Grondkunde

Ons onderrig- en navorsing dek alle aspekte van grondkunde (pedologie, grondchemie, grondfisika, hidrologie en grondbiologie) soos van toepassing op die landbou, bosbou, ekologie en omgewingswetenskap.

Die nagraadse navorsingsprojekte behels hoofsaaklik die toepassing van grondkunde op produksieverwante dissiplines (wingerdkunde, hortologie, agronomie en bosbou) en omgewing- en ekologiese studies (grondgesondheid, grondkoolstofsekwestrasie, watergehalte, impak van indringer- en inheemse plante op grond, en omgewingsimpakstudies). Onlangs het ons 'n nuwe multidissiplinêre navorsingsprojek op die been gebring wat die nut van "biochar" as sandgrond-verbeteraar en as koolstofsekwestrasie-agent ondersoek.

Ons is goed toegerus vir fundamentele navorsing oor pedologie (die vorming en klassifisering van grondsoorte) en oor grondevaluasie, en is die enigste universiteitsdepartement in die Wes-Kaap wat die volle reeks programme in grondkunde aanbied, insluitend besproeiing- en waterbestuur.

Nagraadse kwalifikasies

MScAgric (kursuswerk, navorsing)

PhD (navorsing)

DSc (navorsing)

Vir meer inligting:

Tel.: +27 (0)21 808 4794

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/soil-science/Pages/default.aspx