Interdissiplinêre program: B in Datawetenskap

   Oor die program

Vir mense wat van rekenaars en wiskunde hou en om inligting deur data-analise te ontdek, gee die program B in Datawetenskap (BDatSci) ? deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus. Die datalewensiklus behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering.

Bykomend hiertoe en om jou nog beter voor te berei vir die industrie, kies jy een van agt fokusareas (of strome). Só verwerf jy kundigheid in die toepassing van datawetenskap in ’n spesifieke gebied of spesialiseer jy in ’n sekere aspek van datawetenskap.

Laai 'n brosjure oor die B in Datawetenskap hier af en 'n plakkaat daaroor hier.

   Programinhoud

Die vierjarige BDatSci-program  bestaan uit 'n stel verpligte kernmodules in elke jaar. Die kernmodules lê 'n fondament vir studie in die veld Datawetenskap, terwyl die fokusarea wat jy kies, jou ander modules bepaal. 

Vier fakulteite werk saam om die program aan te bied: AgriWetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe, en Natuurwetenskappe. Die fokusarea wat jy kies, bepaal die fakulteit waarin jy vir BDatSci gaan registreer. Die fakulteit waarin jy geregistreer is, sal ook uiteindelik die graad aan jou toeken. Kyk die onderskeie fokusareas se leerplanne in die betrokke fakulteit (tussen hakies) se jaarboek:

  • Analitika en Optimering (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bladsy 62) leer jou tegnieke om regtewêreldprobleme optimaal op te los deur hulle in basiese komponente af te breek en met wiskundige metodes in gedefinieerde stappe op te los.
  • Gedragsekonomie (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bladsy 63) bestudeer die invloed van sielkundige en ekonomiese faktore op die besluite van beleggers, verbruikers, werkers, politici, ondernemings en bestuurders.
  • GeoInformatika (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe bladsy 41) werk met die struktuur en eienskappe van ruimtelike inligting en is die wetenskap en tegnologie vir die vaslegging, klassifikasie en kwalifikasie, berging, verwerking, uitbeelding en verspreiding van ruimtelike data.
  • Rekenaarswetenskap (Fakulteit Natuurwetenskappe bladsy 80) gee studente omvattende opleiding in effektiewe data-organisering en -prosessering, sowel as relevante kunsmatige intelligensie- en masjienleertegnieke.
  • Statistiese Fisika (Fakulteit Natuurwetenskappe bladsy 67) ontwikkel studente se kundigheid in Fisika, wat hulle voorberei vir uitdagings met betrekking tot data-analise in die Fisika-domein.
  • Statistiese Genetika (Fakulteit Agriwetenskappe bladsy 48) maak gebruik van statistiese metodes om afleidings oor genetiese data te maak in velde soos populasie- kwantitatiewe genetika (deur plantetelers en bewaringsgenetici) en genetiese epidemiologie waar die gevolge van gene op siektes bestudeer word.
  • Statistiese Leer (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bladsy 82) behels die identifisering van tendense en patrone in data, wat dan gebruik kan word om statistiese modelle vir voorspelling of klassifisering te ontwikkel.
  • Toegepaste Wiskunde (Fakulteit Natuurwetenskappe bladsy 81) gee studente omvattende opleiding in wiskundige modelleringstegnieke wat uiters handig is vir effektiewe data-analise.

Indien jy egter daarin belangstel om ’n ander beroepsrigting te volg, maar jy wil jouself graag toerus met sterk Datawetenskap-vaardighede, kan jy een van die Universiteit se ander programme, wat ’n fokusarea in Datawetenskap aanbied, oorweeg. Buiten die BDatSci wat toegespits is op Datawetenskap, bied die volgende programme Datawetenskap as ’n fokusarea aan:

   Toelatingsvereistes

  • ’n NSS-gemiddelde van minstens 80% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Wiskunde 80%

Een van die volgende:

  • Afrikaans Huistaal 60% of
  • Engel Huistaal 60%* of
  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal 75% of
  • Engels Eerste Addisionele Taal 75%*

* Die fokusareas by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe word in Engels aangebied en ?kandidate moet aan die vereiste vir óf Engels Huistaal óf Engels Eerste Addisionele Taal voldoen.