Antieke Studie

Die Departement bestudeer die tale en kulture van die antieke Mediterreense en Nabye Oosterse wêrelde met die klem op die verband tussen die antieke en die moderne wêreld. Ons programme word in Engels en in Afrikaans aangebied en kan, met die uitsondering van ons twee honneursprogramme Honneurs in Antieke Kulture en Honneurs in Antieke Tale, nie-residensieel gevolg word. Al ons programme is geskik vir internasionale studente.

Ons honneurs-, nagraadsediploma- (ND-) en magisterprogamme duur een jaar.

Ons magisterprogramme ontwikkel 'n teoretiese raamwerk tesame met interpretatiewe vaardighede. Op doktorale vlak lei dit tot oorspronklike werk wat 'n bydrae lewer tot kennisskepping. Doktorale studie duur minstens twee jaar.

Ons bied nagraadse kwalifikasies in die volgende studierigtings.

Vir meer inligting

Programkoördineerder: Dr S Masters

Tel: +27 (0)21 808 3206

E-pos

Webwerf