Bos- en Houtkunde

Ons navorsing is hoofsaaklik op die onderstaande gebiede toegespits.

Boskunde

. Boskultuur: Die genetiese verbetering van bome, kwekerypraktyk, boomvestiging en die versorging van plantasies, asook terrein/spesieversoenbaarheid.

. Bosbou-ontwikkeling: Die gebruik van inheemse bome deur gemeenskappe, die deelnemende bestuur van inheemse woude en bosveld en die gebruik van agrobosbou-tegnologie vir gemeenskapsontwikkeling word ondersoek.

. Bosbestuur: Dit behels onder andere navorsing oor bosinventarisasie, groei- en opbrengsmodelle van natuurlike woude en kommersiële plantasies, ruimtelike (GIS) modelle, informatika, bosbou ekonomie en finansies, besigheidsbestuur en bosbeleid.

. Bosingenieurswese: Hier is logistiek en produkleweringsbestuur ter sprake, operasionele navorsing, optimering van houtinoestingsisteme, optimale padnetwerkontwikkeling wat padboumetodes en bestuur van toegangspaaie en bospadnetwerke en die vervoer van houtprodukte, kosteberekening en werkstudieprotokolle behels.

Houtkunde

. Houteienskappe: Verdiepende studie van die biologiese, fisiese en chemiese eienskappe van belang by verwerking en gebruik van houtgebaseerde produkte. Dit sluit eienskappe in soos mikro- en makrostruktuur, biodegradasie, hout/water verwantskap, termiese gedrag, , meganiese sterkte, elektriese en akoestiese eienskappe.

. Houtprosessering: Verdere studie van die prosesse, ekonomie en bestuur van primêre en sekondêre houtverwerkingsondernemings.

. Houtgebaseerde konstruksies: Die ontwerp, vervaardiging en eienskappe van houtgebaseerde konstruksies, las- en hegmiddels, duursaamheid en werkverrigtingstoetse.

. Bedryfsnavorsing en -praktyk: Identifikasie en oplossing van 'n probleem in die praktyk of ontwikkeling van 'n produk.

Nagraadse kwalifikasies

HonsBScBosb (Bosbou- en Natuurlikehulpbronwetenskappe) (kursuswerk)

HonsBScBosb (Hout- en Houtprodukkunde) (kursuswerk)

MScBosb (kursuswerk, navorsing)

PhD (Bosb) (navorsing)

DScBosb (navorsing)

Vir meer inligting:

Tel.: +27 (0)21 808 3323

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/forestry/Pages/default.aspx

Brosjures beskikbaar