BScAgric in Plant- en Grondwetenskappe

Die vierjarige program in plant- en grondwetenskappe dek opleiding in akkerbou-, weidings- en groentegewasse, aromatiese plante, sagtevrugte, sitrus, snyblomme en wingerd. Kennis van biochemie, grondkunde, landbou-ekonomie, genetika, entomologie, nematologie, plantpatologie, biometrie en gewasproduksie word geïntegreer tot 'n sinvolle geheel.

In dié program is daar vier studierigtings waaruit jy kan kies. Vir die leerplanne van die onderskeie rigtings, kyk ons Jaarboek.

   Gewasproduksiestelsels

In hierdie studierigting kry jy opleiding in die verbouing en kwaliteitsbestuur van, onder andere, akkerbougewasse (bv. wintergraangewasse soos koring, gars, rog en hawer, asook canola en lupiene), sagtevrugte, sitrus, fynbos, wingerde en kweekhuisgewasse.

'n Nuwe modulekombinasie is beskikbaar in hierdie studierigting. Daardeur word Agronomie nou gekombineer met Veekunde, Landbou-ekonomie en Grondkunde. Dit bring die grond-plant-vee-ekonomie-dimensies byeen en is gerig op voornemende boere en plaasbestuurders wat vir die tegniese en finansieel-ekonomiese produksiebeplanning van 'n gemengde boerderystelsel sal moet sorg. Lees meer daaroor hier.

   Gewasproduksiestelsels met Agronomie, Landbou-ekonomie en Veekunde

Hierdie is 'n nuwe studierigting. Meer inligting volg later.

   Gewasbeskerming en -teling

Hierdie studierigting lei jou op as kundige in gewasbeskerming (entomologiese en nematologiese plae, plantsiektes en hulle bestryding) en genetiese gewasverbetering (teling en manipulering).

   Grond- en waterbestuur

Hierdie studierigting maak van jou 'n kundige wat die aard, belang en bestuur van grond en water by gewasproduksie verstaan.

Met enigeen van hierdie studierigtings is jy voorbereid vir 'n verskeidenheid van loopbane in die landboubedryf of in landbouverwante bedrywe, soos konsultant, entrepreneur, bestuurder, voorligter, tegnikus en navorser.

   Nagraadse programme

- HonBSc in Plantpatologie of Toegepaste Plantfisiologie

- MSc in Entomologie, Nematologie of Plantpatologie

- MScAgric in Agronomie, Genetika, Grondkunde, Hortologie of Wingerdkunde

- PhD of DSc in Agronomie, Entomologie, Genetika, Grondkunde, Hortologie, Plantpatologie of Wingerdkunde

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50%

Vir die rigting Grond- en Waterbestuur, of indien jy Grondkunde en Chemie as hoofvakke op universiteit wil neem:

  • Wiskunde 70%