MA in Visuele Studies

Navorsing: 100% tesis

Voltyds (een jaar) of deeltyds (twee jaar)

Die Meestersgraad in Visuele Studies behels die skryf van 'n onafhanklike navorsingstesis (100% van die totale punt) onder die leiding en toesig van 'n geskikte promotor.

Rasionaal

Visuele kommunikasie speel 'n toenemend belangrike rol in ons snel-veranderende, globale milieu. Die Meestersgraad in Visuele Studies stel studente in staat om visuele verskynsels vanuit 'n verskeidenheid kontekste, waaronder populêre kultuur, media, film, die musiekindustrie en skone kunste, te dekodeer en te verstaan. Visuele Studies is inherent 'n interdissiplinêre vakgebied, en as sulks sluit dit 'n wye reeks kritiese teorieë in vanuit 'n verskeidenheid studievelde, insluitende feminisme, post-koloniale studies, kritiese ras- en witheidstudies, psigoanalitiese teorie, museumstudies en filosofie, om studente in staat te stel om krities oor visuele beelde, objekte, instansies en praktyke te praat en te skryf.

Doelwitte

Om graduandi te lewer wat in staat is om 'n reeks teoretiese perspektiewe op 'n wye verskeidenheid visuele verskynsels toe te pas.

Om 'n ontvanklikheid vir die spesifieke sensitiwiteite rondom visuele representasie in Suid-Afrika se gelaaide post-koloniale konteks by studente te kweek, en om 'n verantwoordelike en self-refleksiewe benadering tot studente se eie navorsing en akademiese ondersoek aan te moedig.

Om graduandi te lewer wat in staat is om posisies in 'n verskeidenheid kontekste, insluitend die akademie, museums, gallerye, opvoeding en joernalistiek, in te neem.

Toelatingsvereistes

'n Honneursgraad in Visuele Studies of Kunsgeskiedenis (of 'n aanvaarbare ekwivalente kwalifikasie wat deur die Senaat as genoegsaam vir toelating tot die program geag word) waarin bewys gelewer is van die vermoë om gevorderde, selfstandige navorsing te doen. Toelating tot die program hang af van akademiese kwalifikasies, professionele ondervinding en 'n aanvaarbare navorsingsvoorstel.

Inligting en aansoeke

Skryf aan die programkoördineerder, Lize van Robbroeck, vir meer inligting.

Aansoekvorms kan by Annatjie Moolman aangevra word; of doen hier aanlyn aansoek. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 November vir Suid-Afrikaanse kandidate en 31 Augustus vir internasionale kandidate.