Voedselwetenskap

Die Departement Voedselwetenskap het 'n sterk, tematiese navorsingsaanslag.

. Voedselmikrobiologie-tema: Projekte sluit in die monitering van bederf- en patogene mikrobes in die voedselproduksie- en voorsieningsketting. Mikrobe-oorsprongvasstelling,- oordrag- en -oorlewingskinetika, deteksie, tellings- en identifikasietegnieke en mikrobe diversiteitsstudies is die kernnavorsingsgebiede.

. Groen voedselwetenskap-tema: Die fokus is op afvalvermindering en waterbesparing in die voedselprosesseringsomgewing. Dit sluit ook in anaërobe afvalwaterbehandelingstegnologie gekoppel met osoon en ander voorbehandelingsmeganismes om effektiwiteit te verbeter, en die daaropvolgende opwekking van energie (metaan) uit hernubare bronne. Hierdie navorsing dra by tot die omgewingsvolhoubaarheid van die voedselindustrie.

. Spektroskopietema: Hierdie tema fokus op die gebruik van nie-destruktiewe analitiese tegnieke soos enkelpunt naby-infrarooi (NIR)-spektroskopie asook NIR-hiperspektrale beeldanalise, tesame met gevorderde chemometrie (meervuldige data-analise). Hierdie tegnieke word toegepas vir kwantifisering, klassifisering en bevestiging van die egtheid van verskeie voedsel- en landboukommoditeite.

. Graan- en bierbrouwetenskap-tema: Fundamentele en toegepaste navorsing word gedoen. Dit sluit in die gebruik en ontwikkeling van vinnige analitiese tegnieke om die eindgebruikkwaliteit van grane (maal, bak en bierbrou) te monitor, wat bydra tot die ontwikkeling van meer effektiewe en gefokusde teling, graanproduksie en prosesseringsmetodes. Spesifieke navorsingsbelangstellings sluit proteïenkarakterisering, met verwysing na endospermtekstuur, en die rol van bio-aktiewe peptiede in gefermenteerde graanprodukte in.

. Sensometriese tema: Multidissiplinêre velde word in hierdie tema betrek: chemiese, fisiese en sensoriese eienskappe van voedselprodukte word gekorreleer deur gebruik te maak van gevorderde statistiese tegnieke om uiteindelike dryfvere vir voedselkwaliteit of verbuikerskeuses te bepaal.

Nagraadse kwalifikasies

MScVoedselwet (navorsing)

PhD (navorsing)

DSc (navorsing)