BIng (Chemies)

Die BIng in Chemiese Ingenieurswese word deur die Departement Prosesingenieurswese aangebied.

   Wat is chemiese ingenieurswese?

Chemiese ingenieurswese is gemoeid met die grootskaalse bedryf van prosesse waardeur verskeie gebruikersmateriale geproduseer word, soos chemikalieë, farmaseutiese middels, kunsmis, brandstowwe, metale en ander materiale. Chemiese ingenieurswese is ook gemoeid met prosesse waar afvloeisels en afvalmateriaal verwerk en herwin word. Die prosesse wissel van eenvoudige fisiese skeidings, soos distillasie, verdamping, droging of filtrasie, tot ingewikkelde chemiese sinteses.

   Met watter kennis en vaardighede rus hierdie program jou toe?

Chemiese ingenieurs word toegerus met deeglike kennis van die grondliggende wetenskappe van wiskunde, fisika en chemie, asook van termodinamika, reaksiekinetika, massaoordrag, reaktorontwerp, skeidingsprosesse, beheerstelsels en aanlegontwerp. Die graadprogram in Chemiese Ingenieurswese sluit ook keusevakke in mineraalprosessering in.

Raadpleeg die leerplan in ons Jaarboek, bladsy 31.

   Werksgeleenthede vir chemiese ingenieurs

Die praktyk van chemiese ingenieurswese bestaan uit die ontwikkeling, ontwerp, konstruksie en/of bedryf van prosesse op 'n ekonomiese grondslag. Chemiese ingenieurs werk in 'n wye bereik van ondernemings, van groot multinasionale maatskappye tot klein konsultasie vennootskappe.

Minimum toelatingsvereistes

Departement Prosesingenieurswese - https://process.sun.ac.za/