Visuele Kunste

Oor die Departement

Ons honneurs- en magisterprogramme is streng residensieel en studente werk nou saam met hul dosente en studieleiers wat die verskillende dimensies van die onderskeie studieterreine lei en evalueer. Die programme is buigsaam en stel studente in staat om selfstandige, kreatiewe en/of teoretiese navorsing in kunsteorie, kunsgeskiedenis en visuele studie te onderneem.

Ons bied 'n ondersteuningstruktuur wat gereelde ateljee- en/of teorieseminare insluit. 'n Interaktiewe, webgebaseerde studiepakket wat navorsingsmetodologie, die Harvard-verwysingsmetode en skryfvaardighede dek, is ook tot die beskikking van studente.

Nagraadse programme

Om die programme se leerplanne te sien, volg die skakels hieronder. Vir nadere inligting, kyk ons Jaarboek.

HonsBA (Visuele Kunste Illustrasie) (praktiese modules met 'n teoretiese komponent)

HonsBA (Visuele Studies) (teoreties)

MA (Visuele Studies) (teoreties)

MA (Visuele Kunste) (geïntegreerde teoretiese navorsing en praktiese werk as deel van 'n praktykgerigte metodologie)

MA in Visuele Kunste (Kunsonderwys) (coursework and research)

PhD (Visuele Kunste) (teoreties of praktykgerig volgens die voorkeur van die kandidaat)

Vir meer inligting

Webwerf