Nagraadse Diploma en MA in Interkulturele Kommunikasie

Albei hierdie programme het 'n spesifiek taalwetenskaplike fokus. Hulle is ontwerp vir beroepsmense wat gereeld oor kultuurgrense heen kommunikeer of verantwoordelik is vir die opleiding en bestuur van ander mense wat interkulturele kommunikasie beoefen, asook vir studente en akademici met 'n besondere belangstelling in die verskynsel van interkulturele kommunikasie.

Studente in die MA-program moet 'n vollengte tesis skryf, die resultaat van onafhanklike navorsing. Die Nagraadse Diploma bevat nie 'n navorsingskomponent nie. Al die programmateriaal is in Engels. Waar die taalvaardigheid van dosente en studieleiers dit moontlik maak, kan opdragte en tesisse in Afrikaans of Engels geskryf word.