Nagraadse Diploma in Openbare Geestesgesondheid

Hierdie deeltydse program, wat minstens twee jaar studie vereis, fokus op die ontwikkeling van leierskap en vaardighede in die veld van openbare geestesgesondheid. Dit sal ook gerig wees op die ontwikkeling van basiese navorsingsvaardighede, veral wat betref die vermoëns om navorsingsbevindings te interpreteer en te gebruik in die ontwikkeling van dienste.

Kandidate moet in besit wees van 'n gesondheids- of ontwikkelings- professionele graad of diploma (byvoorbeeld arbeidsterapie, medies, professionele verpleging, maatskaplike werk, sielkunde) op NQF-vlak 7 en bewys lewer van voldoende taal- en skryfvaardighede in Engels vir nagraadse studie.

Wyse van onderrig sal tradisionele klasgee-, Internet-, en mobiele telekommunikasie-aktiwiteite en -bronne insluit. Verpligte modules sluit die volgende in:

. Geestesgesondheid in konteks

. Navorsingsmetodes vir openbare geestesgesondheid

. Intervensies vir geestesgesondheid

. Beleid, beplanning en leierskap ten opsigte van geestesgesondheid

Vir nadere besonderhede, kyk ons jaarboekinskrywing.