Lettere en Sosiale Wetenskappe

Hierdie Fakulteit se programme bied vir jou studierigtings te kus en te keur. En dié programme val nie sommer uit die lug uit nie. Hulle is gebou op 'n 148 jaar lange tradisie wat baie spesifieke waardes soos respek vir kennis en denke, verfyning van smaak, veeltaligheid, intellektuele gebalanseerdheid, verdraagsaamheid en grondigheid ontwikkel. Hulle is gerat vir Suid-Afrika se behoeftes in die 21ste eeu en hou tred met die jongste internasionale denke oor die ekonomiese en sosiale toepaslikheid van 'n opleiding in die lettere, kunste en sosiale wetenskappe. Hierdie programme sal jou toerus om jou plek in die veeleisende arbeidsmark vol te staan deur jou 'n grondige vakkennis te gee, maar dit sal jou ook algemene vaardighede aanleer soos denkvaardighede, kommunikasievaardighede, rekenaargeletterdheid en die vermoë om probleme te herken en op te los. Al ons programme is keuringsprogramme. Waar 'n program sy eie keuringsvereistes het, word dit by die program self genoem. Elke program se leerplan word in die Universiteit se Jaarboek Deel 4 gepubliseer - volg die skakels by die afsonderlike programme se inligting.

Vir ons Fakulteit se amptelike keuringsriglyne, kyk hier.

   Verlengdekurrikulumprogramme (VKP's)

Studente word vir die VKP's gekeur volgens die oordeel van die Fakulteit. Vir meer inligting oor die VKP's (ook bekend as verlengde graadprogramme (VGP's)), raadpleeg ons Jaarboek, bladsy 11.

   Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos

Webwerf