BA in Taal en Kultuur

'n BA in Taal en Kultuur berei jou voor op die wêreld van môre, 'n wêreld van diversiteit en veeltaligheid. In hierdie wêreld sal net een taal, of selfs twee, nie voldoende wees om 'n beroep oor tradisionele lands- en taalgrense te beoefen nie. Die moontlikhede is eindeloos en sluit in beroepe soos die media en joernalistiek, die diplomatieke diens, die uitgewers- en boekbedryf, onderwys, toerisme, die musiek- en teaterwêreld, skakelwerk, kommunikasie en ander beroepe wat dalk nog nie eers bestaan nie. Die perke van jou taal bepaal die perke van jou wêreld. Moenie jou wêreld beperk nie!

   Programinhoud

Algemene Taalwetenskap en Inligtingvaardighede is verpligtend in die eerste jaar. Taalvakke wat jy kan volg, is Afrikaans en Nederlands, Afrikaanse Taalverwerwing, Afrikatale, Basiese Xhosa, Bybelse Hebreeus, Chinees, Duits, English Studies, Frans, Gebaretaalstudie, Grieks, Latyn en Xhosa. Benewens tale sluit die program ook kultuurverwante vakke in, soos Antieke Kulture, Filosofie, Geskiedenis, Sielkunde, Teaterwetenskap en Visuele Studies. 'n Mens kan óf twee tale, óf 'n taal en 'n kultuurvak as hoofvakke neem. Alle vakke, met uitsondering van Afrikaanse Taalverwerwing, Gebaretaalstudie en Basiese Xhosa, kan as hoofvakke gevolg word as dit nie met ander vakke in jou rooster bots nie.

Kyk ons jaarboekinskrywing vir nadere besonderhede.

   Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 63% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 50%