Biochemie

Vir meer inligting:

Tel: +27 (0)21 808 5862

E-pos

Webwerf

Vir meer inligting:

Tel: +27 (0)21 808 5862

E-pos

Webwerf

Nagraadse kwalifikasies

Om die programme se leerplanne te sien, volg die skakels hieronder. Vir nadere inligting, kyk ons Jaarboek.

HonsBSc in Biochemie

MSc in Biochemie

PhD in Biochemie

DSc in Biochemie

Oor die Departement

Die Departement het 'n hele aantal aktiewe navorsingsgroepe wat elkeen beduidende bydraes lewer tot biochemie en die wetenskap in geheel (sien ons onlangse publikasielys). Ons navorsingslaboratoria huisves die mees gevorderde navorsingstoerusting wat deur hoogsopgeleide tegniese personeel bestuur word - alles essensieel vir 'n hoë standaard in biochemie navorsing. Nagraadse studente verkry hier waardevolle laboratorium-ervaring in sowel die basiese as gevorder navorsingstegnieke wat hul in staat stel om kennis en ervaring suksesvol te kombineer.

Die Departement is ook gasheer vir 'n Navorsingsleerstoel in Meganistiese Modellering van Gesondheid en Epidemiologie as deel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI).

Navorsingsrigtings

Die Departement doen internasionaal mededingende navorsing en ons nagraadse programme fokus spesifiek op navorsing in die volgende terreine:

Sisteembiologie en bioinformatika: Die teorie van kontrole-analise word geïntegreer met rekenaarmodellering en eksperiment en toegepas op prokariotiese en eukariotiese metabolisme om sodoende die regulering en beheer hiervan beter te begryp.

Natuurprodukte en hulle biologiese uitwerking: Die invloed van biologies aktiewe natuurlprodukte op sitochroom P450-afhanklike ensiemsisteme en ander steroïedbindende proteïene, asook op eukariotiese seinoordrag en geenuitdrukking, word op grondbeginselvlak ondersoek.

Plantbioinformatika en molekulêre sistematiek: Molekulêr-genetiese en bioinformatiese metodes word gebruik om die filogenie van plante te ontrafel.

Toegepaste navorsing vir die nywerheid en geneeskunde: Toegepaste navorsing word gedoen oor antimikrobiese peptiede, malaria, planthormone, plantweerstand en patogeen-deteksie, en die ontwikkeling van membraantoepassings vir die monitering en verbetering van waterkwaliteit, bv. vir industriële watersuiwering.

Ensimologie en geneesmiddelontwikkeling: Inligting oor die meganisme van ensieme en hulle belangrikheid in fisiologiese sisteme - veral dié wat aktief is in kofaktor biosintese - word gebruik om nuwe antimikrobiese middels te ontwikkel.