HonsBA in Visuele Kunste (Illustrasie)

Programbeskrywing

Illustrasie is een van die mees veelsydige kunsvorms binne kontemporêre visuele kultuur. Illustrasie strek oor die grense tussen skone kuns, teken, grafiese kuns en ontwerp, en is dus die ideale hibriede kunsvorm. Dit word gereeld in die uitgewersbedryf gebruik, asook in politieke satire, inligtingsontwerp en die advertensiebedryf, en moet derhalwe van 'n wye reeks tegnieke en mediaformate gebruik maak. Illustrasie as vakdissipline ondergaan ook tans 'n grensverskuiwing in beide professionele posisionering en intellektuele tersaaklikheid. Ontwikkeling in digitale tegnologie en nuwe media verdof die grenslyne van die genre, en brei die moontlikhede daarvan uit tot 'n eklektiese reeks illustrasiepraktyke.

Die BA Honneurs in Visuele Kunste (Illustrasie) program poog om uitgebreide begrippe van illustrasiepraktyk, wat kontemporêre visuele kultuur, akademiese kontekste en huidige industriestandaarde in ag neem, te verken. Studente wat hierdie eenjarige program volg, word aangemoedig om die plek van die illustreerder binne kommersiële, sosiale, politieke en kulturele kontekste te bevraagteken, maar terselfdertyd die kernwaardes onderliggend aan hierdie illustrasiepraktyke te behou en ontwikkel. Die program gebruik 'n innoverende, eksperimentele en kritiese benadering tot die breë illustrasiepraktyk, om sodoende die werktuie, bedoelings, konteks en rol van illustrasie te herbesoek, uit te brei en te ontwrig.

Inhoudelike oorsig

Die lang geskiedenis van illustrasie in verhouding tot wetenskap, kultuur en die samelewing word gebruik as grondslag vir die module se multidissiplinêre aanslag, deur middel van die modules hieronder gelys.

Teken vir Illustrasie

Hierdie module verken die ontwikkeling of bevestiging van wat somtyds ''n eie stem' in illustrasie genoem word, asook die rol wat dit kan speel in studente se erkenning van hul volle status en krag as illustreerders. Die module beklemtoon die kreatiewe prosesse van personalisering in tekenpraktyk, en begunstig die kreatiewe produksie van onvoorsiene vorm, met die gegewe van 'n blinde dog persoonlike hand wat sulke individuele tekeninge produseer. Met behulp van hierdie aanslag poog studente nie soseer om die norme van geïnstitusionaliseerde style na te boots nie, en ook nie noodwendig om die beperkinge van aanvaarbaarheid in enige akademiese konteks te gehoorsaam nie. Inteendeel, individualisering as 'n vorm van afwyking van die institusionele norm daag die konstantheid daarvan uit, en bring terselfdertyd vernuwing mee.

Wetenskaplike illustrasie

Hierdie module stel studente voor aan die verhouding tussen illustrasie en wetenskap, met 'n spesifieke fokus op botaniese en entomologiese illustrasie. Die module stel studente bekend aan tegnieke in tradisionele illustrasiemedia soos potlood, waterverf, gouache, en pen-en-ink. Dit verken ook die verhouding tussen fotografie, tegnologie en wetenskap. Werkswinkels in digitale produksie, drukkuns, fotografie en donkerkamertegnieke ondersteun die module.

Konseptuele illustrasie

Hierdie module verken illustrasie as performatiewe taal, deur die ondersoek van die verhouding tussen beeld en teks. Die module oorweeg beskrywende funksies van illustrasie teenoor inligtings-, instruksionele, diagrammatiese, poëtiese en abstrakte funksies. Die module is eksperimenteel en meermodalig in aanslag, en ondersoek elemente en beginsels van kuns en ontwerp, tipografie, beweging en animasie. Dit ontgin verskeie direkte, indirekte, generatiewe en digitale merk-maak prosesse en strategieë vir illustrasie. Werkswinkels in digitale produksie, alternatiewe tegnieke en boekbind ondersteun hierdie module.

Narratiewe illustrasie

Hierdie module fokus op karakterontwikkeling, visuele storievertelling, narratiewe kontekste en die gehoor in boek-, strokiesprent- en digitale formate. Die module behels uitleg, tipografie, boekontwerp, boekbind en bewegende GIFs. Werkswinkels in digitale produksie, tipografie en drukkunstegnieke ondersteun hierdie module.

Theory of illustration

Hierdie module voorsien die teoretiese raamwerk vir illustrasie as 'n kontemporêre dissipline. Die teoriemodule word saam met die praktiese modules aangebied, en behels die volgende onderwerpe: kuns, wetenskap en tegnologie, semiotiek, beeldteorie, en narratologie. Die module word aangebied in die vorm van inleidende lesings, aanbiedings deur studente en geskrewe werkstukke.

Geïntegreerde navorsingsprojek

Die onafhanklike navorsingsprojek is gebaseer op individuele en selfgemotiveerde onderwerpe, en behels 'n navorsingsartikel van 5000 - 8000 woorde en 'n substantiewe en outonome praktiese komponent. Die teoretiese en praktiese komponente komplementeer en ondersteun mekaar. Werkswinkels in navorsingsmetodologie sluit die volgende in: hoe om 'n navorsingsonderwerp te kry, literatuuroorsig, hoe om 'n navorsingsvoorstel te skryf, die Harvard-verwysingstelsel, makro- en mikrostruktuur van 'n artikel, asook die strukturering en aanbied van navorsingsvoorleggings. Die praktiese komponent word gerig deur weeklikse aanbiedinge en kritiek.

Toelatingsvereistes

Voornemende kandidate moet oor 'n toepaslike BA-graad beskik (of 'n aanvaarbare ekwivalente kwalifikasie wat deur die Senaat as genoegsaam vir toelating tot die program geag word), en moet 'n portefeulje van kunswerke, wat aandui dat die kandidaat voldoende voorbereid vir gevorderde studie in Illustrasie is, voorlê. 'n Slaagsyfer van ten minste 60% in die kandidaat se finalejaar vakke word vereis.

Inligting en aansoeke

Skryf aan die programkoördineerder Marthie Kaden vir meer inligting. Aansoekvorms kan van Annatjie Moolman versoek word, of van 021 808 9111; of doen hier aanlyn aansoek. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 November vir Suid-Afrikaanse kandidate en 31 Augustus vir internasionale kandidate.

Voornemende kandidate se portefeuljes moet voor die sluitingsdatum in PDF-formaat aan Marthie Kaden gestuur word.

Vir nadere besonderhede, kyk ons webwerf en ons jaarboekinskrywing.