Agronomie

Die navorsing in hierdie Departement is hoofsaaklik toegespits op koelweergewasse, intensiewe plantproduksie, natuurlikeweidingbestuur en onkruidbestuur. Gewaswisseling en tegnieke vir die volhoubare produksie van koelweergewasse (soos wintergraan, peulplantweiding en oliesaadgewasse) in 'n Mediterreense klimaat word intensief nagevors. Intensiewe plantproduksie behels onder andere navorsing oor die fisiologie, opbrengs en gehalte van gewasse wat in grondlose kweekbodems in kweekhuise en tonnels verbou word. Navorsing oor natuurlike weiding sluit ekologie, bestuurspraktyke vir verskillende veldtipes en die bepaling van dravermoë en veelading in.

Nagraadse kwalifikasies

Besoek die Fakulteit se Jaarboek vir die programme se leerplanne.

Nagraadse Diploma (kursuswerk)

MScAgric (kursuswerk, navorsing)

PhD (navorsing)

DSc (navorsing)

Vir meer inligting

Tel.: +27 (0)21 808 4803

Programkoördineerder

E-pos: Dr PJ Pieterse

Webwerf