BSc in Wingerd- en Wynkunde

Hierdie program dek die studierigting wynproduksiestelsels en leer jou van die wingerdstok, sy struktuur en hoe om die plant wetenskaplik te manipuleer. So leer jy om, in harmonie met die omgewing, volhoubare wingerde te ontwikkel wat gebruik kan word om unieke wyne te produseer. Verder doen jy deeglike kennis op van die chemiese en biologiese prosesse wat by die maak van wyn- en brandewynprodukte betrokke is. Studente spandeer 'n groot gedeelte van hul graad in diensleer en internskappe. Só kry hulle vroeg reeds werksondervinding, blootstelling aan die industrie en kennis oor hulle uitgesoekte professionele werksomgewing.

Vir die leerplan van die BScAgric in Wingerd en Wynkunde, kyk ons Jaarboek.

Studente in dié rigting word voorberei vir 'n betrekking in die wyn- en verwante industrieë onder andere as wynmakers, wingerdkundiges, wingerdtelers, wynanaliste, produksiebestuurders, bemarkers, tegnici, konsultante of as entrepreneurs.

   Nagraadse programme

- HonsBSc in Wynbiotegnologie, MSc in Wynbiotegnologie of MScAgric in Wynproduksiestelsels

- PhD of DSc in Wynproduksiestelsels

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50%