Algemene Taalwetenskap

Die Departement bied verskeie nagraadse programme aan in Algemene Taalwetenskap, Tweedetaalstudie en Interkulturele Kommunikasie. Die programme kan gevolg word deur sowel voltydse studente as mense wat reeds in 'n beroep is. Residensie in Stellenbosch is nie 'n vereiste nie. Met die uitsondering van die PhD, het al die programme 'n minimum duur van een jaar.

Die minimum formele kwalifikasie wat vereis word vir toelating tot enige van die MA-programme is 'n Honneursgraad of Nagraadse Diploma in Algemene of Toegepaste Taalwetenskap, of 'n Honneursgraad of Nagraadse Diploma in 'n taal of taalverwante dissipline of in Spraakheelkunde (Logopedie), of 'n ander nagraadse kwalifikasie wat deur die Senaat as gelykstaande aan een van die bogenoemde beskou word. Die formele toelatingsvereistes vir die Honneurs en die twee Nagraadse Diplomas word hieronder gegee.

Vir meer inligting

Departementele Voorsitter: Dr F Southwood

Tel: +27 (0)21 808 2052

E-pos

Webwerf