Nagraadse Diploma en MA in Tweede Taal Studies

Hierdie programme is ontwerp vir taalonderwysers, taaldosente en ander opvoeders, spraak-taaterapeute, vertalers, tolke, taaladviseurs en mediaspesialiste wat hulle wil verdiep in die wetenskaplike studie van die aard, kennis, verwerwing en gebruik van tweedetale.

Die Nagraadse Diploma bied 'n algemeen-taalwetenskaplike en 'n psigolinguistiese en/of kruiskulturele perspektief op die eienskappe en verwerwing van tweedetale. Die MA fokus op sosiolinguistiese en kruiskulturele aspekte van tweedetale en (tweede)taalgebruik; studente met 'n agtergrond in spraak-taalterapie kan kies tussen die kruiskulturele perspektief en 'n module in taalgestremdheid by tweedetaalleerders. Studente in die MA-program moet 'n vollengte tesis skryf, die resultaat van onafhanklike navorsing. Die Nagraadse Diploma bevat nie 'n navorsingskomponent nie. Al die programmateriaal is in Engels. Geskrewe werk kan in Engels of Afrikaans ingelewer word.