Opvoedkundige Sielkunde

Navorsingsfokus

Die navorsingsfokus van die Departement is gerig op die opvoedkundig sielkundige ontwikkeling van menslike potensiaal en welwees in skole en gemeenskappe. Die uiteindelike doel is om toepaslike, inklusiewe skool- en gemeenskapsgebaseerde opvoedkundig-sielkundige, asook spesialiseringstrategieë te ontwikkel en te implementeer wat geleenthede bied vir optimale ontwikkeling en self-aktualisering.

Hoofnavorsingsterreine

Implementering van inklusiewe onderwys in verskillende sisteme: Hierdie terrein fokus op die ontwikkeling van ondersteuningstrategieë binne leeromgewings en gemeenskappe. 'n Gevestigde terrein is die insluiting van veral kinders met gestremdhede.

Assessering in die inklusiewe klaskamer: Op die gebied van assessering word verskeie fasette van opvoedkundige en sielkundige assessering bestudeer sodat 'n holistiese benadering tot assessering gevolg kan word.

Leerondersteuning aan kwesbare studentepopulasies soos jeugdiges en volwassenes: Hierdie terrein ondersoek die uitdagings in formele en nie-formele leeromgewings, soos jeugsentra en volwasse basiese onderrigsentra, om kwesbare studente te bedien. Opvoedkundige ondersteuning aan kwesbare jeugdiges en volwassenes met leer, emosionele en gedragsprobleme, word ondersoek.

Welwees in die leer- en onderrigomgewings: Die navorsingsterrein is 'n kritiese ondersoek na die emosionele en fisiese welwees in opvoedkundige kontekste in 'n ewig veranderende leersamelewing.

Terapeutiese en leerondersteuning vir kinders en gesinne met uitdagings tot leer en ontwikkeling: Ondersteuning word verleen in sowel die klaskamerkonteks as gesins- of gemeenskapsverband. Terapeutiese en beradingstrategieë vorm deel van hierdie terrein.

Opleiding van opvoedkundige sielkundiges, skoolberaders en onderwysers: Temas sluit in die ondersoek na die kwaliteit van berading, traumabestuur en kollaboratiewe konsultasie binne gemeenskappe, sowel as onderwyserleer.

Vir meer inligting

Me Cyrildene Fortuin

Tel: +27 (0)21 808 2308

E-pos

Webwerf

Nagraadse kwalifikasies

Kyk die onderskeie programme se leerplanne in ons Jaarboek.

Honneursgraad:

Bachelor of Education Honours in Opvoedkundige Ondersteuning (HonsBEd)

Magistergrade:

Magister in die Opvoedkunde in Opvoedkundige Sielkunde (MEd) (kursuswerk)

Magister in die Opvoedkunde in Opvoedkundige Ondersteuning (MEd) (kursuswerk)

Magister in die Opvoedkunde (MEd) (navorsing)

Magister in die Opvoedkunde in Opvoedkundige Sielkunde (MEd (Psig)) (kursuswerk)

Doktorsgrade:

Doktor in die Wysbegeerte (PhD) (fokusareas: Opvoedkundige Sielkunde en Opvoedkundige Ondersteuning)

Doktor in die Opvoedkunde (DEd)