Sosiologie en Sosiale Antropologie

Hierdie departement geniet 'n uitstekende reputasie as 'n sentrum van deskundigheid in die onderrig van sosiale teorie en -navorsingsmetodologie in beide sosiologie en sosiale antropologie, asook in geselekteerde gebiede van sosiale ondersoek met ? fokus op sosiaal-ekonomiese, politieke, kulturele, mediese, ontwikkelings en omgewingstemas. (Vir meer inligting sien ons departementele webwerf.)

In ons navorsing en onderrig ontwikkel ons insigte oor die veranderinge en kontinuïteite van die post-apartheidsera, inaggenome die menigte transformasies wat ons streek, land en kontinent beïnvloed het, insluitende sosiaal-ekonomiese, politiese en omgewingsveranderinge. Ons seminaarreeks huisves 'n reeks wêreldklas plaaslike en internasionale akademici., wat deel is van die breë intellektuele netwerke van die departement. Ons het vyf navorsers in ons departement wat deur die Nasionale Navorsingstigting as navorsers van internasionale statuur erken word.

Verder het ons 'n uitruilooreenkoms met die Martin Luther Universiteit (Halle, Duitsland) en informele bande met verskeie ander universiteite en navorsingsinstellings. Nagraadse studente het die geleentheid om omvangryke veldwerk onder supervisie te onderneem en om aan seminare, konferensies en uitruilprogramme deel te neem.

Vir meer inligting:

Me E Hector

Tel: +27 21 808 2417

E-pos

Webwerf