Honneurs in Vertaling

Hierdie navorsingsgerigte program behels een jaar van kursuswerk en bied 'n keuse uit, al die amptelike Afrikatale in Suid-Afrika, Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans en Nederlands. Uit hierdie tale kies elke student een vir redigering en een taal as doeltaal vir vertaling of tolking. Verpligte teoretiese modules is Gevorderde Vertaalteorie of Gevorderde Tolkteorie en Gevorderde Redigeerteorie. Twee modules word ook gekies uit Literêre Vertaling, Leksikografie, Interkulturele Kommunikasie, Bybelvertaling en Rekenaarondersteunde vertaling. Studente moet ook 'n verpligte navorsingswerkstuk skryf.

Let daarop dat nie al die tale noodwendig elke jaar aangebied word nie - aanvraag bepaal watter tale aan die beurt is.Toelatingsvereistes is enige taal as hoofvak met 'n minimum slaagpunt van 60% en die slaag van 'n toelatingseksamen.

Vir meer inligting, kyk ons jaarboekinskrywing.

Kontakpersoon: Prof AE Feinauer

Tel: +27 (0)21 808 2162

E-pos