Nagraadse Diploma in Vertaling

Hierdie praktykgerigte program met kursuswerk wat oor een jaar strek, bied 'n keuse uit al die amptelike inheemse Afrikatale in Suid-Afrika, Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans en Nederlands. Elke student kies twee van hierdie tale vir redigering en as doel- en brontale vir vertaling of tolking. Studente neem modules in die metodiek van vertaling en tolking, redigeermetodiek, praktiese vertaling, praktiese tolking, praktiese redigering en leksikografie, en doen 'n verpligte internskap.

Let daarop dat nie al die tale noodwendig elke jaar aangebied word nie - aanvraag bepaal watter tale aan die beurt is. Toelatingsvereistes is enige Baccalaureus-graad en die slaag van 'n toelatingseksamen.

Vir meer inligting, kyk ons jaarboekinskrywing.

Kontakpersoon: Prof H Lesch

Tel: +27 (0)21 808 3573

E-pos