BAgric in Landbouproduksie en -Bestuur: Elsenburg

Die BAgric-program in toegepaste landbouproduksie en -bestuur is praktykgerig, maar verskaf terselfdertyd wetenskaplike kennis om te voorsien in die behoeftes en uitdagings van die moderne landbou. Daar word gefokus op die ekonomiese en tegniese bestuur van kommersiële boerderye en landbouverwante produksiestelsels.

Universiteit Stellenbosch bied die graadprogram in samewerking met die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding: Elsenburg aan. Die studente woon in op die Elsenburgkampus en ontvang al hul opleiding daar. 

   Leerplan

Jy kan volgens jou belangstelling uit die volgende hoofrigtings kies:

  • Diereproduksie
  • Kelderbestuur
  • Keldertegnologie
  • Plantproduksie
  • Plant- en Diereproduksie
  • Voorligting en Diereproduksie
  • Voorligting en Plantproduksie

In elkeen van die hoofrigtings kies jy twee hoofvakke. Vir meer inligting, raadpleeg Elsenburg se webwerf of skakel 021 808 7700.

   Beroepsmoontlikhede

Met hierdie kwalifikasie op jou kerfstok en met inagneming van jou gekose hoofrigting, is jy toegerus om die volgende beroepe te oorweeg: algemene boerderybestuurder, landbouproduksiebestuurder, wynmaker, kelderbestuurder, voorligter, bemarker, navorser, onderwyser.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 55% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 50% OF Wiskundige Geletterdheid 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50% OF
    Lewenswetenskappe 50% OF
    Landbouwetenskappe 50%