Honneurs-en MA in Taalwetenskap

Hierdie programme verskaf aan taalonderwysers, taaldosente en ander opvoeders, spraak-taalterapeute, vertalers, tolke, taalversorgers en ander mediaspesialiste die geleentheid om intellektueel en professioneel te baat by die wetenskaplike studie van taal- en taalverwante verskynsels. Studente het 'n keuse uit, onder meer, die volgende spesialiseringsrigtings:

  • taalstruktuur
  • taalgebruik
  • kritiese diskoersanalise
  • tweedetaalverwerwing
  • interkulturele kommunikasie
  • kindertaalverwerwing en taalgestremdheid
  • gebaretaalwetenskap

Albei die programme bevat 'n verpligte navorsingskomponent: 'n navorsingsopdrag in die geval van die Honneurs, en 'n vollengte tesis in die geval van die MA. Die programme kan in Afrikaans of Engels gedoen word. Studente in die Honneursprogram moet verplig gereelde lesings en seminare op die Stellenbosch-kampus bywoon.

Toelatingsvereistes

Die minimum formele kwalifikasie wat vir toelating tot die Honneursprogram vereis word, is 'n Baccalaureusgraad met Taalwetenskap, of 'n taal, of 'n taalverwante vak of Spraakheelkunde (Logopedie) as hoofstudierigting, of 'n ander tersiêre kwalifikasie wat deur die Senaat as gelykstaande aan só 'n graad beskou word.