BIng (Megatronies)

   Wat is megatroniese ingenieurswese?

Megatroniese ingenieurswese is 'n kombinasie van presisie-meganiese ingenieurswese, elektronika en rekenaarstelsels. 'n Tipiese megatroniese stelsel word gekenmerk deur 'n noue integrasie van meganiese onderdele, elektroniese sensore, meganiese en elektriese aktueerders en rekenaarbeheerders. Voorbeelde van megatroniese stelsels sluit in: elektroniese enjinbeheerstelsels, robotstelsels, en geoutomatiseerde monteerlyne.

   Met watter kennis en vaardighede rus hierdie program jou toe?

Hierdie program is saamgestel uit modules van die BIng Meganies en die BIng Elektries en Elektronies programme, gebou op 'n basis van wiskunde, fisika en chemie. Die klem in die program is op Megatronika, Beheerstelsels, Masjienontwerp, Elektronika en Rekenaarstelsels.

Raadpleeg die leerplan in ons Jaarboek, bladsy 39.

   Werksgeleenthede vir megatroniese ingenieurs

Hoewel megatroniese ingenieurswese een van die kleiner ingenieursdissiplines in Suid-Afrika is, is daar 'n volgehoue vraag na megatroniese ingenieurs. Sommige megatroniese ingenieurs werk vir groot multinasionale maatskappye, maar die diverse opleiding van megatroniese ingenieurs maak hulle gesog by kleiner ingenieursondernemings. Die opleiding lê ook 'n uitstekende basis vir entrepreneurs. Megatroniese ingenieurs is gewoonlik nou betrokke by die ontwikkeling en bedryf van stelsels wat meganiese, elektroniese en/of elektriese substelsel bevat.

Minimum toelatingsvereistes