BIng (Siviel)

   Wat is siviele ingenieurswese?

Siviele ingenieurs is verantwoordelik vir groot, permanente werke soos besproeiingskemas, brûe, damme, hawens, kanale, lughawens, paaie en strate, pypleidings, rioleringstelsels, spoorweë, strukture van verskeie tipes en struktuurfondamente, stormwaterstelsels, tonnels, torings, watervoorsieningskemas en verskeie tipes swaar konstruksiewerk. Deur hul werk, verbeter, bewaar en herskep hulle die omgewing, en voorsien die fasiliteite wat 'n doeltreffende gemeenskapslewe benodig.

   Met watter kennis en vaardighede rus hierdie program jou toe?

Nadat 'n goeie fondament in wiskunde, fisika, chemie en die ingenieurswetenskappe in die eerste twee jaar gelê is, bou die program in die derde en vierde jaar daarop voort met spesialisvakke soos Water-, Struktuur-, Vervoer- en Geotegniese Ingenieurswese. Vakke soos Omgewingsingenieurswese en Ingenieursbestuur gee studente 'n wye verwysingsraamwerk. Siviele Ingenieursinformatika ontwikkel die ingenieur se vermoë om die rekenaar as 'n kragtige hulpmiddel te gebruik in die oplos van probleme in siviele ingenieurswese.

Raadpleeg die leerplan in ons Jaarboek, bladsy 41.

   Werksgeleenthede vir siviele ingenieurs

Siviele ingenieurs is verantwoordelik vir die ontwikkeling, beplanning, ontwerp, konstruksie, instandhouding en/of bedryf van omvattende projekte of stelsels. Daar is vele beroepsmoontlikhede in die openbare en private sektore, van plaaslike owerhede tot staatsdepartemente, en van raadgewende firmas tot konstruksiemaatskappye. Verskeie Suid-Afrikaanse siviele-ingenieurswese-maatskappye is internasionaal aktief, en sommige is deel van reuse globale maatskappye.

Minimum toelatingsvereistes