente vind baat by pre-doktorale kortkursus

» Studente in Gesondheidsorgleierskap opgelei

» Student woon byeenkoms oor menseregte in Indië by

»Aartsbiskop Desmond Tutu spreek TB-krisis aan

» Personeel bederf met Tafelberg-uitstappie

» Komende Fakulteitsgeleenthede om te dagboek

Vivus word uitgegee deur Bemarking en Kommunikasie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch. Kontak ons: mandi@sun.ac.za; +27 (0) 21 938 9202
 
Inhoud afrikaans-content-5 2

Baanbreker velkwekingstegiek sorg vir nog 'n US mediese deurbraak

Van links:  prof Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, Prof Brian Warren, Uitvoerende Hoof van Chirurgiese Wetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, dr Beth Engelbrecht, Hoof van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en dr Wayne Kleintjes, Hoof van die Brandwond-eenheid by Tygerberg-hospital.

Dokters aan die Universiteit Stellenbosch (US) het nog ‘n deurbraak behaal met die eerste suksesvolle oorplanting van  vel wat gekweek is met ‘n nuwe tegniek teen ‘n fraksie van die kostes van ander velkwekingsprosedures.

Met hierdie nuwe tegniek het dr Wayne Kleintjes, van die US se Departement Chirurgiese Wetenskappe, vel vir ‘n ernstig beseerde 16-jarige brandwondpasiënt gekweek (groei), teen ‘n koste van slegs R995, teenoor ‘n beraamde koste van R1.8 miljoen wat ‘n ander tegniek met dieselfde resultate sou kos.

US dokters doen eerste suksesvolle penisoorplanting

Die operasie-span tydens die eerste suksesvolle penis-oorplanting was, van links: prof Frank Graewe, dr Alexander Zülhke, dr Pieter Spies, dr André Müller, prof André van der Merwe en dr Talal Al-Qaoud

In ʼn baanbrekersoperasie het ʼn span chirurge van die Universiteit Stellenbosch (US) en Tygerberg-hospitaal pionierswerk gedoen deur die eerste suksesvolle penisoorplanting ter wêreld uit te voer.

Die nege-uur lange marathonoperasie, gelei deur prof André van der Merwe, hoof van die US se Afdeling Urologie, is op 11 Desember 2014 by Tygerberg-hospitaal in Bellville, Kaapstad, gedoen. Dit is die tweede keer dat hierdie tipe prosedure aangedurf is, maar die eerste keer in die geskiedenis dat suksesvolle langtermynresultate behaal is.

Kleintjes, hoof van die volwasse brandwond-eenheid by die Tygerberg-hospitaal, het verlede jaar in November besluit om hierdie tegniek, wat op daardie stadium nog nie goed gedokumenteer was nie, te gebruik om die 16-jarige pasiënt te behandel.  Die pasiënt was te swak vir ‘n gewone weefseloorplanting (‘n tydelike oplossing waar vel van ‘n skenker of ander spesie gebruik word) en het vinnig agteruitgegaan toe sy gewig tot slegs 19kg geval het.

“Ek het geweet ons het ‘n spesiale ingryping nodig om die seun te red. Selfs al was daar saam met die familie begin met ‘n fondsinsamelingveldtog vir ‘n Epicel-gekweekte Epidermale Outotransplantaat-oorplanting (Epicel Cultured Epidermal Autograft transplant), soortgelyk aan dit wat op Pippie Kruger gebruik is, was die invoer van die produk op daardie stadium verban. Die enigste uitweg was om self ‘n plan te maak,” sê Kleintjes.

Die resultate was bo verwagting en die pasiënt is binne slegs twee weke na die oorplanting uit die intensiewe sorgeenheid ontslaan. Dit was die eerste keer dat vel wat met hierdie tegniek gekweek is, suksesvol oorgeplant is.

Kleintjes het die prosedure in Februarie vanjaar vir ‘n tweede keer suksesvol uitgevoer op ‘n pasiënt met 63% brandwonde op sy liggaam. Die gewonde liggaamsoppervlak is met twee veloorplantings bedek en die pasiënt is vier weke na die oorplanting uit die intensiewe sorgeenheid ontslaan.

Die prosedure is soortgelyk aan ander tegnieke waar die pasiënt se eie vel gebruik word (verkry deur ‘n biopsie), maar die kwekingsmetode verskil beduidend omdat dit betreklik eenvoudig, effektief, biologies veilig en bekostigbaar is.

Die voortspruitende gebruik van die tegnologie en die verfyning daarvan, sal die onderwerp van ‘n navorsingstudie deur dr Kleintjies aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wees.

Dr Beth Engelbrecht, Hoof van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het gesê “ons is baie trots op ons klinici; hulle meedoënlose soeke na uitnemendheid en hulle innoveringsgees – dikwels in ‘n omgewing met beperkte finansiële bronne. Die projek is tans in ‘n ontwikkelingsfase. Sodra dit momentum begin bou, kan dit as deel van die normale provinsiale protokol ingestel word en met ander provinsies en die private sektor gedeel word”.

Tot nou toe was die vooruitsigte vir pasiënte in Suid-Afrika wat ernstige brandwonde opgedoen het, redelik swak. Die huidige konvensionele behandelingsmetodes strek van eenvoudige bestuur van pyn en ongemak, tot hoogsgespesialiseerde oorplantingstegnieke, afhangend van die beskikbaarheid van hulpbronne. Indien hulle oorleef, bly pasiënte vir lang en moeilike tye in hospitale se intensiewe sorgeenhede met gemengde resultate teen die einde van intensiewe behandeling. Die nadelige uitwerking van ernstige brandwonde op die slagoffers en hulle families kan nie genoeg beklemtoon word nie.

“Die beskikbaarheid van hierdie nuwe tegniek bied ‘n nuwe benadering tot die wyse waarop ons die prognose van slagoffers van ernstige brandwonde assesseer. Ons kan nou lewensreddende, haalbare en bekostigbare behandeling aanbied en die vooruitsigte wat voorheen baie somber was, baie beter laat lyk, het Kleintjes gesê.

Berig: Wilma Stassen
Foto: Mandi Barnard

US dokters doen eerste suksesvolle penisoorplanting

Die operasie-span tydens die eerste suksesvolle penis-oorplanting was, van links: prof Frank Graewe, dr Alexander Zülhke, dr Pieter Spies, dr André Müller, prof André van der Merwe en dr Talal Al-Qaoud

In ʼn baanbrekersoperasie het ʼn span chirurge van die Universiteit Stellenbosch (US) en Tygerberg-hospitaal pionierswerk gedoen deur die eerste suksesvolle penisoorplanting ter wêreld uit te voer.

Die nege-uur lange marathonoperasie, gelei deur prof André van der Merwe, hoof van die US se Afdeling Urologie, is op 11 Desember 2014 by Tygerberg-hospitaal in Bellville, Kaapstad, gedoen. Dit is die tweede keer dat hierdie tipe prosedure aangedurf is, maar die eerste keer in die geskiedenis dat suksesvolle langtermynresultate behaal is.

“Suid-Afrika bly op die voorgrond van mediese vooruitgang,” sê prof Jimmy Volmink, dekaan van die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). “Hierdie prosedure is nog ʼn uitstekende voorbeeld van hoe mediese navorsing, tegniese vernuftigheid en pasiënt-gesentreerde sorg gekombineer kan word in die soektog om menslike lyding te verlig. Dit wys wat kan gedoen word deur doeltreffende vennootskappe tussen akademiese instellings en die regering se gesondheidsdienste.”

Van der Merwe is bygestaan deur prof Frank Graewe, hoof van die Afdeling Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie by die FGGW, prof Rafique Moosa, hoof van die FGGW se Departement Geneeskunde, oorplantingskoӧrdineerders, narkotiseurs, teatersusters, ʼn sielkundige, ʼn etiese kenner en ander ondersteuningspersoneel.

Die pasiënt, wie se identiteit om etiese redes beskerm word, het ten volle herstel en het alle funksie teruggekry in die nuut-oorgeplante orgaan.

“Ons doel was dat hy teen twee jaar ten volle funksioneel sal wees en ons was baie verras deur sy vinnige herstel,” sê Van der Merwe. Die eindresultaat van die oorplanting was dat al die pasiënt se se urinêre- en voortplantingsfunksies herstel is.

“Dis ʼn massiewe deurbraak. Ons het bewys dit kan gedoen word – ons kan vir iemand ʼn orgaan gee wat net so goed is soos die een wat hy gehad het,” sê Graewe. “Dit was ʼn voorreg om deel te wees van die eerste suksesvolle penisoorplanting in die wêreld.”

“Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid is baie trots om deel te wees van hierdie baanbreker-wetenskaplike prestasie,” sê dr Beth Engelbrecht, Wes-Kaapse Hoof van Gesondheid. “Ons is trots op die mediese span, wat ook deel uitmaak van ons personeel by Tygerberg-hospitaal. Dit is goed om te weet dat ʼn jong man se lewe so betekenisvol verander is deur hierdie komplekse chirurgiese prestasie. Uit ervaring weet ons dat penisdisfunksie en –skending ʼn ernstige sielkundige effek op mense het.”

Die operasie was deel van ʼn proefstudie om ʼn prosedure vir penisoorplantings te ontwikkel wat in ʼn tipiese Suid-Afrikaanse hospitaalteater uitgevoer kan word.

“Daar is ʼn groter behoefte in Suid-Afrika aan hierdie tipe prosedures as elders in die wêreld, aangesien baie jong mans elke jaar hul penisse verloor na tradisionele besnydenisse,” verduidelik Van der Merwe.

Drie jaar gelede moes die 21-jarige pasiënt se penis geamputeer word om sy lewe te red nadat hy ernstige komplikasies ontwikkel het na ʼn tradisionele besnydenis. Alhoewel daar geen amptelike rekord is van die getal penisamputasies per jaar as gevolg van tradisionele besnydenisse nie, het een studie bevind dat daar in die Oos-Kaap soveel as 55 gevalle per jaar is, en kenners skat dat daar soveel as 250 amputasies per jaar landwyd kan voorkom.

“Dit is ʼn baie ernstige situasie. Vir ʼn jong man van 18 of 19 jaar kan die verlies van sy penis baie traumaties wees. Hy het nie noodwendig die sielkundige vermoë om dit te verwerk nie. Daar is selfs berigte van selfmoord onder hierdie jong mans,” sê Van der Merwe.

“Die helde in hierdie storie vir my is die skenker en sy familie. Hulle het die lewens van baie mense gered omdat hulle die hart, longe, niere, lewer, vel, korneas en die penis geskenk het,” sê Van der Merwe. Om ʼn skenker te vind was een van die groot uitdagings van die studie.

Die beplanning en voorbereiding vir die studie het in 2010 begin. Na breedvoerige navorsing het Van der Merwe en sy span chirurge besluit om dele van die model en tegnieke wat ontwikkel is vir die eerste gesigsoorplanting te gebruik.

“Ons het dieselfde tipe mikrochirurgiese tegnieke gebruik om die klein bloedvate en senuwees te heg, en die sielkundige evaluering van pasiënte was ook soortgelyk. Die prosedure moet volhoubaar wees en moet werk in die omgewing by Tygerberg-hospitaal,” sê Van der Merwe.

Die prosedure kan selfs uitgebrei word na mans wat hul penisse verloor het weens kanker of as ʼn laaste opsie vir erge erektiele disfunksie weens die newe-effekte van medikasie. As deel van die studie sal nog nege pasiënte penisoorplantings ontvang.

Deur Wilma Stassen

Inhoud afrikaans-content-5 3

Baanbrekersprosedure vir emfiseem-lyers ʼn eerste in Afrika

Die eerste longvolumeverminderingspiraal-prosedure (LVVS) is onlangs uitgevoer deur dokters in ʼn openbare-private vennootskap tussen die Universiteit Stellenbosch (US) en Mediclinic Panorama. Hierdie pionierswerk is ʼn eerste vir Afrika en bring hoop aan emfiseem-lyers.

Prof Coenie Koegelenberg, ʼn pulmonoloog aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, en dr Johan Theron, ʼn pulmonoloog by die Mediclinic Panorama het die prosedure uitgevoer op pasiënte in die Hart- en Longeenheid by Mediclinic Panorama. Dit word toegepas op emfiseem-lyers wat reeds alle ander moontlikhede onsuksesvol beproef het. Daar is tot op datum ʼn totaal van ses suksesvolle prosedures op drie pasiënte gedoen.

Omvangryke studie bekyk verband tussen alkohol en wiegiedood

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) is deel van ‘n groot, langdurige studie wat die verband tussen alkoholgebruik gedurende swangerskap en wiegiedood, oftewel skielike suigelingsterftesindroom, ondersoek.

Meer as 12 000 pasiënte en 13 vennoot-instansies in die VSA en Suid-Afrika is by die studie betrokke. In totaal is 7 062 pasiënte gewerf by ‘n voorgeboortekliniek in die Kaapse voorstad Bishop Lavis, en die res by voorgeboorteklinieke in Noord- en Suid-Dakota in die VSA.

Emfiseem is ʼn tipe chroniese obstruktiewe pulmonêre siekte (COPS) wat die vinnigste groeiende oorsaak van dood in ontwikkelende lande is en is tans die vierde algemeenste oorsaak van sterftes wêreldwyd. Mense met emfiseem ervaar ʼn asemtekort en haal moeilik asem, wat erger kan raak tydens oefening of wanneer hulle alledaagse roetinetake verrig, as gevolg van ʼn tekort aan elastisiteit in die pulmonêre-weefsel. Die verlies van elastisiteit veroorsaak ʼn groot probleem in die bestuur van emfiseem.

Alhoewel die prosedure vir die eerste maal in September 2014 gedoen is, was dit nodig om al die nodige infrastruktuur vir hierdie prosedures daar te stel, te verseker dat voldoende nasorg-ondersteuning vir die pasiënte in plek is en ʼn wesenlike aantal prosedures gedoen is voordat ʼn aankondiging gedoen is.

“Met die nuwe nie-ingrypende prosedure word dun metaalspirale in die lugweë van emfiseemagtige longe geplant. Die “geheue-spirale” neem hulle konfigurasies slegs aan nadat dit ontplooi is, en verklein die longvolume van die aangetaste long en hou dit in plek,” verduidelik Koegelenberg. “Deur dit te doen, word die pulmonêre elastisiteit behou en die klein lugweë oopgehou, wat asemhaling verbeter. Die prosedure neem ongeveer ʼn halfuur en pasiënte kan die volgende dag huis toe gaan.”

Die spirale word vanuit Duitsland ingevoer en die koste van die LVVS-prosedure beloop tussen R350,000 en R400,000 vir twee volle implantasies. Alhoewel dit nie goedkoop is nie, vergelyk die koste goed met ander endoskopiese prosedures in Suid-Afrika soos die inplanting van endobrongiale kleppe en chirurgiese longvolumevermindering.

Mr Rob Faux (64), ʼn pasiënt van Johannesburg, het aan COPS gely en was besig om ernstige emfiseem te ontwikkel. Hy het gekyk na behandelingsmoontlikhede, maar was nie bereid om chirurgie te ondergaan nie en het alternatiewe ondersoek. Hy het gelees van die LVVS wat nie-ingrypend en nie-chirurgies is en was op pad Duitsland toe om die prosedure daar te laat doen, toe hy vasstel dat dr Theron by die Mediclinic Panorama se Hart- en Longeenheid die prosedure in Kaapstad kan doen.

“As gevolg van die toestand was selfs eenvoudige aktiwiteite, soos om winkel toe te gaan of ʼn stel trappe te klim na ʼn boonste vlak om ʼn fliek by ʼn winkelsentrum te gaan kyk, vir my te veel. Ek het my eie navorsing gedoen en volgens inligting van oorsee kan die ware impak van hierdie prosedure slegs omtrent drie of ses maande na die prosedure gemeet word. Ek kon egter ʼn beduidende verbetering voel onmiddellik nadat slegs een van my longe gedoen is. Die prosedure is nou op beide my longe gedoen en dit sal selfs nog beter gaan. Ek is absoluut ekstaties,” het mnr Faux gesê.

Die Mediclinic Panorama / Universiteit Stellenbosch platform is tans die enigste in Afrika wat geakkrediteer is om die LVVS-prosedure uit te voer. Dit is ook die eerste buite die VSA en Europa. Verder is die Mediclinic Panorama Hart- en Longeenheid uniek in die opsig dat dit die nuutste tegnologie bied en ʼn bemagtigende omgewing skep vir die groep hart- en longspesialiste om met akademiese kollegas aan die US saam te werk. As gevolg hiervan word hoogsgespesialiseerde behandelingsmetodes vir moeilik-behandelbare pasiënte gereeld hier ontwikkel.

Baie ander radikale ingrypingsprosedures is alreeds ontwikkel deur die Mediclinic Panorama / Universiteit Stellenbosch platform. Dit sluit die endobrongiale ultraklank met transbrongiale nodale aspirasie, transtorakale ultraklankbegeleide-biopsies en meer onlangs, die endobrongiale vagusloslating in.

Bronne: Mediclinic en FGGW

Omvangryke studie bekyk verband tussen alkohol en wiegiedood

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) is deel van ‘n groot, langdurige studie wat die verband tussen alkoholgebruik gedurende swangerskap en wiegiedood, oftewel skielike suigelingsterftesindroom, ondersoek.

Meer as 12 000 pasiënte en 13 vennoot-instansies in die VSA en Suid-Afrika is by die studie betrokke. In totaal is 7 062 pasiënte gewerf by ‘n voorgeboortekliniek in die Kaapse voorstad Bishop Lavis, en die res by voorgeboorteklinieke in Noord- en Suid-Dakota in die VSA.

Vir die studie is swanger vroue tydens hulle eerste besoek aan die voorgeboortekliniek gewerf. Daarna is hulle bestudeer deur die loop van die swangerskap en die geboorte van hulle babas, tot en met die kind se eerste verjaarsdag. Data wat ingevorder word oor die voorkoms van alkoholgebruik gedurende swangerskap word dan vergelyk teen die risikofaktore van wiegiedood om te kyk of daar ‘n verband tussen die twee verskynsels is.

Die laaste pasiënt is aan die begin van die jaar gewerf en die finale uitslae van die studie sal teen die einde van 2016 bekend gemaak word.

‘n Groot hoeveelheid data van deelnemers vir hierdie studie word ingevorder, sowel as van talle kleiner studies binne die hoofstudie. Gesofistikeerde toetse word gedoen in verskeie intervalle voor en na geboorte om die kind se outonomiese senuweestelsel te toets en potensiële risiko’s te identifiseer. Genetiese materiaal soos bloed- en speekselmonsters word versamel van beide moeder en baba vir moontlike genetiese toetsing op ‘n latere stadium. Driedimensionele beelde word ook geneem voor en na geboorte van geselekteerde babas, wat moontlik kan help met die identifisering van fetale alkoholsindroom.

“Ek weet nie van enige ander studie wat so baie gedetailleerde inligting insamel nie,” sê prof Hein Odendaal van die FGGW se Departement Verloskunde en Ginekologie. “Daar is potensiaal vir opvolgstudies en die invordering van nog data. Die inligting kan gebruik word om die deelnemers te monitor wanneer hulle eendag reproduktiewe ouderdom bereik.”

Die Departement Verloskunde en Ginekologie by die FGGW is betrokke by die werwing en toets van deelnemers, en die Departement van Patologie hanteer monsters wat gekollekteer is. Oor die 10-jaar periode van die studie sal die FGGW ongeveer R86 miljoen ontvang van die Amerikaanse Nasionale Instituut van Gesondheid, wat die navorsing befonds.

Deur Wilma Stassen

Inhoud afrikaans-content-5 4

Groter studentegetalle op innoverende wyse aangespreek

Die groep van 274 eerstejaarstudente besig met die eerste eksamen van hul mediese loopbaan.

Die Bring-jou-eie-Toestel (Bring Your Own Device - BYOD) -projek wat verlede jaar by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) ingestel is, lewer ʼn beduidende bydrae om die uitdagings van die toename in studentegetalle die hoof te bied.

Die tegnologie wat die FGGW vir e-leer gebruik is redelik uniek. “Hulle is pioniers in die ware sin van die woord want dis die eerste keer dat ʼn prokjek van hierdie skaal met die tegnologie aangepak word,” het David Wiles, bestuurder van die FGGW se rekenaargebruikersarea (Gerga) gesê. Terwyl BYOD sedert 2009 as basistegnologie gebruik is, is die kombinasie van e-leer en eksamenaflegging in ‘n virtuele omgewing tans nog slegs deur twee ander opleidingsinstansies in die wêreld op ʼn kleiner skaal aangepak.

Vlermuise gaan nou ook tuis op die Tygerberg-kampus

Tashim Suliman, Nadine Sampson, Karlien Malan, Karnustha Poovan, Bronwyn Kleinhans en Ndapewa Ithete is die navorsingspan by die Virologie-afdeling wat die vlermuishuise gebruik vir hul studies.

‘n Nuwe woning is by die Tygerberg-kampus opgerig. Maar in teenstelling met die tipiese koshuis wat menslike TygerMaties huisves, is hierdie houtstrukture op die sportveld agter die Meerhoff-koshuis gebou om vlermuise te akkommodeer.

Die vlermuishuise is deel van ‘n groter navorsingsprojek deur nagraadse studente aan die Afdeling Mediese Virologie wat die plaaslike vlermuis-bevolking bestudeer. Die Tygerberg-velermuishuise vorm deel van ʼn projel wat behels dat  verskeie vlermuishuise regoor die Kaapse Skiereiland opgerig is.

“FGGW-studente gebruik hierdie stelsel om met hulle eie toestelle eksamen te skryf, assesserings te doen, toegang tot al die stelsels op die netwerk te kry en om die volle potensiaal van e-leer te benut,” het Wiles gesê. Eie toestelle kan skootrekenaars, tablette of iPads wees.

Meer as 950 studente het hulle toestelle vir BYOD geregistreer en opgestel. Volumes vir drukwerk by Gerga het drasties afgeneem omdat studente hulle toestelle gebruik om te studeer en om klasnotas daarop te stoor en te gebruik.

Wanneer studente hulle toestelle aan die Tygerberg BYOD-stelsel konnekteer kry hulle toegang tot ‘n virtuele ruimte wat al die dienste het wat vir e-leer benodig word, insluitend podsendings. Hierdie ruimtes kan sentraal opgestel word om unieke omgewings te voorsien waarmee studente kan werk. “Die grootste voordeel van hierdie stelsel lê daarin dat hetsy dit  ‘n ou of nuwe skootrekenaar het, of dit Windows, AppleOS of Androïede as stelsel gebruik en of dit ‘n skootrekenaar of tablet is, die ervaring en funksies dieselfde is ongeag die toestel,” het Wiles verduidelik.

Studente gebruik die BYOD-stelsel om eksamens en toetse te skryf in die eksamenkamer op die vyfde vloer van die Onderwysgebou wat in Maart 2014 met ‘n hoë digtheid Wi-Fi-netwerk toegerus is. “In Februarie vanjaar is alle vorige rekords oortref toe 274 eerstejaarstudente hulle eerste eksamen van hulle mediese loopbane geskryf het deur die BYOD-stelsel op dieselfde tyd te gebruik,” het Wiles gesê. Studente wat nie hulle eie toestelle gehad het nie is in Gerga geakkommodeer. “Vanuit ‘n BYOD-perspektief was die eksamen ‘n reuse-sukses en studente ondersteun hierdie nuwe tegnologie heelhartig,” het Wiles opgemerk. “Die aantal studente wat BYOD gebruik het om eksamen te skryf het in Maart vermeerder na 297.”

Berig en foto deur Mandi Barnard

Vlermuise gaan nou ook tuis op die Tygerberg-kampus

Tashim Suliman, Nadine Sampson, Karlien Malan, Karnustha Poovan, Bronwyn Kleinhans en Ndapewa Ithete is die navorsingspan by die Virologie-afdeling wat die vlermuishuise gebruik vir hul studies.

‘n Nuwe woning is by die Tygerberg-kampus opgerig. Maar in teenstelling met die tipiese koshuis wat menslike TygerMaties huisves, is hierdie houtstrukture op die sportveld agter die Meerhoff-koshuis gebou om vlermuise te akkommodeer.

Die vlermuishuise is deel van ‘n groter navorsingsprojek deur nagraadse studente aan die Afdeling Mediese Virologie wat die plaaslike vlermuis-bevolking bestudeer. Die Tygerberg-velermuishuise vorm deel van ʼn projel wat behels dat  verskeie vlermuishuise regoor die Kaapse Skiereiland opgerig is.

“Ons navorsing kyk na virusse in vlermuise,” verduidelik dr Ndapewa Ithete. “Ons monitor vlermuiskolonies oor ‘n tydperk. Ons versamel en ondersoek die fekale korrels om te bepaal of daar enige virusse in die bevolking is, en hoe die siekteprofiel oor tyd verander.”

Die navorsingsgroep, wat deur Ithete (‘n nadoktorale navorser) gelei word, bestaan uit drie PhD-studente en ‘n magisterstudent, en hulle bestudeer die korona-, paramyxo-, astro- en griepvirusse. Verskeie vlermuishuise is in die Valsbaai- en Tygerbergnatuurreservate asook op die Tygerberg-kampus opgerig. Die span werk ook saam met ander navorsers aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

“Deur vlermuise te monitor en ekologiese inligting te versamel kan ons moontlik vasstel wat veroorsaak dat vlermuis-virusse van vlermuise na ander spesies spring,” sê Ithete.

In 2013 het Ithete ‘n korona-virus in ‘n vlermuis in KwaZulu-Natal ontdek wat soortgelyk is aan die Midde-Oosterse Respiratoriese Sindroom (MERS). Dit skep die vermoede dat die MERS-virus, wat menslike bevolkings in die Midde-Ooste affekteer, moontlik in vlermuise ontwikkel het, na kamele gespring het, en uiteindelik mense bereik het.

Daar word vermoed dat vlermuise se sosiale strukture (leef saam in groot groepe), lang leeftyd, hulle vermoë om lang afstande af te lê en om virusse te huisves sonder om siek te word hulle natuurlike virusdraers maak.

Die span doen ook soortgelyke navorsing oor knaagdiere om vas te stel wat die impak van hulle krimpende habitat op ektoparasiete (luise, vlooie en miete) en virusse in hierdie bevolkings het.

Berig en foto deur Wilma Stassen

Inhoud afrikaans-content-5 5

Stralingsonkologie-eenheid spreek kanker in Afrika aan

Die nuwe jaar het ‘n nuwe begin gebring vir die Afdeling Stralingsonkologie van die Fakulteit – nie net omdat daar ‘n nuwe afdelingshoof, dr Hannah Simonds, is nie, maar die eenheid spog ook nou met ‘n splinternuwe, moderne stralingsmasjien.

Die Elekta Synergy Agility is een van slegs ‘n handjievol stralingsterapie-masjiene in die land met die vermoë om VMAT-straling te bied, wat terselfdertyd bestraling op veelvoudige velde deur ‘n behandelingsboog kan lewer.

Ma’s, babas trek voordeel uit nuwe kritieke sorgeenheid

Drr Langenegger, Moodley en mnr Seconds berei ‘n pasiënt voor om oorgeplaas te word nadat sy haar baba gehad het. Sy het preëklampsie (baie hoë bloeddruk) gehad en daarna water op die longe ontwikkel en het ook gesukkel om asem te haal. Die OCCU-span het haar gestabiliseer en maak nou gereed om haar na die kritieke sorgeenheid oor te plaas.

“In Suid-Afrika sterf daar elke jaar 1 600 vroue tydens swangerskap en bevallings, en 10 keer meer pasiënte ontwikkel erge komplikasies wat tot breinskade, nierversaking en ander probleme kan lei,” sê dr Eduard Langenegger, hoof van Kritieke Sorg in Verloskunde en Moeder-Fetus Geneeskunde in die Departement Verloskunde en Ginekologie aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. “In 20% van gevalle kon sterftes vermy word indien daar nie ‘n tekort aan beddens in kritieke sorg in Suid-Afrika was nie.”

Die nuwe kritieke sorgeenheid (OCCU) in die kraamsaal by die Tygerberg-hospitaal is een van slegs ‘n paar eenhede ter wêreld wat spesialiseer in die voorkoming en behandeling van komplikasies tydens swangerskap.

Stralingsonkologie-eenheid spreek kanker in Afrika aan

Prof Hannah Simonds

Die nuwe jaar het ‘n nuwe begin gebring vir die Afdeling Stralingsonkologie van die Fakulteit – nie net omdat daar ‘n nuwe afdelingshoof, dr Hannah Simonds, is nie, maar die eenheid spog ook nou met ‘n splinternuwe, moderne stralingsmasjien.

Die Elekta Synergy Agility is een van slegs ‘n handjievol stralingsterapie-masjiene in die land met die vermoë om VMAT-straling te bied, wat terselfdertyd bestraling op veelvoudige velde deur ‘n behandelingsboog kan lewer.

“Dit verskaf meer gefokusde bestraling op die areas waar jy dit wil hê, en ‘n baie laer dosis bestraling waar jy dit nie wil hê nie,” verduidelik Simonds. Dit is ook baie vinniger as die standaard stralingsmasjiene en kan komplekse prosedures wat tradisioneel tot 20 minute kan neem, binne twee minute kafdraf.

Personeel ontvang tans opleiding in die nuwe tegniek en na verwagting sal VMAT-behandeling vanaf Junie daar beskikbaar wees.

Simonds se eerste werk nadat sy gespesialiseer het was by die Tygerberg-hospitaal en sy is baie ingenome om “huis toe te kom” en is verbind daartoe om die beste moontlike sorg aan pasiënte te bied.

“Ons wil die beste bestraling lewer wat ons kan met die hulpbronne wat ons het,” sê sy.

Met vier liniêre versneller stralingsterapie-masjiene het die stralingsonkologie-eenheid by Tygerberg-hospitaal geen probleme met waglyste nie en begin pasiënte binne ses weke met behandeling – wat gelykstaande is aan internasionale standaarde.

‘n Pasiënt-bestuurstelsel wat ten volle elektronies is word ook tans geïmplementeer en sal die vloei van pasiënte verder bevorder. “Die sisteem sal goeie statistieke lewer van wie ons pasiënte is, watter kankers hulle het, inligting oor die waglys en selfs masjien-onderbrekings – dit sal ons help om ons uitsette beter te verstaan en te verbeter,” sê Simonds.

Ander doelwitte vir die afdeling sluit in verskerping van veiligheidsprotokol en -prosedures, die daarstelling van ‘n sterk span stralingsradioterapeute, en die bevordering van kankerbehandeling in Afrika deur middel van relevante navorsing en om opleiding aan kliniese assistente van oor die kontinent te bied.

“Daar is bitter min onkoloë in ander Afrika-lande en daarom wil ons kliniese assistente oplei wat sal teruggaan huis toe en ‘n impak maak op kankerbeheer in hulle lande,” sê Simonds. Voordat sy by die Universiteit Stellenbosch aangesluit het, het sy as ‘n kliniese onkoloog in Ghana gewerk, waar sy pasiënte van oor die hele Wes-Afrika behandel het.

“Ons sit hier aan die punt van Afrika met hierdie fantastiese hulpbronne. Jy moet navorsing doen wat relevant is tot jou bevolkings – maniere soek om behandelingstyd te verkort, innoverende maniere vind om die vloei van pasiënte te bestuur of newe-effekte te beheer, sodat ons leiding kan gee aan ons kollegas in Afrika,” sê sy.

Simonds stel veral belang in vrouekankers en het vir jare lank die Borskankerkliniek by Groote Schuur-hospitaal bestuur. Haar eie navorsing fokus op servikskanker in vroue met MIV.

“Meer en meer servikskanker-pasiënte met MIV kom voor, en dit is ‘n uitdaging om hierdie vroue die beste kankerbehandeling te gee sonder om ongewensde newe-effekte weens hul MIV te veroorsaak,” verduidelik Simonds. Haar navorsing kyk na hoe MIV-positiewe pasiënte straling- en chemoterapie verdra en soek na kreatiewe maniere om beste behandeling beskikbaar aan hulle te voorsien.

Deur Wilma Stassen

Ma’s, babas trek voordeel uit nuwe kritieke sorgeenheid

Drr Langenegger, Moodley en mnr Seconds berei ‘n pasiënt voor om oorgeplaas te word nadat sy haar baba gehad het. Sy het preëklampsie (baie hoë bloeddruk) gehad en daarna water op die longe ontwikkel en het ook gesukkel om asem te haal. Die OCCU-span het haar gestabiliseer en maak nou gereed om haar na die kritieke sorgeenheid oor te plaas.

“In Suid-Afrika sterf daar elke jaar 1 600 vroue tydens swangerskap en bevallings, en 10 keer meer pasiënte ontwikkel erge komplikasies wat tot breinskade, nierversaking en ander probleme kan lei,” sê dr Eduard Langenegger, hoof van Kritieke Sorg in Verloskunde en Moeder-Fetus Geneeskunde in die Departement Verloskunde en Ginekologie aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. “In 20% van gevalle kon sterftes vermy word indien daar nie ‘n tekort aan beddens in kritieke sorg in Suid-Afrika was nie.”

Die nuwe kritieke sorgeenheid (OCCU) in die kraamsaal by die Tygerberg-hospitaal is een van slegs ‘n paar eenhede ter wêreld wat spesialiseer in die voorkoming en behandeling van komplikasies tydens swangerskap.

Die werk wat in die eenheid gedoen word  is in lyn met die Millennium-ontwikkelingsdoelwit om moedersterftes te verminder – moedersterftes is een van Suid-Afrika se mees dwingende gesondheidskwessies.  

Komplikasies tydens swangerskap word veroorsaak deur preëklampsie (baie hoë bloeddruk), bloeding voor, gedurende of na ‘n bevalling, infeksies en onderliggende probleme soos hartsiektes.

Die voorkoms van moedersterftes in openbare gesondheidsorgfasiliteite in die Wes-Kaap is die laagste van alle provinsies in die land en is gelykstaande aan privaathospitale. Die uitkoms van baie siek moeders en babas wat in die OCCU behandel word is net so goed, indien nie beter nie, as uitkomste in lande soos die VSA, Brasilië en die Verenigde Koninkryk.

Die vestiging van hierdie kritieke sorgeenheid in Tygerberg-hospitaal se kraamsaal het alreeds gelei tot ‘n aansienlike afname in moedersterftes te wyte aan swangerskap en nie-swangerskap verwante lewensbedreigende noodgevalle. Die effektiewe bestuur van noodgevalle het ook ‘n afname in komplikasies soos nierversaking en serebrale gestremdheid teweeggebring.

“Erge komplikasies verhoog ‘n pasiënt se risiko om te sterf met 25%, maar as sy vroeë toegang tot kritieke sorg het, neem haar kans om te sterf aansienlik af,” sê Langenegger.

Langenegger en sy kollegas het ook ‘n OCCU-bloudruk ontwikkel wat in ander distriks- en tersiêre-hospitale geïmplementeer kan word, en tans werk hulle aan die daarstelling van noodsorgbeddens in die Worcester-hospitaal se kraamsaal.

Deur Wilma Stassen

Inhoud afrikaans-content-5 6

Hersiene kurrikulum vir Arbeidsterapie

Dr Nicola Plastow

Dr Nicola Plastow het ʼn genootskap in onderwys en leer van die Universiteit Stellenbosch ontvang om die kurrikulum vir die BSc in Arbeidsterapie-program aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) te hersien.

Die proses het in 2011 begin en sal in 2018 voltooi wees. Die akademiese inhoud vir elk van die vier jaar in die voorgraadse program word hersien. Duidelike fokus word geplaas op die verbetering van die leer- en opleidingsondervinding, die ontwikkeling van eienskappe van die gegradueerde en om seker te maak dat die opleidingsaanbod toepaslik is binne die Suid-Afrikaanse konteks

Menswetenskappe bied nuwe perspektief 

Dr Berna Gerber

Dr Berna Gerber, hoof van die Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), het ʼn genootskap in onderwys en leer van die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang vir ‘n projek wat sal fokus op die ontwikkeling van kurrikula vir gesondheidswetenskappe-studente en –klinici wat gebaseer is op die menswetenskappe.

Sy sal kursusse ontwikkel wat handel oor filosofie en gepas is vir die behoeftes van die voorgraadse en nagraadse gesondheidsorgstudente en –klinici.

Navorsing oor omgewingsgesondheid bevorder

Dr Thashlin Govender

Swak behuising.  Voedsel-oordraagbare siektes. Lugbesoedeling. Besoedelde waterbronne. Chemikalieë in huishoudelike produkte. Nuwe en terugkerende aansteeklike siektes. Padongelukke. Blootstelling aan plaagdoders.

Dit is slegs ‘n paar van die kwessies wat daarop dui dat mense en gemeenskappe op ‘n daaglikse basis aan ‘n wye verskeidenheid omgewingsgesondheidsrisiko’s blootgestel word.

Hersiene kurrikulum in Arbeidsterapie

Dr Nicola Plastow

Dr Nicola Plastow het ʼn genootskap in onderwys en leer van die Universiteit Stellenbosch ontvang om die kurrikulum vir die BSc in Arbeidsterapie-program aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) te hersien.

Die proses het in 2011 begin en sal in 2018 voltooi wees. Die akademiese inhoud vir elk van die vier jaar in die voorgraadse program word hersien. Duidelike fokus word geplaas op die verbetering van die leer- en opleidingsondervinding, die ontwikkeling van eienskappe van die gegradueerde en om seker te maak dat die opleidingsaanbod toepaslik is binne die Suid-Afrikaanse konteks.

“Ek het vir die genootskap aansoek gedoen om die kurrikulumontwikkelingsproses te ondersteun,” het Plastow gesê. “Ons gebruik die genootskap om te verseker dat ons as ‘n span genoeg tyd en hulpbronne het om die hersieningsproses te voltooi, en om ons te help om die kennis wat ons opdoen te versprei deur te publiseer en kongresaanbiedings te doen,” het sy verduidelik.

Die 2015 eerstejaarstudente is die eerste groep wat die hersiene kurrikulum volg. ‘n Sterker fokus is geplaas op die belangrikheid van die beroepsaktiwitiet as konsep in die hersiene program.  “Ons verhoog ook die aktiewe leer en multimedia leer in die program,” het sy gesê.

Plastow is ‘n senior dosent in arbeidsterapie. Sy het in Februarie 2014 by die FGGW se Arbeidsterapie-span aangesluit om, onder andere, arbeidsterapie-opleiding te doen in die velde van psigiatrie en geestesgesondheid. Sy het aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer en het in Engeland in die geriatriese psigiatrie-veld gewerk voordat sy by die Universiteit van Brunel as dosent aangesluit het, waar sy ook haar PhD verwerf het.

Berig en foto deur Mandi Barnard

Menswetenskappe bied nuwe perspektief

Dr Berna Gerber

Dr Berna Gerber, hoof van die Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), het ʼn genootskap in onderwys en leer van die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang vir ‘n projek wat sal fokus op die ontwikkeling van kurrikula vir gesondheidswetenskappe-studente en –klinici wat gebaseer is op die menswetenskappe.

Sy sal kursusse ontwikkel wat handel oor filosofie en gepas is vir die behoeftes van die voorgraadse en nagraadse gesondheidsorgstudente en –klinici.
“Ek wil die aard van kliniese gesondheidsorg ondersoek om te beskryf hoe dit verskil van die wetenskap soos wat dit op ander plekke beoefen word,” het Gerber gesê.

Sy het verduidelik dat gesondheidsorg nie ‘n natuurwetenskap is wat deur ‘n persoon met ‘n wit jas binne ‘n laboratorium beoefen word nie. “As ons regtig die pasiënt wil help en klinici wil oplei wat met pasiënte kan kommunikeer en vir die pasiënte, en ook vir hulself, omgee, moet ons dink oor en opleiding gee oor die aard van die aktiwiteit waarmee ons besig is wanneer ons ‘n pasiënt behandel.”

Gerber wil die voor- en nagraadse opleidingsaktiwiteite in die FGGW verbreed deur toepaslike en nuttige bydraes vanuit die mens- en sosiale wetenskappe in te sluit.

Sy redeneer in haar aansoek dat “baie van die probleme wat mediese dokters in hulle daaglikse werk ondervind, voortspruit uit die (misplaaste) self-identifisering van kliniese geneeskunde as ‘n natuurwetenskap”. Dit kan deels lei tot probleme wat gereeld deur gesondheidsorgwerkers ondervind word, insluitend ondoeltreffende kommunikasie met pasiënte en die negatiewe gevolge daarvan.

Dus is een van die verwagte uitkomste verbeterde klinici-pasiënte-kommunikasie. “Doeltreffende kommunikasie tussen gesondheidsorgpraktisyns en pasiënte kan die werksondervinding van gesondheidspraktisyns verbeter wat kan lei tot hoër vlakke van werksbevrediging. Dit sal ook moontlik kan lei tot die voorkoming van regstappe op grond van beweerde mediese wanpraktyke,” het Gerber gesê.

Die beplande kursusse sal in noue samewerking met die US se Departement Filosofie ontwikkel word. Daar word beoog dat ‘n aantal individuele modules of kursusse ontwikkel sal word. “Dit sal geskik wees vir die behoeftes van die verskillende groepe, byvoorbeeld verskillende kursusse vir die voorgraadse geneeskundestudent as deel van hulle formele opleiding en vir die gesondheidsorgpraktisyns wat voorgraadse opleiding doen. Dit kan ook kortkursusse insluit vir gesondheidsorgpraktisyns wat glad nie by opleiding betrokke is nie,” het Gerber verduidelik.

Berig en foto deur Mandi Barnard

Navorsing oor omgewingsgesondheid bevorder

Dr Thashlin Govender

Swak behuising.  Voedsel-oordraagbare siektes. Lugbesoedeling. Besoedelde waterbronne. Chemikalieë in huishoudelike produkte. Nuwe en terugkerende aansteeklike siektes. Padongelukke. Blootstelling aan plaagdoders.

Dit is slegs ‘n paar van die kwessies wat daarop dui dat mense en gemeenskappe op ‘n daaglikse basis aan ‘n wye verskeidenheid omgewingsgesondheidsrisiko’s blootgestel word.

Die Afdeling Gemeenskapsgesondheid aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) is tans besig om hulle navorsingsfokus op omgewingsgesondheid uit te brei. Befondsing is hiervoor ontvang vanaf die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se Thuthuka-befondsing om nagraadse studente te ondersteun wat navorsing oor omgewingsgesondheid wil doen. Die Thuthuka-befondsing, wat in 2001 ingestel is, staan sentraal tot die NNS se ontwikkelingstrategie van mensekapitaal met betrekking tot die bevordering van gelykheid en die regstellingsagenda binne die navorsingsfeer.

Volgens dr Thashlin Govender, van die Afdeling Gemeenskapsgesondheid wat gemoeid is met die navorsing wat deur hierdie geld befonds word, het gesê die omgewingsgesondheidsveld is dinamies en ontwikkel aanhoudend.  “Omgewingsblootstelling is een van die hoofbydraende faktore tot die wêreld se siektelas en beïnvloed die gesondheid van kwesbare bevolkings. Hierdie veld is selfs van groter belang in Suid-Afrikaanse gemeenskappe waar die verkeerde gebruik van hulpbronne, swak besoedelingsbeheer en armoede lei tot hoë risiko’s afkomstig vanuit die omgewing.”

Omgewingsgesondheid is ‘n onderafdeling van openbare gesondheid en is daartoe verbind om die publiek se gesondheid te beskerm en die lewensgehalte te bevorder deur die assessering, regstelling, beheer en voorkoming van die omgewingsfaktore wat menslike gesondheid nadelig kan beïnvloed. Die doel van enige omgewingsgesondheidprogram of -inisiatief is die voorkoming van beserings, siektes en sterftes wat kan voortvloei uit kontak van mense met hulle omgewings.

“Die bevordering van navorsing oor omgewingsgesondheid by die FGGW sal ons in staat stel om die rol van omgewingsfaktore op menslike gesondheid beter te verstaan en om inligting vir openbare gesondheidsintervensies beskikbaar te stel deur beide beleidsveranderings en gemeenskapsbetrokkenheid,” het prof Lilian Dudley, Hoof van die Afdeling Gemeenskapsgesondheid, gesê.

“Hierdie befondsing bied aan ons die geleentheid om die las van siektes wat verband hou met omgewingsgesondheid in kwesbare stedelike bevolkings in die Wes-Kaap beter te verstaan. Terwyl nie alle ingewikkelde omgewingskwessies voorspel kan word nie, sal dit ‘n beduidende impak op ons gemeenskappe hê indien ons bedag is op sekere bekende ontluikende kwessies,” het Govender gesê.

Die Afdeling Gemeenskapsgesondheid nooi voornemende honneurs, meesters en doktorale kandidate wat belangstel om navorsing oor omgewingsgesondheid te doen om dr Thashlin Govender by thashlin@sun.ac.za te kontak.  Suksesvolle kandidate sal projekbefondsing en beursondersteuning ontvang.

Berig en foto verskaf

Inhoud afrikaans-content-5 7

Sewentigjarige onder PhD-graduandi

Dr Penny Enarson

Die 70-jarige mev Penny Enarson is een van ongeveer 20 studente en personeellede by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan wie daar tydens die Maart gradeplegtighede doktorale grade toegeken is.

Vir haar PhD het Enarson ‘n behandelingbestuursprogram vir kinders met longontsteking in Malawi ontwikkel. In 2000, toe Enarson met haar navorsing begin het, het dié land baie noodlottige gevalle van longontsteking in kinders binne hospitale gehad.

Oftalmoloë blink uit by nasionale kongres

Dr Sandika Baboolal Dr Willem-Martin Gerber

Oftalmoloë aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het weereens tydens die Oftalmologiese Vereniging van Suid Afrika se onlangse nasionale kongres in Durban uitgeblink.  

Vier dokters van die Afdeling Oogheelkunde het referate gelewer, wat almal baie goed ontvang is, en twee kliniese assistente het met die louere weggeloop.

Sewentigjarige onder PhD-graduandi

Studente en personeellede van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat hulle PhD-grade tydens die Maart gradeplegtighede ontvang het

Die 70-jarige mev Penny Enarson is een van ongeveer 20 studente en personeellede by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan wie daar tydens die Maart gradeplegtighede doktorale grade toegeken is.

Vir haar PhD het Enarson ‘n behandelingbestuursprogram vir kinders met longontsteking in Malawi ontwikkel. In 2000, toe Enarson met haar navorsing begin het, het dié land baie noodlottige gevalle van longontsteking in kinders binne hospitale gehad.

Sy het ‘n intervensie ontwikkel – grootliks gebaseer op die beginsels van DOTS (directly observed treatment short course wat vir TB-behandeling gebruik word) – wat die skep van opleidingsmateriaal, aanbieding van opleidingskursusse en daarstel van funksionele verspreidingskanale vir medisyne en toerusting insluit.

“Die program was ‘n groot sukses en het die dodetal van kinders met longontsteking in Malawi met meer as 50% laat daal, en ‘n onlangse internasionale oorsig-kommittee het gevind dat die program volhoubaar is en uitgebrei het,” sê prof Rob Gie van die Desmond Tutu TB-sentrum by die FGGW.

Nog ‘n PhD-ontvanger, Prof Razeen Davids, is die hoof van die Afdeling Nefrologie by die Fakulteit. Sy PhD het die bruikbaarheid ondersoek van ‘n e-leer platform wat deur ‘n span studente ontwikkel is om klinici te help om nier-probleme te bestuur. “Bruikbaarheid beskryf hoe maklik ‘n tegnologiese platform is om te gebruik… Swak bruikbaarheid beperk die potensiële voordeel van innoverende opleidingshulpbronne as studente sukkel met die koppelvlak asook die uitdaging van die inhoud wat aangebied word,” verduidelik Davids.

Deur middel van ‘n stel gesofistikeerde toetse het Davids vasgestel dat die koppelvlak van hulle multimedia e-leer hulpbron nie voldoen het aan verskeie beginsels van goeie koppelvlak-ontwerp nie, en kon hy die program hersien om bruikbaarheid te verbeter. “Ons studie het duidelik bewys dat die bruikbaarheid-evaluasie van e-leer hulpbronne noodsaaklik is, en bied ‘n voorbeeld van hoe klinici-dosente die bruikbaarheid van hulpbronne kan verbeter om die impak van opleiding te verhoog,” sê Davids.

Nog ‘n FGGW-personeellid, dr Michael Pather, is ‘n PhD toegeken is vir sy navorsing oor die implementasie van bewysgebaseerde riglyne in die primêre gesondheidsorgpraktyk. “Alhoewel dit bewys is dat kliniese riglyne die gehalte van kliniese praktyk verbeter… is praktisyns somtyds nie bewus van praktiese riglyne nie en pas nie die bewysgebaseerde aanbevelings daarin toe nie,” verduidelik Pather.

Met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bewysgebaseerde Asma-riglyne as voorbeeld, het Pather opnames, onderhoude en ander navorsingsmetodes gebruik om die vlak van implementering deur personeellede vas te stel voor en na opleiding. “Die navorsing het tot die gevolgtrekking gekom dat die proses van riglyn-implementasie in die openbare gesondheidsektor verbeter kan word deur middel van ‘n in-diepte begrip en sistematiese benadering tot die proses,” sê Pather.

Vir haar PhD het Marisa Klopper, van die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika, middelweerstandige (DR) stamme van TB in die Oos-Kaap ondersoek. Sy het bevind dat sekere mutasies van die dominante middelweerstandige TB-stam, genaamd die A-tipiese Beijing-genotipe, weerstandig is teen soveel as 11 teen-TB-middels – wat dit basies onbehandelbaar maak.

Deur die bestudering van middelweerstandige TB-stamme in die Oos-Kaap is sekere karaktereienskappe van die stamme geïdentifiseer wat klinici kan help om behandeling aan te pas en uitkomste te verbeter.

Ander personeellede van die FGGW aan wie PhDs toegeken is sluit in:
-    Dr Pierre Goussard van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid met sy PhD getiteld: Bronchoscopic assessment and management of children presenting with clinically significant airway obstruction due to tuberculosis
-    Marius Olivier van die Departement Psigiatrie met sy PhD getiteld: Neuro-cognition and disordered thinking: It’s association, temporal stability and outcome correlates in first episode psychosis
-    Dr Ronald van Toorn van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid met sy PhD getiteld: Childhood tuberculosis meningitis: challenging current management strategies

Berig: Wilma Stassen
Fotos: Mandi Barnard

Oftalmoloë blink uit by nasionale kongres

Dr Sandika Baboolal Dr Willem-Martin Gerber

Oftalmoloë aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het weereens tydens die Oftalmologiese Vereniging van Suid Afrika se onlangse nasionale kongres in Durban uitgeblink.  

Vier dokters van die Afdeling Oogheelkunde het referate gelewer, wat almal baie goed ontvang is, en twee kliniese assistente het met die louere weggeloop.

Dr Willem-Martin Gerber het die wenprys vir die beste referaat deur ʼn kliniese assistent ontvang vir sy aanbieding getiteld “Ocular penetration of anti-retroviral drugs in a rabbit model”. Die prys behels ʼn ten volle befondsde bywoning van ʼn oorsese kongres. Gerber het gesê hy kan dit nie glo nie en hy beskou dit as “ʼn groot eer, alhoewel dit eintlik ʼn spanpoging deur die hele Afdeling Oogheelkunde is.”

Dr Sandika Baboolal het met haar plakkaat getiteld “Case of a young female on Depo Provera with bilateral fulminant pseudotumor cerebri” die plakkaatsessieprys gewen wat ʼn betekenisvolle kontantbedrag behels het. Sy het gesê die toekenning is ‘n uitstekende geleentheid om die Universiteit Stellenbosch en Tygerberg-hospitaal se Afdeling Oftalmologie op ‘n internasionale kongresplatform te verteenwoordig. “Ek waardeer die afdeling se ondersteuning en wil ‘n spesiale woord van dank rig aan dr Robyn Rautenbach, ons vitreo-retinale konsultant.”

Deur Mandi  Barnard

Inhoud afrikaans-content-5 8

Digbundel uit die pen van talentvolle mediese student

Luister na Wandile Ganya se voorlesing van sy gedig "A moment in the paddock" uit sy digbundel Divine Interspace op die Youtube-kanaal

Met sy teaterdrag, rugsak en breë glimlag pas Wandile Ganya presies in die profiel van die finalejaar-mediese student wat hy is. Op die oog af is daar min wat die merkwaardige prestasies van hierdie nederige jong man weggee, en dit is eers wanneer hy in sy diep, kalm stem begin praat dat jy besef dat sy wysheid veel verder as sy ouderdom strek.

In Februarie het Wandile sy eerste boek, Divine Interspace, ‘n digbundel van oorspronklike gedigte wat hy tussen 2012 en nou geskryf het, gepubliseer.

“Ek skryf al vir ‘n lang ruk gedigte en het nog altyd belang gestel in die literatuur, veral klassieke literatuur,” sê Wandile, wie se gunsteling skrywers klassieke digters soos Dante, Ovid en Robert Browning insluit.

Student verkies tot bestuur van MWASA

Siviwe Mila

Siviwe Mila, ‘n sesdejaar MB,ChB -student, is genooi om op die nasionale uitvoerende komitee van die Mediese Vroue Vereniging van Suid-Afrika (Medical Women Association of South Africa - MWASA) te dien.  Hierdie vereniging is November verlede jaar bekendgestel.

Tydens die bekendstelling moes Mila terugvoering gee oor die media- en bemarkingsgroep se besprekingsessie.  Lede van die raad was so beïndruk met haar aanbieding dat hulle haar genader het om by die uitvoerende komitee aan te sluit.

Digbundel uit die pen van talentvolle mediese student

Wandile Ganya

In sy derde jaar van studie het Wandile besluit om Divine Interspace te skryf om  sy letterkundige kreatiwiteit aan te wakker omdat hy gevoel het dat hy hierdie sy van homself afgeskeep het sedert hy met sy MB,ChB begin het. “Ek het daaraan gedink om ‘n digbundel saam te stel om die meer kunstige dimensie van die lewe en natuur te verken en om te kyk hoe ver ek kan gaan met net ‘n greintjie verbeelding.”

Hy beskryf sy eie gedigte as “metafisies”, “filosofies” en “transendentaal”. Deur die beskrywing van visies verken hy die tema van die doel van die lewe, en die mens se soektog na betekenis. “So te sê elke gedig laat die leser opkyk na die hemel vir antwoorde… om te soek na ‘n doel verhewe bo die alledaagse verloop van die lewe,” verduidelik hy. “Ek wil die leser inspireer om te soek na ‘n doel, ‘n rede vir sy bestaan.”

Hierdie peinsende tema is gegrond op sy liefde vir filosofie. “Ek stel veral belang in spesifieke velde van filosofie: eerstens is daar morele filosofie, wat vraagstukke soos ‘wat is goed?’ en ‘wat is reg en verkeerd?’ verken. ‘n Ander tema is Afrika-filosofie, wat met konsepte en idees soos die lewe, dood, gesondheid en moraliteit handel vanuit ‘n unieke Afrika-perspektief. En laastens is daar ook die filosofie van logika, wat in my opinie die weefsel of struktuur van filosofie is,” verduidelik hy, sigbaar opgewonde oor die onderwerp.

Sy filosofiese nadenkinge het al verskeie insigte opgelewer, byvoorbeeld: “In die soektog na grootheid is klein mense geneig om ander te laat klein voel, terwyl mense wat werklik groot is, ander inspireer om die grootheid binne hulself te besef.”

Wandile se liefde vir die digkuns, filosofie en wetenskap het by sy plaaslike biblioteek ontkiem. “Ek sal nooit die dag vergeet toe my ouer suster vir my en Wanele (sy tweelingbroer wat ook medies studeer) die biblioteek gewys het nie. Ons was in die laerskool. Ons het ingestap en net hope en hope boeke gesien en mense wat ernstig sit en lees het. Dit het ‘n nuwe wêreld vir ons oopgemaak,” sê Wandile.

Hulle het in Khayelitsha grootgeword, ‘n township op die Kaapse Vlakte, saam met hul vyf ander broers en susters. Wandile en Wanele was die eerstes in hul familie om aan ‘n universiteit te studeer. “Om universiteit toe te kom het ‘n klomp uitdagings gebied, waarvan een ‘n tekort aan finansiële ondersteuning was. Gelukkig was die probleem opgelos toe ons die Rektor se Uitstygtoekenning in ons eerste en tweede jaar ontvang het.”

Met ‘n wye belangstellingsveld en merkwaardige intelligensie kon Wandile enige beroep gekies het, maar sê hy het op medies besluit omdat daar ‘n groot behoefte in die gemeenskap aan dokters is.

Hy is ook gefassineer deur die uitdagings wat die mediese veld bied. “Ek dink daar is ‘n groot behoefte aan innovasie in die geneeskunde – van navorsing oor TB en MIV/Vigs tot navorsing oor  kanker en gesondheidstelsels,” sê Wandile.

Alhoewel hy nog nie vaste planne vir die toekoms het nie, is hy vasbeslote om navorsing te doen wat sal help om die land se mediese uitdagings aan te spreek… en om ten minste nog ‘n paar letterkundigewerke te skryf.

Kry jou eie kopie van Divine Interspace in e-boek formaat by: http://www.amazon.com/Divine-Interspace-Wandile-Ganya/dp/0620635851

Berig, foto en video deur Wilma Stassen

Student verkies tot bestuur van MWASA

Siviwe Mila

Siviwe Mila, ‘n sesdejaar MB,ChB -student, is genooi om op die nasionale uitvoerende komitee van die Mediese Vroue Vereniging van Suid-Afrika (Medical Women Association of South Africa - MWASA) te dien.  Hierdie vereniging is November verlede jaar bekendgestel.

Tydens die bekendstelling moes Mila terugvoering gee oor die media- en bemarkingsgroep se besprekingsessie.  Lede van die raad was so beïndruk met haar aanbieding dat hulle haar genader het om by die uitvoerende komitee aan te sluit.

MWASA se doel is om ‘n netwerk en ondersteuningstelsel vir vroulike mediese dokters te bied. Mila het verduidelik dat hulle ook beplan om studente op voor- en nagraadse vlak te ondersteun.

Mila sal saam met ‘n vierdejaar- mediese student aan die Sifako Makgatho Universiteit werk om die vereniging se mentorskapprogram te ondersoek.

“Dit gaan nie net oor ons vroulike dokters en studente nie, maar ook oor die deel van ons onderskeie kundigheid in watter veld ook al om te help om ons land se gesondheid te verbeter,” het sy gesê.

Deur Mandi  Barnard

Inhoud afrikaans-content-5 9

Uitnemendheid in gesondheidsorg versterk

Die Discovery-stigting het oor die laaste agt jaar meer as R150 miljoen in beurse toegeken vir mediese opleiding en gesondheidsorg-uitnemendheid. Dit word oor ʼn tydperk van 10 jaar toegeken as beurse gemik op die onderrig en opleiding van 300 gesondheidsorgspesialiste.

Geluk aan die volgende personeellede van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat vanjaar Discovery-stigtingtoekennings ontvang het:

Sub-spesialis Toekennings
Dr S Abrahams (Pulmonologie)
Dr JA Brooker (Neuropsigiatrie)
Dr J Rossouw (Verloskunde en Ginekologie)

Akademiese Genootskapstoekennings
Dr P van der Bijl (Kardiologie)

Individuele Landelike Genootskapstoekennings
Dr HJ Hendriks (Huisarts-spesialis, Witzenberg Sub-distrik)
Dr K Von Pressentin (Huisartskunde en Primêre Sorg)

FGGW-personeel blink uit in PLUS-program

Personeellede wat die PLUS-program suksesvol voltooi het

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) spog vanjaar met tien uit ʼn totaal van 36 personeellede vanuit die Universiteit Stellenbosch (US) wat in April sertifikate vir studies in finansiële bestuur en administratiewe ondersteuning ontvang het.

Altesaam sewe personeellede het die US se jaarlikse PLUS-program (Professional Learnership University of Stellenbosch) gedoen en drie het die internasionale Association of Accounting Technicians (AAT) se finansiële kursus suksesvol voltooi.  

FGGW-personeel blink uit in PLUS-program

Personeellede wat die AAT-kursus suksesvol voltooi het

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) spog vanjaar met tien uit ʼn totaal van 36 personeellede vanuit die Universiteit Stellenbosch (US) wat in April sertifikate vir studies in finansiële bestuur en administratiewe ondersteuning ontvang het.

Altesaam sewe personeellede het die US se jaarlikse PLUS-program (Professional Learnership University of Stellenbosch) gedoen en drie het die internasionale Association of Accounting Technicians (AAT) se finansiële kursus suksesvol voltooi.  

Hierdie program is deel van ‘n US-inisiatief waardeur personeellede opleiding in finansiële bestuur en administratiewe ondersteuning ontvang as deel van loopbaanontwikkeling. Personeellede moet twee maal per week klasloop, mentorskap ontvang en eksamen aflê om vir ‘n sertifikaat te kan kwalifiseer.

Sedert 2006 het ongeveer 140 personeellede die PLUS-program en 48 die AAT se finansiële kursus suksesvol voltooi.

Baie geluk aan die volgende FGGW personeel:

PLUS-groep: Delphine Adams, Colleen Charters, Cindy Harley, Mercia Kühn, Lisl Martin, Leandie September en Karin Toua
AAT-groep: Lesanne Matthee, Tracey Pietersen en Adri Brits

Deur Mandi Barnard
Foto's: Anton Jordaan

Inhoud afrikaans-content-5 10

US benoem as lid van internasionale netwerk in bioetiek

Van links is proff David Durrheim en Andreas Reiss, beide van die WGO, proff Jimmy Volmink, Rafique Moosa en Keymanthri Moodley, van die Universiteit Stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg (Centre for Medical Ethics and Law [CMEL]) is in April 2015 deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) benoem as ʼn lid van hulle Wêreldnetwerk van Samewerkingsentrums vir Bioetiek (Global Network of Collaborating Centres for Bioethics - CCs).

Hierdie internasionale netwerk bestaan uit sewe akademiese sentrums wat hulle bemoei met die etiek van openbare gesondheid en navorsing. Hulle is gebaseer in Toronto, New York, Zürich, Miami, Melbourne, Singapoer en nou ook Kaapstad - die enigste sentrum in Afrika wat genooi is om by die netwerk aan te sluit.

Internasionale samewerking in die stryd teen TB

Prof Samantha Sampson

TB-navorsing, ‘n belangrike fokusarea van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch (US), het ‘n verdere hupstoot ontvang met die insluiting van ‘n navorsingsprojek in ‘n samewerkingsooreenkoms tussen die regerings van Suid-Afrika en Tunisië.

Sewe navorsingsprojekte van die Universiteit Stellenbosch is goedgekeur om deel te vorm van hierdie ooreenkoms wat ten doel het om wetenskap en tegnologie in beide lande te bevorder. Dit word deur die Nasionale Navorsingstigting gefasiliteer. Volgens die NNS het die twee lande besluit om navorsers van openbare universiteite en openbare navorsingsinstansies te ondersteun op ‘n gelyke en wedersyds voordelige basis in ‘n poging om wetenskaplike en tegnologiese samewerking tussen die twee lande te bevorder.

US benoem as lid van internasionale netwerk in bioetiek

Van links is proff David Durrheim en Andreas Reiss, beide van die WGO, proff Jimmy Volmink, Rafique Moosa en Keymanthri Moodley, van die Universiteit Stellenbosch.

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg (Centre for Medical Ethics and Law [CMEL]) is in April 2015 deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) benoem as ʼn lid van hulle Wêreldnetwerk van Samewerkingsentrums vir Bioetiek (Global Network of Collaborating Centres for Bioethics - CCs).

Hierdie internasionale netwerk bestaan uit sewe akademiese sentrums wat hulle bemoei met die etiek van openbare gesondheid en navorsing. Hulle is gebaseer in Toronto, New York, Zürich, Miami, Melbourne, Singapoer en nou ook Kaapstad - die enigste sentrum in Afrika wat genooi is om by die netwerk aan te sluit.

Die CCs is sleutelinstansies met toepaslike ondervinding wat regoor die wêreld versprei is. Hulle ondersteun die WGO om hulle etiek-mandaat te verwesenlik met behulp van deurlopende samewerking en dialoog met akademiese sentrums.

Dr Andreas Reis, van die WGO se Departement van Kennis, Etiek en Navorsing, het in sy toespraak by ʼn geleentheid om die samewerking te vier gesê dat die CC’s ondersteuningsaktiwiteite moet uitvoer in lande en streke tot voordeel van die WGO, die instansies en die streke waarin hulle werksaam is.

Hy het opgemerk dat die CMEL een van die oudste werkende etieksentrums in Suid-Afrika is, met ʼn uitstekende opleidings- en navorsingsaanbod. “Die CMEL het alreeds goeie bande met die ander sentrums in die netwerk gevestig. Met hierdie netwerke en hulle werk oor interdissiplinêre navorsing, is ʼn gesamentlike werksplan vir die volgende drie jaar alreeds aanvaar,” het hy gesê.

Volgens prof Anton van Niekerk van die US se Sentrum vir Toegepaste Etiek, kon die WGO nie ʼn beter keuse gemaak het as om die CMEL as ʼn sewende Samewerkingsentrum te benoem nie. “Die CMEL het ʼn beduidende rol gespeel in die geskiedenis van bioetiek in Suid-Afrika,” het hy gesê. “Hulle was van die eerstes om etiek in voorgraadse opleiding in te stel.” Hulle is ook aktief betrokke by navorsing en nagraadse opleidingsprojekte soos die Bevordering van Navorsingsetiek-opleiding in Suid-Afrika (Advancing Research Ethics Training in South Africa [ARESA]).

Die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het ʼn lang verbintenis met die WGO en lewer ʼn bydrae tot verskeie WGO-programme. Prof Jimmy Volmink, Dekaan van die FGGW, het in sy openingsrede by die geleentheid genoem dat ʼn aantal fakulteitslede in raadgewende hoedanigheid betrokke is, op verskeie komitees dien en lede van werksgroepe is. “Ons is betrokke by die ontwikkeling van behandelingsriglyne, navorsingsintese programme en opleidingsinisiatiewe. Met die insluiting van die CMEL by hierdie internasionale netwerk is die Universiteit se Afrika-voetspoor verder vergroot,” het Volmink gesê.

Die navorsingsagenda vir die CMEL sal etiese uitdagings insluit soos navorsing oor MIV-voorkoming, -behandeling en -kuur; bestuur en biobank; neuro-etiek en gesondheidsnavorsingsetiek.

Tydens die benoemingsgeleentheid wat op 20 April 2015 gehou is, het Reis ʼn seremoniële vlag oorhandig aan prof Keymanthri Moodley, hoof van die Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg. Hierdie vlag sal tydens alle samewerkingsvergaderings met die WGO vertoon word.

Moodley het die WGO bedank vir hulle vertroue in die Sentrum en erkenning gegee aan haar kollegas, personeel en alle belanghebbendes wat gehelp het om dit te vestig en te ontwikkel. “Dit is ʼn eer en voorreg om deel te wees van die CCs. Die moontlikhede vir samewerking ten opsigte van  navorsing en opleiding tussen die sewe sentrums is beide stimulerend en interessant en ek sien uit na ons eerste vergadering in Prato, Italië in Junie 2015,” het sy gesê.

Sy het afgesluit deur ʼn vyfdejaar mediese student se kommentaar oor die etiek-module aan te haal: “Etiek laat mense dink en uitdaag.”

Berig: Mandi Barnard
Foto: Damien Schumann

Internasionale samewerking in die stryd teen TB

Prof Samantha Sampson

TB-navorsing, ‘n belangrike fokusarea van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch (US), het ‘n verdere hupstoot ontvang met die insluiting van ‘n navorsingsprojek in ‘n samewerkingsooreenkoms tussen die regerings van Suid-Afrika en Tunisië.

Sewe navorsingsprojekte van die Universiteit Stellenbosch is goedgekeur om deel te vorm van hierdie ooreenkoms wat ten doel het om wetenskap en tegnologie in beide lande te bevorder. Dit word deur die Nasionale Navorsingstigting gefasiliteer. Volgens die NNS het die twee lande besluit om navorsers van openbare universiteite en openbare navorsingsinstansies te ondersteun op ‘n gelyke en wedersyds voordelige basis in ‘n poging om wetenskaplike en tegnologiese samewerking tussen die twee lande te bevorder.

Prof Samantha Sampson, houer van ‘n SARChI-leerstoel in die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika, sal die Suid-Afrikaanse deel van ‘n navorsingsprojek lei wat sal fokus op ‘n spesifieke proteïen-familie van Mycobacterium tuberculosis, genaamd die PPE_MPTR proteïen. “Alhoewel die presiese meganismes en nagevolge van hierdie interaksie nie goed verstaan word nie, word daar vermoed dat hierdie proteïen betrokke is by interaksie met gasheerpatogene. Ons sal ‘n kombinasie van biomediese eksperimentele metodologieë en berekeningsbenaderings gebruik om ons kennis oor die proteïen-familie te bevorder. Hierdie werk kan moontlik lei tot verbeterde TB-intervensiestrategieë,” het sy verduidelik.

Volgens Sampson sal die voorgestelde navorsing ‘n ernstige probleem in internasionale openbare gesondheid aanspreek, met spesifieke relevansie tot Afrika-nasies. Alhoewel onlangse ramings dui op ‘n afname in totale TB-gevalle in beide Tunisië en Suid-Afrika, eis die siekte steeds ‘n tol op lewens en multi-middelweerstandige TB is veral kommerwekkend.

Die studie bied die moontlikheid om by te dra tot die ontwikkeling van nuwe middels deur die proteïene wat nodig is vir mikobakteriële patogeniteit, te tipeer. Die ontwrigting van hierdie proteïen se interaksie met potensiële gasheerteikens kan nuwe benaderings tot middelontwikkeling bied. Alternatiewelik kan ‘n beter insig oor hoe die proteïene die immuunreaksies van die gashere reguleer ook help bydra tot  die ontwikkeling van nuwe entstofstrategieë.

‘n Belangrike komponent van die projek is die uitruil van kennis en opleiding. Kapasiteit ten opsigte van bio-informatika is in beide lande baie beperk en die voorgestelde werk sal belangrike geleenthede bied vir opleiding in hierdie verband. “Die Tunisiese vennote het byvoorbeeld kundigheid in filogenetiese analise, terwyl die Suid-Afrikaanse vennote kundigheid het in doelgemaakte pyplyne vir volle genoomsekwens-analise,” het Sampson verduidelik.

Dit sal goeie geleenthede bied vir studente en nadoktorale genote van beide instansies om hulle rekenaarvaardighede  te ontwikkel. Hierdie spesifieke aspek sluit goed aan by een van die daargestelde doelwitte van die SARChI toekenning aan Sampson, naamlik om “menslike hulpbronkapasiteit, navorsingsinfrastruktuur en samewerkingsnetwerke te ontwikkel”, waar ‘n spesifieke fokus geplaas is op “’n opleidingsprogram in genomika, proteomika en bio-informatika vir Afrika-wetenskaplikes”. Hierdie voorgestelde samewerking verteenwoordig ‘n ideale geleentheid om die konsep vir hierdie doelwit te bewys.

Die befondsing is vir ‘n tydperk van twee jaar en beloop net meer as R900 000, wat deur die twee vennote gedeel sal word. Volgens Sampson sluit dit ondersteuning vir twee werkswinkels in, waarvan een by elke instansie gehou sal word.  Ons dink dit sal ‘n fantastiese geleentheid wees om kennisuitruiling te kataliseer en samewerkingsgeleenthede verder as die huidige navorsing te bevorder,” het sy gesê.

“Ek dink ons het dit reggekry om die bestaande vennootskap tussen twee navorsers met goeie prestasies in die voorgestelde onderwerp van navorsing suksesvol in ons aansoek aan te dui en ‘n navorsingsvoorstel met duidelike bilaterale voordele te beskryf.  Die fokus op TB spreek natuurlik ook nasionale gesondheidsprioriteite in beide vennootlande aan, en die voorgestelde navorsing sal help om kapasiteit te bou in die skaarsvaardigheidsveld van bioinformatika, wat ons tans aktief ontwikkel.”

Die Tunisiese vennoot is dr Helmi Mardassi van die Institut Pasteur de Tunis. Mardassi lei ‘n navorsingsgroep wat fokus op die molekulêre epidemiologie, evolusie en genetika van Mycobacterium tuberculosis.  “Ek was gelukkig om te kon voortbou op ‘n bestaande vennootskap tussen ons instansies. Dr Mardassi het voorheen saam met prof Nico Gey van Pittius gewerk. Hulle het saam vier eweknie-beoordeelde artikels gepubliseer. Gegewe die bestaande verhouding en die voorwaardes van die befondsing, het ek gedink hierdie is ‘n uitstekende geleentheid om nuwe navorsingsprojekte te inisieer,” het Sampson gesê.

Berig: Mandi Barnard
Foto: Marius V Jooste

Inhoud afrikaans-content-5 11

Afrika Kanker-instituut versterk opleidingsinisiatiewe met Zambië

Deelnemers aan die eerste Onkologiese Werkswinkel by die Cancer Diseases Hospital in Lusaka, Zambia in Maart 2015

Die Afrika Kanker-instituut (AKI) aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het onlangs die eerste Onkologiese Werkswinkel in Zambië by die Cancer Diseases Hospital in Lusaka, Zambië aangebied in samewerking met verskeie ander instansies.

Die vennoot- instansies het die Universiteit van Texas se MD Anderson Kankersentrum, die Union for International Cancer Control, Cancer Diseases Hospital en die Ministerie van Gesondheid (Ministry of Health [MOH]) in Zambië ingesluit.

US soek oplossings vir Afrika vanuit Afrika

Van links na regs, dr Therese Fish, Visedekaan: Gemeenskapsdiens en -interaksie (FGGW), prof Charles Wiysonge, Adjunkdirekteur: Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg (FGGW)​, prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier en prof Jimmy Volmink, Dekaan van die FGGW.

Die Universiteit Stellenbosch (US) slaan ag op die beroep om die Afrika-unie se vlag te hys – letterlik en figuurlik.

“Ons sal die vlag van Afrika laat wapper, want ‘Ons is Afrika’,” het die nuut-verkose rektor, prof Wim de Villiers, gesê by die Afrikadag-seminaar wat by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) gehou is.

Afrika Kanker-instituut versterk opleidingsinisiatiewe met Zambië

Deelnemers aan die eerste Onkologiese Werkswinkel by die Cancer Diseases Hospital in Lusaka, Zambia in Maart 2015

Die Afrika Kanker-instituut (AKI) aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het onlangs die eerste Onkologiese Werkswinkel in Zambië by die Cancer Diseases Hospital in Lusaka, Zambië aangebied in samewerking met verskeie ander instansies.

Die vennoot- instansies het die Universiteit van Texas se MD Anderson Kankersentrum, die Union for International Cancer Control, Cancer Diseases Hospital en die Ministerie van Gesondheid (Ministry of Health [MOH]) in Zambië ingesluit.

Die doel hiervan was om die plaaslike behoeftes en uitdagings van gevorderde kankersorg in Zambië beter te verstaan en om ʼn driejaarplan vir die opleiding en onderrig van gesondheidsorgpraktisyns, gebaseer op Zambië se nasionale belange en die MOH se prioriteite vir kankersorg, te ontwikkel. Die werkswinkel het kliniekbesoeke en saalrondtes, didaktiese lesings, leierskapsvergaderings en samesprekings oor die Nasionale Kankerbeheerplan en opleidingsbehoeftes ingesluit.

Prof Vikash Sewram, Direkteur van die AKI, het verduidelik dat Suid-Afrika alreeds betrokke is by die opleiding van spesialiste in stralingsonkologie en anatomiese patologie vanaf Zambië en dus ideaal geposisioneer is om voortgesette opleiding te bied en verdere inisiatiewe om na Afrika uit te reik te ondersteun. “Die ontwikkeling van kapasiteit in kankersorg sal die streek in sy geheel bevoordeel,” het hy gesê.

Die AKI sal hierdie opleiding fasiliteer om te verseker dat dit gefokus bly en die behoeftes van die land aanspreek. Verskeie ander departemente binne die FGGW is betrokke by opleiding van Afrika-studente en hierdie nuwe inisiatiewe versterk die Universiteit Stellenbosch se verbintenis tot die ontwikkeling van die streek.

Prof Hannah Simonds, Hoof van Stralingsonkologie, het genoem dat die FGGW en Tygerberg-hospitaal daartoe verbind is om die toekomstige leiers in kankerbeheer en onkologiese sorg in Afrika op te lei.  “Ons is bevoorreg om twee blink sterre van Zambië as deel van ons huidige opleidingsgroep te hê. Ons hoop dat blootstelling aan ons gevorderde stralingstegnologie en omvattende chemoterapie-dienste hierdie studente sal toerus vir hulle toekomstige loopbane ,” het sy gesê.

Artikel en foto verskaf

US soek oplossings vir Afrika vanuit Afrika

Ms Rachael Pullen, Internasionale Kantoor (FGGW), me Chynthia Tamandjou, PhD-student, dr Ahmed Abulfathi, MMed-student en bo-tallige kliniese assistent, prof Charles Wiysonge, Adjunkdirekteur: Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg (FGGW), me Nafiisah Chotun, PhD-student, Prof Wim de Villiers, Visekanselier en prof Jimmy Volmink, Dekaan van die FGGW

Die Universiteit Stellenbosch (US) slaan ag op die beroep om die Afrika-unie se vlag te hys – letterlik en figuurlik.

“Ons sal die vlag van Afrika laat wapper, want ‘Ons is Afrika’,” het die nuut-verkose rektor, prof Wim de Villiers, gesê by die Afrikadag-seminaar wat by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) gehou is.

“Ons is Afrika” is die tema van vanjaar se Afrikadag-feesvieringe wat jaarliks gehou word op die herdenking van die stigting van die Afrika-unie se voorloper, die Organisasie van Afrika-eenheid, in 1963.

Volgens De Villiers gaan die universiteit se stelling dat hy Afrika is, verder as blote geografie en demografie. Veertien persent van die US se studente is van 117 lande vanoor die wêreld, en 56% van hulle is van ander Afrika-lande.

“Daar is ook ‘n meer wesenlike rede, en dit is dat ons nou saamwerk met mede-instansies en individuele navorsers regoor die kontinent om ‘n oplossing vanuit Afrika te vind vir Afrika se probleme’,” het De Villiers gesê.

Die Universiteit Stellenbosch speel ‘n belangrike rol in terme van navorsingsamewerking en het 350 aktiwe projekte en 760 vennote in 43 Afrika-lande.

“Ons moet saamwerk om die kontinent se uitdagings te probeer aanspreek,” het prof Jimmy Volmink, Dekaan van die FGGW, gesê. Navorsing oor die akademiese uitsette in Suid-Afrika het gevind dan minder as vier persent van akademiese artikels in samewerking met ander Afrika-vennote gedoen word, terwyl amper die halfte gedoen word in samewerking met instansies buite die kontinent – hoofsaaklik van Europa en Noord-Amerika.

Deur dr Nkosazana Dlamini-Zuma aan te haal het Volmink die behoefte vir eenheid uitgedruk: “’Ons is een kontinent, een mense, met een lotsbestemming’. Ons moet saam met ander lande werk om Afrika se probleme aan te spreek.”

Die Afrikadag-seminaar het gefokus oop die FGGW se “voetspoor” op die kontinent en navorsers, opvoeders en studente het die geleentheid gehad om aanbiedings oor hulle samewerking met ander Afrika-lande te doen.

Berig: Wilma Stassen
Foto: Mandi Barnard

Inhoud afrikaans-content-5 12

Besoekersboek

Universiteit van Bonn Mediese Sentrum, Duitsland

Prof Jan-Felix Drexler (links agter) saam met personeel van die US se Afdeling Geneeskundige Virologie, prof Wolfgang Preiser (regs agter), hoof van die afdeling, dr Ndapewa Ithete (links voor), ‘n nadokotorale genoot en me Tasnim Suliman (regs voor), ‘n navorsingsassistent

Prof Jan-Felix Drexler (links agter) saam met personeel van die US se Afdeling Geneeskundige Virologie, prof Wolfgang Preiser (regs agter), hoof van die afdeling, dr Ndapewa Ithete (links voor), ‘n nadokotorale genoot en me Tasnim Suliman (regs voor), ‘n navorsingsassistent.

Nasionale Kanker-instituut: VSA

Voorste ry: drr Geraldina Dominguez en Susan Shurin. Middelste ry: proff Nico Gey van Pittius, Eugene Cloete en dr Jack Welch. Agterste ry: dr Sandy Dawsey, prof Jimmy Volmink, mnr Steve Smith en prof Vikash Sewram

‘n Afvaardiging van die Verenigde State van Amerika se Nasionale Kanker-instituut (National Cancer Institute [NCI]) het die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) op 20 April 2015 besoek. Die doel van die besoek was om met eweknie-kollegas, beurshouer-instansies, kankernavorsers en houers van NIH-toekennings kontak te maak en beter insig oor geleenthede in navorsing en openbare gesondheid in Suid-Afrika te ontwikkel.

MD Anderson Kankersentrum, Universiteit van Texas, VSA

Van links, prof Richard Pitcher, FGGW, dr Paritosh Ambekar, MDACC, prof Nico Gey van Pittius, FGGW, dr Beth Beadle, MDACC, prof Annare Ellmann, FGGW, dr Peter Balter, MDACC, dr Laurence Court, MDACC, prof Vikash Sewram, FGGW, ms Monique du Toit, FGGW en prof Hannah Simonds, FGGW
 
ʼn Afvaardiging van die Universiteit van Texas se MD Anderson Cancer Centre het die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) onlangs besoek waar hulle deur die Afrika Kankerinstituut (AKI) ontvang is.

Die doel van die besoek was om samewerking met die ontwikkeling van ʼn beplanningstelsel vir geïntegreerde outomatiese stralingsbehandeling– ʼn virtuele dosimetris – spesifiek vir gebruik in lae- en middelinkomste-lande (LMIL) te bespreek.

Universiteit van Bonn Mediese Sentrum, Duitsland

Prof Jan-Felix Drexler (links agter) saam met personeel van die US se Afdeling Geneeskundige Virologie, prof Wolfgang Preiser (regs agter), hoof van die afdeling, dr Ndapewa Ithete (links voor), ‘n nadokotorale genoot en me Tasnim Suliman (regs voor), ‘n navorsingsassistent

Prof Jan-Felix Drexler is ʼn wetenskaplike en groepsleier aan die Instituut vir Virologie aan die Universiteit van Bonn se Mediese Sentrum in Duitsland, waar hy werk doen oor die diagnostiek en kenmerke van bekende en nuwe virusse vanaf menslike en dierlike reservoirs. Sy werk hou nou verband met veldwerk in beide ontwikkelde en hulpbronbeperkte omgewings en sluit langtermyn-samewerkingsooreenkomste met navorsingsomgewings in Latyns-Amerika en Afrika in.

Die doel van sy onlangse besoek aan Suid-Afrika, wat gedeeltelik befonds is deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS), was tweeledig: Om die bestaande samewerking tussen die Afdeling Geneeskundige Virologie aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en sy instansie te versterk, deur bykomende gedeelde navorsingsaktiwiteite voor te berei en deelname aan bestaande aktiwiteite te bevorder; en om nuwe navorsingsvennootskappe tussen die twee virologie-instansies en Sanparke Wetenskaplike Dienste te bou.

Hy het twee praatjies by die Tygerberg-kampus aangebied, een oor nuwe virusse vanaf dierlike reservoirs en ʼn ander oor ʼn poliovirus wat swak deur entstof-teenliggame geneutraliseer word en wat in 2010 ʼn dodelike uitbreking in die Republiek van die Kongo veroorsaak het. Hy het ook baie tyd deurgebring saam met lede van die afdeling se Navorsingsgroep oor Nuwe Virusse, waartydens  voorgestelde protokolle en aansoeke bespreek is en Drexler waardevolle raad en leiding gedeel het.

Berig: Prof Wolfgang Preiser
Foto: Mandi Barnard
 
Nasionale Kanker-instituut: VSA

Voorste ry: drr Geraldina Dominguez en Susan Shurin. Middelste ry: proff Nico Gey van Pittius, Eugene Cloete en dr Jack Welch. Agterste ry: dr Sandy Dawsey, prof Jimmy Volmink, mnr Steve Smith en prof Vikash Sewram

‘n Afvaardiging van die Verenigde State van Amerika se Nasionale Kanker-instituut (National Cancer Institute [NCI]) het die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) op 20 April 2015 besoek. Die doel van die besoek was om met eweknie-kollegas, beurshouer-instansies, kankernavorsers en houers van NIH-toekennings kontak te maak en beter insig oor geleenthede in navorsing en openbare gesondheid in Suid-Afrika te ontwikkel.

Die besoek is deur dr Jack Welch, Direkteur van die NCI se Center for Global Health Cancer Programs, in Afrika en prof Vikash Sewram, Direkteur van die Afrika Kanker-instituut, gekoördineer.

Fakulteitspersoneel het deelgeneem aan ‘n rondetafelbespreking met die afvaardiging om hulle navorsing bekend te stel en om potensiële gebiede vir ontwikkeling en samewerking te bespreek.

Die afvaardiging het ook die Sub-Saharan African Regional Biospecimen Repository by die Afdeling Anatomiese Patologie van die FGGW besoek en was baie beïndruk met die fasiliteite.

Die NCI is verteenwoordig deur:
•    Dr Sanford (Sandy) Dawsey, ‘n patoloog en hoofnavorser in die Afdeling van Epidemiologie en Genetika, NCI
•    Dr Geraldina Dominguez, programdirekteur in die Office of HIV and AIDS Malignancy (OHAM) , NCI
•    Dr Susan B. Shurin, senior raadgewer aan die Center for Global Health, NCI
•    Mnr Steve Smith, Attaché vir Gesondheid in Suid-Afrika en die VSA se Departement van Gesondheid en Menslike Dienste se streeksverteenwoordiger vir Suider-Afrika
•    Dr Jack Welch, senior raadgewer aan die Center for Global Health, NCI

Die Universiteit Stellenbosch (US) is verteenwoordig deur:
•    Prof Vikash Sewram, Direkteur: Afrika Kanker-instituut, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
•    Prof Nico Gey Van Pittius, Visedekaan: Navorsing, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
•    Prof Jimmy Volmink, Dekaan: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
•    Prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing en Innovasie

Berig: Prof Vikash Sewram
Foto: Mandi Barnard

MD Anderson Kankersentrum, Universiteit van Texas, VSA

Van links, prof Richard Pitcher, FGGW, dr Paritosh Ambekar, MDACC, prof Nico Gey van Pittius, FGGW, dr Beth Beadle, MDACC, prof Annare Ellmann, FGGW, dr Peter Balter, MDACC, dr Laurence Court, MDACC, prof Vikash Sewram, FGGW, ms Monique du Toit, FGGW en prof Hannah Simonds, FGGW

ʼn Afvaardiging van die Universiteit van Texas se MD Anderson Cancer Centre het die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) onlangs besoek waar hulle deur die Afrika Kankerinstituut (AKI) ontvang is.

Die doel van die besoek was om samewerking met die ontwikkeling van ʼn beplanningstelsel vir geïntegreerde outomatiese stralingsbehandeling– ʼn virtuele dosimetris – spesifiek vir gebruik in lae- en middelinkomste-lande (LMIL) te bespreek.

Personeel van die Afdelings Stralingsonkologie, Kerngeneeskunde en Mediese Fisika, en proff Richard Pitcher (Uitvoerende Hoof: Departement Mediese Beelding en Kliniese Onkologie), Vikash Sewram (Direkteur: AKI) en Nico Gey van Pittius (Visedekaan: Navorsing) het die projek in meer besonderhede met die afvaardiging bespreek om ʼn plan vir die samewerking op te stel. Die behoefte aan stralingsterapie in LMIL is besonder hoog omdat die meeste gevalle eers in gevorderde stadiums presenteer.

Toegang tot stralingsterapie in LMI-streke is uiters beperk en ʼn beduidende tekort aan mediese, wetenskaplike en tegniese kundigheid in baie streke belemmer toegang verder. Na raming sal LIM-streke teen 2020 ʼn tekort van ongeveer 12 000 stralingsonkoloë, 10 000 mediese fisici en 29 000 stralingsterapie tegnoloë ondervind. Mediese fisici bestee baie van hulle tyd aan die ontwikkeling van behandelingsplanne vir stralingsterapie in LMI-streke. Deur hierdie proses ten volle te outomatiseer, sal die tekort aan mediese fisici verminder kan word tot byna 50% (5 000 mense – gelyk aan meer as 20 000 opleidingsjare).

Met hierdie projek word daar gepoog om die beskikbaarheid van stralingsterapie in LMI-streke te verbeter deur die behoefte aan gespesialiseerde personeel te verklein. Virtuele dosimetrici wat ten volle geoutomatiseer is, kan ʼn beduidende impak hê op die tekort aan mediese fisici, moontlik soveel as 50%. Dit kan ʼn betekenisvolle bydrae tot kankerbehandeling in LMI-streke lewer.

Die Santo Thomas Universiteitshospitaal in die Filippyne sal ook deelneem aan hierdie samewerking wat uitruilbesoeke, tegniese oordrag, data-insameling, kliniese geldigheid en implementering sal insluit.

Berig: Prof Vikash Sewram
Foto: Mandi Barnard

Inhoud afrikaans-content-5 13

Veranderinge versterk verpleegkunde se profiel

Prof Anita van der Merwe, nuut-aangestelde Hoof van die Afdeling Verpleegkunde

Die beroep van verpleegkunde ondergaan tans groot veranderinge wat verpleeg- en verloskundiges sal bemagtig, ondersteun en toerus om die land se gesondheidsbehoeftes beter aan te spreek.

Die Afdeling Verpleegkunde van die Universiteit Stellenbosch (US) ook besig om te transformeer en tred te hou met nasionale en internasionale tendense. Prof Anita van der Merwe is onlangs as afdelingshoof aangestel is en sy is aan die stuur van die vernuwingsproses.

Biblioteek vernoem na wyle dr Louis Heyns

Me Susan Hanekom, die skoolhoof by een van die boekrakke met ʼn foto van dr Louis Heyns teen die muur

Die Tygerberg-hospitaalskool se biblioteek is na dr Louis Heyns vernoem ter nagedagtenis aan en ter erkenning van sy jarelange betrokkenheid by die skool.

“Dr Louis was jare op die skoolbestuursraad en het ten tye van sy dood as voorsitter gedien,” het me Susan Hanekom, die skoolhoof van die hospitaalskool gesê. “Die kinders was sy hart se punt, hy het so baie vir hulle omgegee.”

Veranderinge versterk verpleegkunde se profiel

Prof Anita van der Merwe, nuut-aangestelde Hoof van die Afdeling Verpleegkunde

Die beroep van verpleegkunde ondergaan tans groot veranderinge wat verpleeg- en verloskundiges sal bemagtig, ondersteun en toerus om die land se gesondheidsbehoeftes beter aan te spreek.

Die Afdeling Verpleegkunde van die Universiteit Stellenbosch (US) ook besig om te transformeer en tred te hou met nasionale en internasionale tendense. Prof Anita van der Merwe is onlangs as afdelingshoof aangestel is en sy is aan die stuur van die vernuwingsproses.

Die gesondheidstelsel in Suid-Afrika ervaar tans ‘n ernstige tekort aan gekwalifiseerde personeel – en nie net aandokters en spesialiste nie, maar ook aan verpleegkundiges, verloskundiges en selfs steunpersoneel – wat lei tot ooreising van gesondheidswerkers.

Verpleegkundiges is sentraal tot die gesondheidstelsel se sukses – hulle vorm die grootste korps in die gesondheidsektor en is die eerste, en somtyds ook die enigste kontakpunt vir pasiënte. Maar ten spyte van hierdie belangrike rol, is daar tot nou toe min gedoen vir die bevordering van hierdie beroep.

“Ons doen voorspraak vir die beroep en raak meer betrokke by beleidsbepaling. Ons het ook die dekaan se ondersteuning – hy glo verpleegkunde behoort ‘n prioriteit te wees,” sê Van der Merwe. Sy het baie ervaring in hoëvlak-besluitneming opgedoen as verpleegkunde-adviseur vir die ministerie van gesondheid vir die Verenigde Arabiese Emirate.

Van der Merwe was ook hoof van die Skool van Verpleegkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, sy was ‘n senior lektor by die Skool van Verpleegkundige en Publieke Gesondheid aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, en het ‘n projek van die Internasionale Raad vir Verpleging gelei wat opleiding gebied het aan verpleegkundiges in agt Afrika-lande.

Haar magdom ervaring, beide plaaslik en internasionaal, maak Van der Merwe die ideale kandidaat om die afdeling in ‘n nuwe era in te lei.

Een van die grootste veranderings wat beoog word, is die herinstelling van ‘n voorgraadse program in verpleegkunde – op die instruksie van die voormalige Minister van Onderwys, Kader Asmal, het die US se voorgraadse program in 2002 na die Universiteit van die Wes-Kaap geskuif.

Die kursus, wat volgens beplanning in 2017 van stapel gestuur sal word, sal ‘n hersiene kurrikulum bied wat op die hoër onderwys kwalifikasieraamwerk gebaseer is wat tans deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleging saamgestel word.

“Die vorige program was redelik oppervlakkig en alhoewel dit aan verskeie onderwerpe geraak het, was verpleegkundiges nie bevoeg in al die velde nadat hulle gegradueer het nie… Die nuwe Baccalaureus-graad sal op algemene verpleeg- en verloskunde fokus (om die land se hoë moeder- en baba-sterftesyfer aan te spreek).

Verpleegkundiges wat wil spesialiseer in iets soos psigiatrie of gemeenskapsgesondheid sal nagraads daarvoor moet studeer,” verduidelik sy.

Bo en behalwe haar loopbaan in verpleegkunde-opleiding is Van der Merwe ook ‘n student in filosofie met ‘n spesiale belangstelling in etiek, en haar intreerede by die Universiteit van die Vrystaat het gefokus op deernis in verpleegkunde. “Versorging en deernis is die hartklop van verpleegkunde en dit moet versterk word deur opvoeding. ‘n Bekwame verpleegkundige laat ‘n pasiënte veilig voel en het ‘n beter begrip van wat die persoon ervaar, en het ‘n nouer band met pasiënte,” sê Van der Merwe.

Berig en fotos deur Wilma Stassen

Biblioteek vernoem na wyle dr Louis Heyns

Storietyd in die nuwe helderkleurige Dr Louis Heyns-biblioteek

Die Tygerberg-hospitaalskool se biblioteek is na dr Louis Heyns vernoem ter nagedagtenis aan en ter erkenning van sy jarelange betrokkenheid by die skool.

“Dr Louis was jare op die skoolbestuursraad en het ten tye van sy dood as voorsitter gedien,” het me Susan Hanekom, die skoolhoof van die hospitaalskool gesê. “Die kinders was sy hart se punt, hy het so baie vir hulle omgegee.”

Volgens Hanekom wou hulle graag die nuwe biblioteek ‘n naam gee nadat dit onlangs opgeknap is en het toe besluit om dit na Heyns te vernoem omdat dit vir hom belangrik was dat die kinders toegang tot boeke moet hê. “Kennis was vir hom belangrik,” het sy gesê.  

Heyns was ten tye van sy dood in 2013 werksaam as pediater by die Departement Pediatrie en Kindergesondheid van die Universiteit Stellenbosch en ook die Tygerberg-kinderhospitaal.

Die biblioteek se voorraad word grotendeels deur skenkings aangevul en enige kind wat in die hospitaal opgeneem is mag boeke uitneem. Boeke word op ʼn bateregister aangeteken en daar word streng kontrole oor die uitlenings gehou.

Hanekom het genoem daar is ‘n tekort aan veral nuwe kinderboeke en lekker storieboeke in isiXhosa. “Ons lewer ‘n diens aan kinders van graad R tot graad 12 en goeie jeuglektuur is ook in aanvraag,” het sy gesê.

Die skool kan gekontak word by 021 938 5261 of tbhskool@sun.ac.za

Berig en fotos deur Mandi Barnard

Inhoud afrikaans-content-5 14

Navorsingsdag oor onderwys in die gesondheidsberoepe aangebied

Op die foto is SGBO-verteenwoordigers saam met die twee pryswenners. Van links is dr Alwyn Louw, sr Elize Archer, me Dianne Parris, prof Ben van Heerden en prof Julia Blitz

Die eerste jaarlikse navorsingsdag van die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys (SGBO) is op Vrydag 20 Maart 2015 gehou. Dertien aanbiedings, gebaseer op die MPhil- en PhD-navorsing van personeel en nagraadse studente, is by hierdie geleentheid gelewer. Prof Wim de Villiers, toe die aangewese rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), het die eerste twee aanbiedings bygewoon.

Prof François Cilliers van die Universiteit van Kaapstad (UK) se Eenheid vir Onderwys Ontwikkeling was die gasspreker. Hy het sy aanbieding oor navorsing in die Gesondheidsberoepe Onderwys op inligting van die US en UK gebaseer en die volgehoue en bemoedigende toename in die aantal publikasies oor die afgelope vyf jaar beklemtoon.

PhD-studente vind baat by pre-doktorale kortkursus

Die studente in goeie luim nadat hulle die pre-dokotorale kortkursus voltooi het

Die Departement Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe het onlangs hulle jaarlikse pre-doktorale kortkursus vir voornemende doktorale studente aangebied. Die kursus is oop vir voornemende studente vanuit alle departemente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW).

Die oorhoofse doel van hierdie kortkursus is om voornemende studente vir doktorale studies voor te berei en om die skryfproses van doktorale protokolle te bespoedig binne die FGGW,” het prof Usuf Chikte, die projekeienaar en Uitvoerende Hoof van die Departement gesê.

Dr Gerrit van Schalkwyk het die alumnus-aanbieding van die dag gedoen. Hy het sy aanbieding met die titel “Die biopsigososiale formule: ʼn Geoperasionaliseerde benadering”, gebaseer op die navorsing wat hy aan Yale Universiteit doen.

Die eerste prys is toegeken aan prof Julia Blitz van die Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg vir haar navorsing  getiteld “Kliniese onderrig van voorgraadse mediese studente: Hoe doen klinici dit?”.  Me Dianne Parris van die Afdeling Fisioterapie het die tweede prys ontvang vir haar aanbieding getiteld “Tuisgebaseerde rehabilitasie: Fisioterapie student en kliënt perspektiewe”.

Deur sr Elize Archer

PhD-studente vind baat by pre-doktorale kortkursus

Die studente in goeie luim nadat hulle die pre-dokotorale kortkursus voltooi het

Die Departement Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe het onlangs hulle jaarlikse pre-doktorale kortkursus vir voornemende doktorale studente aangebied. Die kursus is oop vir voornemende studente vanuit alle departemente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW).

Die oorhoofse doel van hierdie kortkursus is om voornemende studente vir doktorale studies voor te berei en om die skryfproses van doktorale protokolle te bespoedig binne die FGGW,” het prof Usuf Chikte, die projekeienaar en Uitvoerende Hoof van die Departement gesê.

Vanjaar het 24 studente vir die program geregistreer, waarvan 12 voltydse personeellede is. “Terwyl die meeste studente Suid-Afrikaners is, woon studente van ander lande ook die kursus by,” het Chikte gesê. “Ons het studente gehad van Oman, Namibië, Nigerië, Zimbabwe, Zambië, Uganda en die VSA.”

Chikte het gesê dit is bemoedigend dat studente van verskillende dissiplines vir die kursus registreer. “Ons het vanjaar studente gehad vanuit die aanvullende gesondheidswetenskappe soos verpleegkunde, menslike voeding en fisioterapie, sowel as vanuit die kliniese gesondheidswetenskappe soos kerngeneeskunde, psigiatrie, geneeskunde en forensiese geneeskunde,” het hy gesê.

Die studente se terugvoering was oorweldigend positief. Een student het aangedui dat die kursus insiggewend was en mense positief laat dink het. Dit het met die konseptualisering van navorsing gehelp en die aanbieders het baie insette gelewer. ‘n Ander deelnemer het genoem dat die kursus voordelig was omdat dit besonderhede verskaf oor die aard van doktorale studies en die verwagtings waaraan studente moet voldoen.

Deur Mandi Barnard

Inhoud afrikaans-content-5 15

Studente in Gesondheidsorgleierskap opgelei

Studente wat die Universiteit Stellenbosch verteenwoordig het, van links na regs: Theodore Masuku, dr Hanaa Benjeddi (GLSS medestigter), Aneeka Domingo, Naledi Mashishi, Abidemi Alawiye en Siphosethu Mlonzi

Die internasionale organisasie Humans of Health het hulle derde Gesondheidsorgleierskap-somerskool vanaf 11 tot 18 Maart 2015 in die Paarl aangebied.  Vyf mediese studente van die Universiteit Stellenbosch is ingesluit in die groep van 64 deelnemers van regoor die wêreld. Twee studente het hulle ondervindings gedeel.

Kliek hier om Aneeka Domingo se storie te lees
Kliek hier om Abidemi Alawiye se storie te lees

Student woon byeenkoms oor menseregte in Indië by

Marguerite Foot en medekursusgangers spog met Saris, die tradisionele drag van Indiër-vroue

Marguerite Foot, ‘n finalejaar- mediese student van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), is gekies om die tweede deel van die Frederick Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling (FVZS) se kortkursus oor Wêreldburgerskap by te woon. Dié byeenkoms het in Januarie vanjaar in Mumbai, Indië, plaasgevind.

Sy is die enigste student van die FGGW wat gekies is om hierdie spoggeleentheid by te woon saam met vyf ander studente van die Universiteit Stellenbosch (US). Dit was vanjaar die tweede maal dat studente van die US aan die Global Phase II program deelgeneem het. Dit word aangebied in samewerking met Stuttgart Universiteit (Duitsland), St. Louis Universiteit (VSA) en St Xavier’s College (Indië).

Aneeka Domingo, vyfdejaar-mediese student

Suid-Afrikaanse deelnemers, van links na regs: Theodore Masuku (US), Gimenne Zwama (UK), Monica Mtambo (UK), Siphosethu Mlonzi (US), Brian Kamanzi (UK), Aneeka Domingo (US), Naledi Mashishi (US), Abidemi Alawiye (US)

Die Gesondheidsorgleierskap-somerskool (GLSS) wat deur Humans of Health aangebied is, was ‘n lewensveranderende ondervinding. Ek was so bevoorreg om hierdie wonderlike geleentheid te kry en wens dat alle mediese studente uit hierdie verrykende ervaring voordeel kon trek.

Ek was aanvanklik baie angstig, omdat dit beslis ʼn sprong vanuit my gemaksone was, en dit was nie die ideale tyd om afwesig te wees tydens lesings nie. Ek is nogtans dankbaar dat ek die kans gewaag het.

Binne die bestek van een kort week: het ek sterk bande gesmee, gelag tot die trane loop, is ek geïnspireer, my passies het weer opgevlam, het ek na die sterre gekyk, geleer hoe om beter in myself te glo, kon ek ontspan, is ek tot trane gedryf, het ek wakker geskrik, is ek aan die diep kant ingegooi en belangrikste van alles: het ek geleer om beter lief te hê. Liefde was in oorvloed by die GLSS. Die GLSS het my nader gebring aan ʼn oplossing vir ʼn fundamentele menslike uitdaging: ons kan slegs waarlik begin om liefde en deernis uit te straal wanneer ons onsself liefhet en verstaan.

Onder die deelnemers was daar studente van Hongarye, Nederland, Duitsland, Palestina, die Verenigde Arabiese Emirate, Jordanië, Jemen, Tunisië en Algerië. Saam met hierdie kosbare mense het ek gesprekke gevoer wat my oë oopgemaak het, lesse geleer wat nie uit ʼn boek kan kom nie en stories gehoor wat mens nooit op die internet sal kan kry nie.
Die opleidingsessies is aangebied deur begeesterde jeugwerkers (meestal jong dokters vanuit Nederland met ondervinding in leierskap en opleiding in persoonlike ontwikkeling). 

Die gassprekers het mense ingesluit soos dr Hugo Tempelman (HUB van die Ndlovu Care Group en een van die aanvoorders van Suid-Afrika se program vir gratis antiretrovirale middels), eerwaarde Mpho Tutu (outeur, aktivis en dogter van emeritus-aartsbiskop Tutu) en dr Ulrike Breytenbach (dokter in holistiese geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad).

Die opleidingsessies is in drie dele ingedeel: Wie is Ek, Holistiese Gesondheid en Maak ʼn Verandering. Die sessies is op rotasie-basis in klein groepe aangebied, en het die volgende ingesluit: groepsbesprekings / storievertellings, individuele nadenkende take, bewuste meditasie, groepsaktiwiteite op ʼn hindernisbaan, teater-uitbeeldings, beweging en dans, “krag van aanraking”-eksperimente, en wêreldkafee gesondheidstelsel-rolspel.

Die Humans of Health-span is ʼn passievolle groep jong dokters wat vasbeslote is om die boodskap van die behoud van deernis, integriteit en passie binne die praktyk van die geneeskunde te versprei. Ek was veral geraak deur Salmaan Sana, ʼn leierskapsafrigter, se openhartigheid en sy toewyding om deernis onder dokters te kweek (sy inspirerende Ted Talk kan aanlyn gekry word by Salmaan Sana “Compassion for Care ”).

Snaaks genoeg, deur die loop van die week, onder ʼn groep mediese studente en dokters, het ons nie een mediese gesprek gevoer nie, het ons nie mediese terminologie gebruik nie en het ons nie pasiënte bespreek nie. En wat ʼn ongelooflike ervaring was dit nie! Ek sou nooit kon glo dat ʼn groep ambisieuse mediese beroepsmense so baie ander dinge kan hê om oor te praat nie. Ons het ons passies, ons lewensreise, ons probleme en ons visies gedeel. Dit het die wêreld kleiner en meer verweef laat voel en my individuele sorge minder belangrik laat lyk. Wanneer ons gesels het oor onderwerpe waaroor ons passievol was, het dit gevoel soos lewendige elektrisiteit, vonke het gespat, trane het gevloei en ons kon nie stilsit van opgewondenheid nie.

Abidemi Alawiye – tweedejaar-mediese student

Agterste ry van links na regs: Theodore Masuku (US), Anne Rotteveel (Nederland), Hhala Al-Khasawneh (Jordanië), Faady Yahya (Jemen) en Remah Yousef (Palestina). Middelste ry van links na regs: Iris Bates (Italië), Nadia Toulgui (Tunisia), Haifa Grar (Tunisië), Naledi Mashishi (SU), Aneeka Domingo (SU), Abidemi Alawiye (US). Seated Kayan Salem (Palestina)

Ek het by die program aangesluit sonder om te weet wat om te verwag, en was selfs ‘n bietjie senuweeagtig. Tot my verbasing het ek tuis gevoel van die oomblik toe ons daar aangekom het. Woorde alleen kan nie beskryf hoe dit voel om midde in die natuur te wees en omring te wees deur so baie ongelooflike mense wat dieselfde drome en doelwitte deel nie. Soos wat die dae verbygesnel het, het ek besef dat ek heeltemal oorbluf is deur hoeveel betekenis en potensiaal ons verwaarloos as gevolg van ons chaotiese skedules. My horisonne is verbreed en mens sou kon sê dat my oë vir die eerste keer oopgegaan het. Hierdie week het my laat besef waarom ons doen wat ons doen, waarom ons geneeskunde gekies het, of liewer waarom dit ons gekies het.

Ek deel graag ‘n gedig wat ek tydens die week geskryf het:

Blessings from the future
You have come a long way dear child
though you may not see it, you belong
Your dreams and aspirations, you're living them
Right now, even in this very moment
that which you have lost is not all gone
for at one stage you had gained it,
it will remain forever in you, you
yes you, open your mind to new possibilities
the world is full of them, them
the highs and lows of everyday may shape who you are
but don't lose yourself in them
Always aspire to achieve greatness
You have yourself and only yourself to compete with
So rise up as you always do
those thoughts you have, those ideas you have,
those are not illusions, in fact they are more real than your reality
Oh dear child, you were not born just to dream,
child you were born to live them
every day is a journey, but know this,
nothing remains the same forever, so take it as it comes
trials may come, peace, joy happiness, even love too
but all in its own time,
busy as a bee you may be, do take time to listen to the wind
don't just learn to dance in the rain but stop and read
the stories left behind by footsteps in the mud
yes, mud, she was your friend at 5, she let you mould her
into cups, cakes even houses too
but oh child she was in turn moulding you
she became a doorway to what you have now learnt to call your imagination
Free and wild like a stallion in the dessert, she does not want to be tamed
dear child, so why are you trying to conform
that which you think and dream off, make it a reality
It's already in YOU.

Student woon byeenkoms oor menseregte in Indië by

Marguerite Foot en medekursusgangers spog met Saris, die tradisionele drag van Indiër-vroue

Marguerite Foot, ‘n finalejaar- mediese student van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), is gekies om die tweede deel van die Frederick Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling (FVZS) se kortkursus oor Wêreldburgerskap by te woon. Dié byeenkoms het in Januarie vanjaar in Mumbai, Indië, plaasgevind.

Sy is die enigste student van die FGGW wat gekies is om hierdie spoggeleentheid by te woon saam met vyf ander studente van die Universiteit Stellenbosch (US). Dit was vanjaar die tweede maal dat studente van die US aan die Global Phase II program deelgeneem het. Dit word aangebied in samewerking met Stuttgart Universiteit (Duitsland), St. Louis Universiteit (VSA) en St Xavier’s College (Indië).

Die program begin elke jaar in November wanneer studente aanlyn met mekaar begin gesels oor onderwerpe soos globalisering en die letterkunde asook globalisering en die politiek. Die hoogtepunt van die kursus is die projek-week in Mumbai, Indië. Die hooftema vir die week was globalisering en menseregte. Die program was volgepak met kulturele uitstappies soggens, lesings smiddae en groepwerk saans. Die lesings, wat deur kollegas in Indië aangebied is asook deur een kollega van elk van die vennoot-universiteite, het onderwerpe ingesluit soos die reg tot privaatheid, geslagsrolle in Afrika, omgewingswetgewing en homoseksualiteit in Indië.

As hoogtepunt van die projekweek moes elke groep ‘n aanbieding van 90 minute doen oor ‘n tema met ‘n spesifieke fokus van hul keuse, en inligting oor hulle eie ondervindings, teoretiese perspektiewe, inligting vanuit die lesings wat hulle bygewoon het asook veldwerk in Mumbai, insluit. Die onderwerpe het ingesluit individuele regte (spesifieke fokus op die reg tot lewe), groepsregte (spesifieke fokus op vroulike sekswerkers), menseregte teenoor wetlike regte (spesifieke fokus op die VN se verklaring oor Menseregte) en menseregte teenoor kulturele relativisme (spesifieke fokus op onderwys).

Inhoud afrikaans-content-5 16

Aartsbiskop Desmond Tutu spreek TB-krisis aan

Archbishop Emeritus Desmond Tutu

Op die vooraand van Wêreld Tuberkulose Dag, wat op 24 Maart gevier is, het Emeritus-Aartsbiskop Desmond Tutu gesê Suid-Afrikaners moet die stryd teen TB as hul volgende bevrydingstryd sien.

Hy, sy vrou, Leah, en dogter, Eerw Mpho Tutu, was eregaste by die private gala-vertoning van die rolprent Breathe Umphefumlo wat in die fliekteater van die Neelsie-studentesentrum van die University Stellenbosch (US) gehou is.

Personeel bederf met Tafelberg-uitstappie

Personeel van die Desmond Tutu TB-sentrum staan reg om met die sweefspoor tot bo-op Tafelberg te gaan

‘n Paar honderd gemeenskapsgesondheidswerkers en personeellede van die Desmond Tutu TB Sentrum (DTTS) aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het ‘n perfekte herfsdag geniet toe hulle met die sweefspoor tot bo-op Tafelberg gery het, baie van hulle vir die eerste maal.

Verpleegkundiges, raadgewers, veldwerkers en navorsers wat in TB en MIV-voorkoming werk, het vir ‘n rukkie weggebreek van die alledaagse sleur om ʼn uitstappie na Tafelberg te geniet.

Komende Fakulteitsgeleenthede om te dagboek

Die Universiteit Stellenbosch Mediese Orkes in aksie tydens verlede jaar se Galakonsert

Personeel, studente en vriende van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe word vriendelik genooi om die volgende geleenthede in hulle dagboeke aan te teken.

Jaarlikse Galakonsert

Vrydag, 4 September 2015 om 19:00 by die Hugo Lambrechts Ouditorium

Akademiese Jaardag

Donderdag 13 Augustus 2015 by Tygerberg-kampus.

Intreeredes

Die volgende persone sal vanjaar Intreeredes lewer:
•     Prof Michele Miller
•     Prof Gerard Tromp
•    Prof Nico Gey van Pittius
•     Prof Mark Cotton

Personeel bederf met rit op Tafelberg-sweefspoor

Gemeenskapsgesondheidswerkers en ander personeel van die DTTS bo-op Tafelberg

‘n Paar honderd gemeenskapsgesondheidswerkers en personeellede van die Desmond Tutu TB Sentrum (DTTS) aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het ‘n perfekte herfsdag geniet toe hulle met die sweefspoor tot bo-op Tafelberg gery het, baie van hulle vir die eerste maal.

Verpleegkundiges, raadgewers, veldwerkers en navorsers wat in TB en MIV-voorkoming werk, het vir ‘n rukkie weggebreek van die alledaagse sleur om ʼn uitstappie na Tafelberg te geniet.
 
Almal was baie opgewonde toe die kabelkarretjie begin beweeg het, veral omdat dit vir baie mense in die groep die eerste keer was dat hulle die rit tot bo-op Tafelberg meegemaak het.

“Dit is vir almal van ons ‘n baie groot motivering, ek is mal oor die vars lug en die berg,” het Barbara Doma, ‘n verpleegkundige, gesê.
 
Blia Yang, ‘n projekbestuurder by die DTTS, het gesê dit het verskeie busse en baie beplanning geverg om 350 mense teen die berg op te kry, maar dit was die moeite werd omdat dit vir mense soveel plesier verskaf het.

Sy het gesê die dag is gereël om die personeel te bedank vir hulle harde werk en toewyding in die stryd teen die hoë vlakke van MIV en TB in Wes-Kaapse gemeenskappe.
 
Baie van die veldwerkers spandeer hulle dae deur van huis tot huis te loop in die gemeenskappe in Kaapstad en die Kaapse Wynland-distrik, dikwels in versengende hitte of gietende reën. Hulle doen MIV-berading en -toetse en siftingstoetse vir tuberkulose en seksueel oordraagbare siektes tydens tuisbesoeke. Hulle voorsien ook kondome en verwys mense na nabygeleë klinieke waar hulle medikasie en behandeling ontvang.
 
Die DTTS is by ‘n verskeidenheid studies betrokke, insluitend MIV-voorkoming, vrywillige MIV-berading en -toetsing, navorsing oor die voorkoming, diagnosering en behandeling van TB onder kinders en ook operasionele navorsing oor die verbetering van gesondheidsdienste.
 
“Dit is vir baie Suid-Afrikaners ‘n lewensdroom om bo-op Tafelberg te kan staan en ons probeer om te help waar ons kan,” het die Besturende Direkteur van die Tafelberg-sweefspoor, Sabine Lehmann, gesê. Sy het 100 kaartjies vir die uitstappie aan die DTTS geskenk.
 
Lehmann het gesê sy ondersteun die werk wat in gemeenskappe gedoen word. “Ek dink ware krag lê op gemeenskapsvlak. Ons moet dit beskerm en saamwerk om ‘n land te bou waarop ons trots is.”

Berig en foto's deur Kim Cloete

Aartsbiskop Desmond Tutu spreek TB-krisis aan

Emeritus-Aartsbiskop Desmond Tutu, aktrise Busisiwe Ngejane wat die hoofrol van Mimi gespeel het, en prof Nulda Beyers, Direkteur van die Desmond Tutu TB-sentrum by die Universiteit Stellenbosch, geniet 'n ligte oomblik tydens die gala-vertoning van die rolprent, Breathe Umphefumlo

Op die vooraand van Wêreld Tuberkulose Dag, wat op 24 Maart gevier is, het Emeritus-Aartsbiskop Desmond Tutu gesê Suid-Afrikaners moet die stryd teen TB as hul volgende bevrydingstryd sien.

Hy, sy vrou, Leah, en dogter, Eerw Mpho Tutu, was eregaste by die private gala-vertoning van die rolprent Breathe Umphefumlo wat in die fliekteater van die Neelsie-studentesentrum van die University Stellenbosch (US) gehou is.

Die fliek is deels op die US-kampus geskiet, en dit is die gevolg van samewerking tussen die Isango Ensemble, die Desmond Tutu TB-sentrum by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, asook die Desmond & Leah Tutu Legacy Foundation. Resensente was gaande daaroor op die pas afgelope Berlyn Filmfees.

In sy toesprake by die geleentheid het Tutu gefokus op die erge realiteite van die impak wat TB op soveel Suid-Afrikaners het. Tuberkulose is die nommer een oorsaak van sterftes in Suid-Afrika, met meer as 50 000 mense wat elke jaar daaraan sterf in ons land.

“Dit is ’n skande. Ons kan dit nie aanvaar nie. Daar is mense wat sterf wat nie nodig het om te sterf nie. Ons kan nie net aangaan en aanvaar hulle sterf – en sterf onnodig – nie. Dit is onaanvaarbaar. Dit is immoreel. TB is ’n behandelbare siekte. Ons het nuwe toestelle nodig om die siekte te behandel. TB moet ons volgende bevrydingstryd wees, saam met die stryd teen armoede,” het Tutu gesê.

Die eerste vertoning van Breathe Umphefumlo, wat ’n verwerking van Giacomo Puccini se opera La Bohème is, is gehou om Wêreld TB-dag te vier. Die rolprent se hoofkarakter, Mimi, sterf aan tuberkulose – ’n siekte wat nog nie afgeneem het nie en trouens in Suid-Afrika vererger het sedert die 19de eeu toe La Bohème vir die eerste keer in Turyn, Italië, opgevoer is.

Die opera se musiek is behou soos wat Puccini dit gekomponeer het, maar in plaas van ’n simfonie-orkes word ’n marimba- en staaltromme-orkes gebruik wat die musiek ’n Afrika-geur gee. Die karakters sing ook in Xhosa, aangesien meeste van die opera in Khayelistha, Kaapstad, in ’n Xhosa-gemeenskap afspeel.

In sy verwelkoming het prof Mohammad Karaan, US Viserektor vir Gemeenskapsinteraksie en Personeel, gesê dit was ’n plesier vir die Universiteit om sy fasiliteite beskikbaar te kon stel sodat dié rolprent op kampus verfilm kon word. “Ons is ’n universiteit wat poog om ’n impak op die samelewing te maak met relevante wetenskap en navorsingsuitnemendheid. Die werk wat die Desmond Tutu TB-sentrum doen is ’n perfekte toonbeeld daarvan. En hierdie rolprent is ’n kragtige hulpmiddel in die stryd teen TB.”

Mark Dornford-May van die Isango Ensemble en regisseur van die rolprent het gesê: “Die townships waarvandaan die akteurs kom, is van die plekke met die hoogste infeksiesyfers vir TB in die wêreld. Baie van die rolverdeling het vriende of familie wat aan tuberkulose gely het. TB is ’n bom wat wag om te ontplof, tensy ons meer doen.”
Prof Nulda Beyers, Direkteur van die Desmond Tutu TB-sentrum, het gesê sy is trots om deel te wees van ’n universiteit wat transformeer deur dinge anders te doen.

“Deur akademiese navorsing, film, musiek, kuns en die Desmond & Leah Tutu Legacy Foundation saam te bring, werk ons saam om nuwe maniere te ontwikkel om ’n groter bewustheid van TB te skep.”

Prof Beyers hoop die rolprent sal so wyd as moontlik vertoon word, insluiting by skole en in gemeenskapsale. Dit word volgende jaar in fliekteaters en op televisie vrygestel.

•    Kyk ’n video oor hierdie geleentheid by http://youtu.be/q6es9I4Tcis.

Deur Kim Cloete en Wayne Müller
Foto's: Ignatius Vlok

Jaarlikse Galakonsert

‘n Viering van diversiteit

‘n Betowerende aand met optredes deur onder meer die Stellenbosch Universiteit Mediese Orkes, die Tygerberg Gospelkoor, kampussêrgroepe en vele meer. Moet dit nie misloop nie!
Vrydag, 4 September 2015 om 19:00 by die Hugo Lambrechts Ouditorium

Akademiese Jaardag

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bied vanjaar die 59ste Akademiese Jaardag aan op Donderdag 13 Augustus 2015. Dit beloof om 'n stimulerende program te wees en sal dien as toonvenster vir die nuutste navorsing deur studente en navorsers van die Tygerberg-kampus.

Meer inligting beskikbaar by www.sun.ac.za/aad

Intreeredes

Dagboek asb die volgende datums vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Intreeredes wat by die Tygerberg-kampus sal plaasvind.
•     Prof Michele Miller, Molekulêre Biologie en Mensgenetika - Dinsdag 23 Junie, 18:00
•     Prof Gerard Tromp, Molekulêre Biologie en Mensgenetika - Maandag 17 Augustus, 18:00
•    Prof Nico Gey van Pittius, Molekulêre Biologie en Mensgenetika - Dinsdag 1 September, 18:00
•     Prof Mark Cotton, Pediatrie en Kindergesondheid - Woensdag 7 Oktober, 18:00