MA in Kunste-opvoeding

50% kursuswerk en 50% tesis

Voltyds (een jaar) of deeltyds (twee jaar)

Grondrede

Die motivering vir die meestersgraad in Kunsonderwys is 'n behoefte om die kritieke sosiale mag van kuns in 'n era van globalisering en sosiale herstel te benut, deur sowel potensiële as gevestigde kunsopvoeders te betrek. Die kursus is gegrond op die oortuiging dat die kreatiewe en kritieke praktyk van onderwys en die generering van kuns bydra tot die skepping van 'n verbeeldingryke en sosiaal bewuste burgery.

Doelwitte

Om sosiaal bewuste graduandi te lewer wat as gekwalifiseerde kunsopvoeders kan praktiseer, en om gevestigde opvoeders by die transformatiewe potensiaal van kuns te betrek.

Om responsiwiteit op 'n Suid-Afrikaanse en Afrika-konteks te bevorder, sowel in die akademie as skoolkurrikula, en om vennootskappe tussen die Universiteit en sy omliggende omgewings (skole en opvoedkundige inisiatiewe) te ontwikkel, sowel deur die kurrikulum self as die professionele persone wat deur die graad gekwalifiseer word.

Om 'n hoë navorsingsuitset op die gebied van kuns en onderwys te ontwikkel en te handhaaf, en om op hierdie gebiede leiding te gee in navorsing oor sosiale transformasie, institusionele verantwoordelikheid, samewerkende kennisproduksie, estetika en populêre kultuur, en om kruisdissiplinêre akademiese samewerking en die vakkundigheid van betrokkenheid aan te moedig.

Modules

10101 Onderrig- en leerteorieë 811 (15 krediete)

10102 Kunsonderwys en burgerskap 812 (15 krediete), 841 (15 krediete)

10104 Kunsonderwys en globalisering 842 (15 krediete)

10105 Diensleer (Kunsonderwys) 876 (30 krediete)

10106 Tesis 871 (90 krediete)

Toelatingsvereistes

'n Vierjaar-BA-graad in Visuele Kunste (Skone Kunste, enige Ontwerpgraad en Juweelontwerp) of die ekwivalente driejaargraad en honneursgraad in Visuele Kunste of, in buitengewone gevalle, die Baccalaureusgraad in Primêre Onderwys met Kunsonderwys as 'n hoofvak of 'n driejaar-Baccalaureusgraad met Kunsprakties en Visuele Studies as hoofvakke en 'n nagraadse Onderwysdiploma met Kunsprakties en Onderwysmetodiek van Kuns met 'n teoriepunt bo 65%.

Twee weke lange kontaktyd vir voltydse en deeltydste studente

  • Kontakweek 1 in Januarie (tydens skoolvakansie)
  • Kontakweek 2 in Maart/April (tydens skoolvakansie)
  • Kontakweek 3 in Junie/Julie (tydens skoolvakansie)
  • Werkstukke in eerste semester per e-pos ingelewer

Inligting en aansoeke

Skryf aan Elmarie Costandius vir meer inligting.

'n Aansoekvorm kan van Annatjie Moolman of ons Kliëntedienssentrum by 021 808 9111 aangevra word; of doen hier aanlyn aansoek. Die sperdatum vir aansoeke om toelating is 30 November vir Suid-Afrikaanse kandidate en 31 Augustus vir internasionale kandidate.