BA in Geesteswetenskappe

Die BA in Geesteswetenskappe is 'n driejarige program wat jou leer om akademies veelsydig en buigsaam te wees en om in 'n groot verskeidenheid beroepe aktuele probleme in Suid-Afrika op te los of te hanteer. Met verdere opleiding kan jy beroepe soos onderwyser (Nagraadse Onderwyssertifikaat), sielkundige, taalwerker (Honneurs en MA in Vertaling), joernalis (BPhil in Joernalistiek) en stadsbeplanner oorweeg.

   Programinhoud

Die vakke waaruit jy kan kies, is ingedeel in twee groepe (bane) tematies verwante vakke. Die program word so opgebou dat jy uiteindelik op gevorderde vlak twee vakke neem wat uit enige van die twee bane kom. 

Die eerste baan handel oor die mens se denke, taal, kultuur en kuns (met vakke soos Afrikaans en Nederlands, Afrikaanse Taalverwerwing, Afrikatale, Algemene Taalwetenskap, Antieke Kulture, Chinees, Duits, English Studies, Applied English Language Studies, Frans, Gebaretaalstudie, Teaterwetenskap, Visuele Studies, Xhosa en Basiese Xhosa). Indien jy Algemene Taalwetenskap 178 en 278 in jou eerste en tweede jaar geneem het, kan jy Gebaretaallinguistiek 318 (24) as n halwe derdejaarsvak volg om jou krediete op te maak.

Die tweede baan het te doen met die mens en die samelewing (met vakke soos Geografie en Omgewingstudie of Geo-omgewingswetenskap, Filosofie, Geskiedenis, Politieke Wetenskap, Sielkunde, Sosiale Antroplogie, Sosio-Informatika en Sosiologie).

Kyk ons jaarboekinskrywing vir nadere besonderhede.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 63% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%

Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook:

  • Wiskunde 50% of Wiskundige Geletterdheid 70%