BSc in Bewaringsekologie

Wil jy eendag in jou werk die wêreld se bewaringsuitdagings aanpak? Hierdie unieke program, met nadruk op sosiaal-ekologiese sisteme, rus jou toe vir 'n groot verskeidenheid loopbane in bewaringsekologie. Jy kan kies tussen loopbane in omgewing-impakassessering en -monitering (landelik en varswater), restourasie-ekologie, wildplaasbestuur, ekotoerisme, gemeenskap-gebaseerde natuurlike hulpbronbestuur en omgewingsbewuste, volhoubare produksie in landbou en bosbou (insluitend organiese plantbestuur), bewaringsbeplanning en navorsing in bewaringsbiologie.

Die vierjarige program skop af met modules in Biologie, Chemie, Geo-omgewingswetenskap, Rekenaarvaardigheid en Wiskunde. In jou tweede jaar bestudeer jy vakke wat te make het met natuurbewaring, biodiversiteit en toegepaste wetenskappe, soos Geografiese Inligtingelsels (GIS), Biometrie en Mikrobiologie, en in jou derde jaar word aandag geskenk aan Bewaringsekologie, Biodiversiteit en Ekologie, en jy kan Grondkunde, Omgewingsosiologie of Genetika kies. In jou vierde jaar integreer jy al hierdie kennis en word daar op die groot en brandende kwessies in natuurbewaring gefokus.

Boonop kry jy van die begin af eerstehandse ervaring in ons praktiese klasse. In jou vierde jaar het jy 'n keuse om jou eie, omvattende bewaringsplan vir 'n wildplaas, 'n wildreservaat of 'n natuurgebied op te stel of om 'n navorsingsprojek oor 'n voorafbepaalde bewaringsaak te lei. Jy kan ook uit spesialisonderwerpe soos insekbewaringsbiologie kies. As gevolg van die uitwissingskrisis is sulke gespesialiseerde kundigheid deesdae wêreldwyd al hoe meer in aanvraag.

Vir die leerplan van die BSc in Bewaringsekologie, kyk ons Jaarboek.

   Nagraadse programme

- MScBewEkol

- PhD in Bewaringsekologie

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50%