MPhil in Toegepaste Etiek

Hierdie eenjarige, gedeeltelik gedoseerde program bied aan studente wat in die toegepaste etiek studeer, die geleentheid om te spesialiseer in biomediese etiek, omgewingsetiek of sake-etiek. Studente wat tot hierdie program toegelaat word, het gewoonlik 'n BA Honneursgraad in Filosofie of enige B-graad en 'n Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek (dus ten minste vier jaar opleiding). Studente wat oor 'n vier- of meerjarige graad beskik en nie 'n Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek het nie, maar bewys kan lewer van filosofie- en/of etiekopleiding wat vir die Departement aanvaarbaar is, kan ook tot hierdie program toegelaat word. Studente hoef nie permanent op kampus te wees nie, maar moet twee intensiewe kontaksessies aan die begin van elke semester bywoon. Daarna skryf hulle 'n tesis wat 50% van die prestasiepunt tel.

Vir nadere besonderhede, kyk ons jaarboekinskrywing.