BIng (Bedryfs)

   Wat is bedryfsingenieurswese?

Die bedryfsingenieur se dagtaak bestaan uit 'n groot verskeidenheid skeppende bedrywighede, veral in die moderne vervaardigings- en dienstebedryf. Die hoofvertakkings van bedryfsingenieurswese is vervaardigingstegnologie en operasionele stelselontwerp. Dit omvat belangrike fasette wat in die moderne industriële en dienste-omgewing van besondere belang is, soos gehalteversekering, ingenieursekonomie, operasionele navorsing, ergonomie en inligtingstegnologie.

   Met watter kennis en vaardighede rus hierdie program jou toe?

Bedryfsingenieurswese is 'n interdissiplinêre studierigting waarin opleiding in verskeie toegepaste wetenskappe, soos meganiese, megatroniese, elektriese en elektroniese ingenieurswese, tesame met ekonomiese bestuur, natuurwetenskappe, inligtingstegnologie en operasionele navorsing, tot 'n eenheid saamgesnoer word. Die bedryfsingenieur word ook by uitstek opgelei vir die gebruik van die rekenaar, met besluitneming, vir bedryfsbestuur.

Raadpleeg ons Jaarboek, bladsy 30, vir die leerplan.

   Werksgeleenthede vir bedryfsingenieurs

'n Bedryfsingenieur se werk dek 'n gekose deel van 'n wye spektrum, wat begin by die ontwerpstadium, konsentreer op die vervaardigings- of leweringstadia (waarin aandag veral op beplanning, doeltreffendheid en produktiwiteit toegespits word), en afsluit by bemarking. Bedryfsingenieurs werk dikwels in groot maatskappye, of lewer as konsultante dienste aan groot maatskappy, maar baie is ook verantwoordelik vir die bedryf van klein ondernemings.

Minimum toelatingsvereistes