Honneurs-, MA-en PhD in Duits

Honneurs: Hierdie eenjarige, residensiële program word in Duits aangebied. Die program fokus op outeurs, genres en temas van die literatuur, kultuur en taal van die Duitssprekende lande in 'n (Suid-)Afrikaanse konteks. Beurse is van die DAAD beskikbaar.

Vir nadere besonderhede, kyk ons webwerf en ons jaarboekinskrywing.

MA (navorsing): Studente kies 'n onderwerp vir 'n tesis in oorleg met die Departement. Studente bly in gereelde kontak met hulle studieleier, hetsy deur gereelde ontmoetings of e-pos. Die tesis maak 100% van die prestasiepunt uit. 'n Beperkte aantal beurse is beskikbaar vir een semester voorafstudie aan 'n oorsese universiteit (Leipzig, Hamburg, Tübingen).

MA (kursuswerk en navorsing): Vir hierdie dubbele graad skryf studente vir twee semesters by die Universität Leipzig in waar hulle twee modules kursuswerk per semester en 'n praktikum van hulle keuse moet voltooi. Na hul terugkeer na Stellenbosch voltooi hulle 'n tesis wat deur al twee universiteite geëksamineer word en wat 50% tot die prestasiepunt bydra. Beurse is beskikbaar.

PhD: Hierdie program behels ten minste twee jaar van navorsing wat uitloop op 'n proefskrif en 'n mondelinge eksamen. In oorleg met die Departement kies die student 'n navorsingsonderwerp en dien 'n navorsingsvoorstel in volgens die vereistes van die Fakulteit. Beurse is van die DAAD beskikbaar.

Navrae: Prof C von Maltzan

E-pos