Verlengdekurrikulumprogramme

’n Verlengdekurrikulumprogram (VKP) behels een bykomende studiejaar. Met die uitsondering van BAgric in Landbouproduksie en -bestuur: Elsenburg word al die Fakulteit AgriWetenskappe se  programme ook as verlengdekurrikulumprogramme aangebied.

Die Fakulteit het twee verskillende tipes verlengdekurrikulumprogramme:

  1. As jy die programme BAgric in Agri-ondernemingsbestuur of BScAgric in Landbou-ekonomiese Analise en -bestuur wil studeer, word die eerstejaarskurrikulum oor twee jaar versprei. Al die voorgeskrewe modules vir hierdie twee jaar moet suksesvol voltooi word voordat jy tot die tweede jaargang van die hoofstroomprogram toegelaat kan word.
  2. In al die ander programme behels die VKP ’n ekstra studiejaar met fondasiemodules voordat jy met jou hoofstroommodules begin.

Lees verder oor die Fakulteit se verlengdekurrikulumprogramme in sy Jaarboek op bladsy 14.

   Beroepsmoontlikhede

Beroepsmoontlikhede soos vir elke program genoem.

   Minimum toelatingsvereistes

  • ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde tussen 55% en 59,9%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) tussen 45% en 49,9%

Vir die BScAgric met Grondkunde en Chemie as hoofvakke, soos bo MAAR:

  • Wiskunde tussen 60% en 69,9%

Vir die BScBosb (studierigting Hout- en Houtprodukkunde), soos bo MAAR:

  • Wiskunde tussen 60% en 69,9% EN
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) tussen 55% en 59,9%