HonsBA in Visuele Studies

Programbeskrywing

Visuele Studies bied 'n omvattende akademiese aanbod tot op doktorale vlak.

Ons intensiewe jaar lange Honneurs-program tel onder die allerbeste in Suid-Afrika, met insette van deskundiges in kunsjoernalistiek, teoretici in media en visuele kultuurstudies, en kuratore. Ons lok studente wat daarin belang stel om 'n loopbaan in die kunssektor as uitgewer, kurator, kunskritikus, joernalis of mediaspesialis te volg.

Inhoudelike oorsig

As deel van die jaarprogram bied ons die volgende temas aan:

  • Die filosofiese beskouing van fotografie en die genderetiek van selfverteenwoordiging
  • Subjektiwiteit
  • Kunskritiek
  • Kuratorskap

Die kursuswerk word aangebied in die vorm van interaktiewe seminare en leesgroepe, maar behels ook besoeke aan galerye en die uitvoer van praktiese projekte wat ontwerp is om kuratoriale vaardighede te ontwikkel. Die bedoeling is om 'n dinamiese en lewendige omgewing te skep waarin nuwe idees en beredeneerde begrippe kan ontwikkel. Ons oogmerk is om denkers te lewer wie se idees tersaaklik is vir plaaslike aangeleenthede, maar met intellektuele tradisies elders in die węreld resoneer.

Meer inligting

Vir nadere besonderhede, kyk ons webwerf en ons jaarboekinskrywing.