Honneurs-, MA-en PhD in Frans

Honneurs: Die eenjarige, kursuswerkprogram word in Frans aangebied en fokus op die verdieping en verbreding van studente se kennis van die Franse letterkunde en op die toepaslike navorsingsmetodologie. Temas: mite en moderniteit, letterkunde en samelewing, gender- en filmstudies. 'n Inleidende module in vertaling rus student toe om Frans professioneel aan te wend terwyl gereelde seminare 'n verskeidenheid van bekwaamhede, soos stilistiek en fonetiek, ontwikkel. Beurse word deur die Franse Regering beskikbaar gestel vir verdere studie en/of opleiding in Frankryk.

Vir nadere besonderhede, kyk ons webwerf en ons jaarboekinskrywing.

MA: Die eenjarige Magisterprogram behels die skryf van 'n tesis in Frans oor 'n onderwerp wat die kandidaat in onderlinge oorleg met die Departement kies. Studente bly in gereelde kontak met hulle studieleier deur gereelde ontmoetings of e-pos.

PhD: Ten minste twee jaar van navorsing wat uitloop op 'n proefskrif en 'n mondelinge eksamen. In oorleg met die Departement kies die student 'n navorsingsonderwerp en dien 'n navorsingsvoorstel in volgens die vereistes van die Fakulteit.

Navrae: Prof Catherine du Toit

E-pos