Inligtingwetenskap

Ons nagraadse programme val in die kategorie van "skaars vaardighede" soos deur die SA regering gedefinieer. Die programme in Sosio-Informatika behoort voorts ook tot die groep van SET-vakke (wetenskap en tegnologie).

Die fokus is op kennisgebaseerde sisteme in organisasies en gemeenskappe teen die agtergrond van die verskynsel van die kennissamelewing en -ekonomie. Die aanname dat sodanige sisteme ten diepste gemik is op meer verantwoorde besluitneming in komplekse situasies verleen 'n perspektief aan ons programme wat hulle van die gebruiklike Suid-Afrikaanse programme onderskei.

Die Departement huisves die Sentrum vir Kennisdinamika en Besluitneming.

Vir meer inligting:

Tel: +27 (0)21 808 2423

E-pos

Webwerf